Code | Faculty |
---|---|
12252023 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 240 |
Hierdie magistergraad word verwerf deur 'n gedoseerde leergang en 'n miniverhandeling te slaag. Die onderwerp van die miniverhandeling moet deur die Departementshoof goedgekeur word.
Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 G37 en G.38 word ’n relevante vierjaargraad of ’n relevante driejaargraad plus ’n honneursgraad of ’n relevante driejaargraad plus ’n minimum van vyf jaar relevante ondervinding vereis vir toelating tot die MS&S-graadprogram.
Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van hulle vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.
'n Minimum semester-/jaarpunt van 40% word benodig vir eksamentoelating in 'n spesifieke module. Daar moet ook voldoen word aan alle ander eksamen-toelatingsvereistes, wat van toepassing is op die spesifieke module. 'n Minumum slaagpunt van 40% word in die eksamen vereis, met 'n minimum finale punt van 50% om te slaag.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die eksamen vir al die vereiste kernmodules en die miniverhandeling behaal het.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App