Code | Faculty |
---|---|
12252015 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
Prof CE Cloete [email protected] | +27 (0)124204545 |
Die graad kan verwerf word deur ’n gedoseerde leergang te volg en ’n miniverhandeling te voltooi. Die modules word in blokweke aangebied. Die bywoning van blokweke is verpligtend. Alle eksamens word by die Departement Konstruksie-ekonomie, Suidkampus, Universiteit van Pretoria afgeneem.
Die leergang word in oorleg met die Departementshoof bepaal. Ten einde vir die toekenning van die gedoseerde MSc (Eiendomswese)-graad in aanmerking te kom, moet ’n kandidaat ’n minimum van 120 krediete vir die modules verwerf het en bykomend, ’n toepaslike miniverhandeling (60 krediete) ingedien en geslaag het, m.a.w. ’n totaal van 180 krediete.
Die Departementshoof mag diskresionêr toestemming verleen dat enige ander module, wat as voldoende geag word, elders geneem word in die plek van bogenoemde keusemodules.
(a) 'n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n finale punt van minstens 50% om te slaag.
(b) Eksamenvereistes word in die departementele handleidings onder studente se aandag gebring.
(c) Die onderwerp van die miniverhandeling word deur die Departementshoof goedgekeur en ’n minimum van 50% word vereis om te slaag.
(d) Die graad word met lof toegeken aan die student wat ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die helfte van die vereiste modules, minstens 75% in die miniverhandeling en ’n geweegde gemiddelde van minstens 65% in die oorblywende modules waaruit die verlangde kursuskrediete vir die MSc Eiendomswese-graad saamgestel is, behaal het.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App