Code | Faculty |
---|---|
12252022 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
Die Magistergraad [MS&S] word toegeken op grond van ’n verhandeling asook opdragte insluitend 'n akademiese artikel vir publikasie wat daarmee verband hou, en 'n eksamen oor die gebied van die verhandeling en/of onderafdelings van die vakgebied soos deur die Departementshoof/ studieleier vereis. 'n Relevante module in navorsingsmetodiek moet geslaag word as voorvereiste vir die goedkeuring van die studievoorstel.
Verwys na die G Regulasies G.30 tot G.44 en G.57 tot G.62.
Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 G.37 en G.38 word die BS&S-graad of aanvaarbare kwalifikasie en praktiese ervaring wat deur die Departementshoof as voldoende geag word vereis vir toelating tot die MS&S-graad.
Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van kandidate vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.
Die minimum slaagpunt is 50% in beide die eksamen en verhandeling.
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die eksamen en in die verhandeling behaal het.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App