Code | Faculty |
---|---|
12252006 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
By wyse van ’n gedoseerde leergang en ’n miniverhandeling.
Verwys na G Regulasies g.1.2, G.30 tot G.40 en G.50 tot G.54.
Kandidate wat ’n onderwerp binne die dissplines van argitektuur binne-argitektuur of landskapargitektuur en spesifiek verwant aan een van die departement se navorsingsvelde wil navors en wat in besit is van
- a BScHons of ekwivalente graad van vier of meer jaar;
of
- ’n honneursgraad in argitektuur landskapargitektuur of binne-argitektuur of ekwivalent;
of
- wie deur die Departementshoof in konsultasie met die Dekaan as voldoende geag word en die goedkeuring van die Senaat verkry het (waar vereis) en wat aan welke addisionele vereistes wat voorgeskryf mag word voldoen word toegelaat tot die Magister Scientiae (Toegepaste Wetenskap).
- Kandidate word op akademiese meriete gekeur vir toelating tot studies in die graadprogram.
Die kurrikulum word saamgestel in konsultasie met die Departementshoof.
Dit is die verantwoordelikheid van die studente om vas te stel of lesings binne die toepaslike navorsingsveld aangebied word in die spesifieke studiejaar. Bywoning van lesings is verpligtend.
Die onderwerp van die miniverhandeling moet deur die Departementshoof goedgekeur word.
'n Minimum van 50% word vereis in die eksaminering van die gedoseerde modules, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag.
'n Minimum van 50% is die slaagpunt vir die miniverhandeling.
G Regulasie G.39.12. is van toepassing.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n geweegde gemiddelde van 75% behaal, en wat ten minste 75% in die miniverhandeling en ’n geweegde gemiddelde van ten minste 70% behaal in die oorblywende gedoseerde modules waaruit die krediete van die RFS-module van die graad saamgestel is.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App