Jaarboeke

Program: MIT Inligtingtegnologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02250082 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Hierdie graadprogram word net in Engels aangebied.

Verwys na G Regulasies G.30 tot G.54

Die leergang word in oorleg met die programorganiseerder bepaal.

’n Student sal spesiaal aansoek moet doen by die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligting-tegnologie indien hy/sy langer as drie jaar benodig om die graad te voltooi.

Toelatingsvereistes

(i) Behoudens die bepalings van Algemene Regulasies G.1.3 G.30 en G.62 is ’n toepaslike honneurs- of baccalaureusgraad ’n vereiste vir toelating; en

(ii) ’n Slaagsyfer in Wiskunde op Graad 12-vlak of ’n ander kwalifikasie in Wiskunde of Statistiek of Wiskundige statistiek wat volgens die voorsitter van die Skool vir Inligtingtegnologie voldoende is; en
 
(iii) Voldoende toepaslike praktiese ervaring in die tegnologieveld volgens die oordeel van die voorsitter van die Skool vir Inligtingtegnologie.
 
(iv) Die voorsitter van die Skool vir Inligtingtegnologie kan addisionele vereistes vir toelating stel. In die besonder sal dit van toepassing wees op kandidate met onvoldoende akademiese agtergrond in Inligtingtegnologie.
 
(v) Keuring van kandidate vind plaas.
 
(vi) Die uitslag van die keuring is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

 

Eksamens en slaagvereistes

'n Mimimum semesterpunt van 40% word vereis om toegelaat te word tot die finale eksamen in al die voorgeskrewe modules van die graad. 'n Finale punt van 50% word vereis om alle gedoseerde modules en die miniverhandeling te slaag.

Staking van studies

Die Dekaan mag, op aanbeveling van die toelatingskomitee, die studies van 'n student wat meer as een module druip, kanselleer. 'n Module mag slegs een maal herhaal word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken indien die minimum punt behaal vir die miniverhandeling 75% is en die minimum geweegde gemiddelde punt vir die gedoseerde modules, 75% is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences