Code | Faculty |
---|---|
04250080 | Fakulteit Regsgeleerdheid |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 200 |
Prof PA Carstens [email protected] | +27 (0)124204067 |
Prof GP Stevens [email protected] | +27 (0)124203111 |
Hierdie program is beskikbaar vir internasionale studente.
Sluitingsdatum vir aansoeke: SA aansoekers – 30 November; nie-SA aansoekers – 31 Augustus.
Behalwe as anders aangedui, word die leergang normaalweg as volg saamgestel:
Tree asb met die Fakulteit in verbinding rakende spesifieke vereistes vir die MPhil-graadprogramme.
*Hierdie module word slegs in Engels aangebied
Behalwe met goedkeuring van die Nagraadse Komitee word geen student toegelaat om sy/haar studies voort te sit in die geval waar geen modules tydens 'n spesifieke jaar van registrasie geslaag is nie.
Hoewel geen hereksamen met betrekking tot LLM-modules toegestaan word nie, geld die Algemene Regulasies (Regulasie G.12.3 en G.12.6) met betrekking tot spesiale en aanvullende eksamens.
Die betrokke departementshoof moet 'n studieleier en onderwerp vir 'n mini-verhandeling aanbeveel vir goedkeuring deur die Nagraadse Komitee. Die mini-verhandeling moet geassesseer en afgehandel word soos vervat in die LLM Beleidsdokument van die Fakulteit soos goedgekeur deur die Fakulteitsraad.
Waar 'n miniverhandeling vereis word, moet dit ingedien word in die formaat soos deur die studieleier bepaal en deur die Nagraadse Komitee goedgekeur. Die studieleier mag insgelyks en onderhewig aan die goedkeuring van die Nagraadse Komitee die navorsingsonderwerp en die bestek van die beoogde navorsing bepaal.
Ten einde die graad met lof te verwerf, moet 'n student 'n gemiddelde van minstens 75% in al die gedoseerde modules behaal, sowel as 75% vir die miniverhandeling. Die gemiddelde vir die modules moet tydens die eerste eksamenpoging behaal word.
Taalbeleid
Die onderrigtaal is Engels, maar waar omstandighede dit toelaat, kan 'n MPhil-module in Afrikaans aangebied word. Die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal die taalbeleid.
Tydperk van inskrywing
Studente moet wanneer die betrokke module ’n aanvang neem, ingeskryf wees en die bepaalde module se lesings bywoon. Andersins moet die betrokke studieleier en departementshoof se toestemming verkry word, alvorens ’n student toegelaat sal word om ’n bepaalde module in ’n ander studiejaar te doen.
Beperking met betrekking tot aanbieding van modules in ’n spesifieke akademiese jaar en beskikbaarheid van modules vir buitelandse studente
Die Dekaan bepaal jaarliks watter modules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van die beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, die maksimum aantal inskrywings vir ’n bepaalde keusemodule bepaal aan die hand van die voorgeskrewe riglyne. Die Dekaan mag verder, in oorleg met die betrokke departementshoof, besluit dat ’n MPhil-module nie aangebied sal word waar daar op die eerste dag van lesings vier of minder studente vir die module geregistreer is nie.
In die geval van buitelandse studente kan die Dekaan addisionele vereistes stel en die beskikbare modules vir hierdie studente mag ook beperk word.
Vervanging van modules
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof ’n student toelaat om een voorgeskrewe MPhil-module vir ’n bepaalde MPhil-program deur ’n ander MPhil-module te vervang waar sodanige uitsondering nie andersins toegelaat word nie en indien goeie rede aangetoon word.
Erkenning van modules wat aan 'n ander instansie voltooi is
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof 'n student met 'n maksimum van twee modules wat aan 'n ander instelling voltooi is, krediteer mits dit aan die vereistes van hierdie Fakulteit voldoen. Waar sodanige modules nie dieselfde benaming het as modules wat deur hierdie Fakulteit aangebied word nie, kan krediet in die plek daarvan verleen word aan modules met wesenlik dieselfde inhoud soos deur die betrokke departementshoof bepaal, of, in die afwesigheid van sodanige nou-verwante modules, kan krediet verleen word aan modules wat steeds relevant is binne die breë spektrum van ’n spesifieke MPhil-graad en onder spesiale kodes vir die doeleindes van sodanige graad. Bykomende vereistes mag gestel word alvorens enige sodanige module erken word ten einde voldoening aan die vereistes van hierdie Fakulteit te verseker.
Krediet vir ander grade
Neem kennis dat geen erkenning verleen sal word aan modules wat deel vorm van ’n graad waarvoor die student reeds aan die graadvereistes voldoen het, of waar die student gelyktydig vir meerdere grade geregistreer is nie.
Herregistrasie vir modules
'n Student mag nie meer as twee keer vir dieselfde module registreer nie. 'n Finale punt van 50% moet behaal word ten einde 'n module te slaag.
Minimum krediete: 100
Module-inhoud:
(a) Beplanning en organisering van ‘n navorsingsprojek (b) Konsep navorsingsvoorstel: Hipotese en navorsingsvraag (c) Teorie in navorsing en metodologiese benaderings tot regsnavorsing (d) Taal (e) Verwysing en die etiek van verwysing (f) Konsephoofstukke en afrondingModule-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
The topics covered include:(a) Historical, philosophical and foundational aspects of medical law and ethics, in general, and with specific reference to the doctor-patient-hospital relationship (b) Basic concepts in medical law and ethics, in general, and with specific reference to informed consent, medical confidentiality, capacity, medical paternalism and patient autonomy. (c) The specific interface between medical law and medical ethics
Module-inhoud:
Hierdie module word slegs in Engels aangebied. In this module a multidisciplinary approach is adopted and the topics include the following: (a) Justice in the allocation of health resources, access to health care and healthcare insurance (b) The nature, scope and incidences of medical malpractice litigation in South Africa (c) The nature and scope of damages and compensation for medical negligence (d) Grounds of justification for medical interventions and other general defences in medical law (e) The various causes of action in medical malpractice litigation (f) Vulnerable patients (inclusive of children, the mentally Ill/disabled and the elderly) and medical malpractice litigation (g) Allied healthcare practitioners (inclusive of nurses, psychologists, traditional healers etc) and medical malpractice (h) The role of telemedicine and e-health in medical malpractice (i) Reform of medical malpractice law (j) The drafting/assessment of pleadings in context of medical malpractice litigation
Minimum krediete: 200
Module-inhoud:
Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)Module-inhoud:
(a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
In this module, specific aspects of medico-legal issues are discussed. Specifics topics include: (a) A legal analysis of clinical medical research and practice (b) Analysing the application of mental healthcare law and practice in South Africa (c) The status and application of end-of-life-decisions and living wills (d) A legal analysis of organ procurement and transplantation (e) The nature, scope and application of forensic pathology services, also in context of sexual offences, “unnatural deaths’’ and inquest legislation (f) A legal analysis of human procreation (inclusive of artificial insemination, stem cell research, surrogacy and genetics) (g) Environmental issues and medical law (h) Intellectual property rights and medical law: access to patented and generic medicine
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App