Jaarboeke

Program: MPhil Mediese Reg en Etiek (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
04250080 Fakulteit Regsgeleerdheid
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 200
Contact:
Prof PA Carstens
[email protected]
+27 (0)124204067
Prof GP Stevens
[email protected]
+27 (0)124202717

Programinligting

Hierdie program is beskikbaar vir internasionale studente.
Sluitingsdatum vir aansoeke: SA aansoekers – 30 November; nie-SA aansoekers – 31 Augustus.

Die duur van die graadprogram is normaalweg vier semesters (2 jaar) met dien verstande dat die graad wel in twee semesters (1 jaar) voltooi kan word mits aan al die vereistes vir die voltooiing van die graad voldoen is, onderhewig daaraan dat die volle voorgeskrewe klasgelde vir die MPhil-graad betaal is. Programme mag ook spesifiek vir een jaar studie gestruktureer word. Die een- of tweejaarperiode mag slegs deur die Nagraadse Komitee verleng word op aanbeveling van die departementshoof, en indien goeie rede aangetoon word en dit duidelik is dat die student binne ’n verdere jaar van studie die program sou kon voltooi.

Behalwe as anders aangedui, word die leergang normaalweg as volg saamgestel:

  • Drie modules wat elk 30 krediete tel (ten minste een van die modules moet gedurende die eerste jaar van registrasie voltooi word).
  • 'n Module in Navorsingsmetodologie (RHP 801) wat 5 krediete tel (hierdie module moet gedurende die eerste jaar van registrasie voltooi word).
  • 'n Navorsingsvoorstel (RHP 803) wat 5 krediete tel. Die student moet die navorsingsvoorstel (RHP 803) nie later nie as die einde van die eerste semester van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad, en voor met die skryf van die miniverhandeling begin word, by die studieleier indien. Sodanige tydperk kan met die goedkeuring van die betrokke departementshoof verleng word.
  • 'n Miniverhandeling word vereis. Die eksamenkopie van die miniverhandeling moet nie later nie as einde Oktober vir die Herfspromosieplegtigheid, einde April vir die Lentepromosieplegtigheid en einde Augustus vir die Desemberpromosieplegtigheid by Studenteadministrasie ingedien word. Na goedkeuring van die eksamenkopie van die miniverhandeling moet die finale weergawe op of voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtigheid,15 Julie vir die Lentepromosieplegtigheid en 15 November vir die Desemberpromosieplegtigheid by Studenteadministrasie ingedien word. Sodanige miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een van die modules of 'n kombinasie van die modules waarvoor die student vir sy/haar LLM-graad geregistreer is. Enige versoek vir 'n verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling mag net deur die Nagraadse Komitee op aanbeveling van die betrokke departementshoof toegestaan word.

Addisionele vereistes

Tree asb met die Fakulteit in verbinding rakende spesifieke vereistes vir die MPhil-graadprogramme.

Ander programspesifieke inligting

*Hierdie module word slegs in Engels aangebied

  1. This is a selection programme and only selected applicants will be admitted to the programme.
  2. This programme will be offered only if the required resources are available.
  3. The mini-dissertation must comprise 13 000-15 000 words – including footnotes but excluding the list of contents and the bibliography.

Eksamens en slaagvereistes

Behalwe met goedkeuring van die Nagraadse Komitee word geen student toegelaat om sy/haar studies voort te sit in die geval waar geen modules tydens 'n spesifieke jaar van registrasie geslaag is nie.

Hoewel geen hereksamen met betrekking tot LLM-modules toegestaan word nie, geld die Algemene Regulasies (Regulasie G.12.3 en G.12.6) met betrekking tot spesiale en aanvullende eksamens.

Navorsing

Die betrokke departementshoof moet 'n studieleier en onderwerp vir 'n mini-verhandeling aanbeveel vir goedkeuring deur die Nagraadse Komitee. Die mini-verhandeling moet geassesseer en afgehandel word soos vervat in die LLM Beleidsdokument van die Fakulteit soos goedgekeur deur die Fakulteitsraad.

Waar 'n miniverhandeling vereis word, moet dit ingedien word in die formaat soos deur die studieleier bepaal en deur die Nagraadse Komitee goedgekeur. Die studieleier mag insgelyks en onderhewig aan die goedkeuring van die Nagraadse Komitee die navorsingsonderwerp en die bestek van die beoogde navorsing bepaal.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet 'n student 'n gemiddelde van minstens 75% in al die gedoseerde modules behaal, sowel as 75% vir die miniverhandeling. Die gemiddelde vir die modules moet tydens die eerste eksamenpoging behaal word.

Algemene inligting

Taalbeleid
Die onderrigtaal is Engels, maar waar omstandighede dit toelaat, kan 'n MPhil-module in Afrikaans aangebied word. Die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal die taalbeleid.

Tydperk van inskrywing
Studente moet wanneer die betrokke module ’n aanvang neem, ingeskryf wees en die bepaalde module se lesings bywoon. Andersins moet die betrokke studieleier en departementshoof se toestemming verkry word, alvorens ’n student toegelaat sal word om ’n bepaalde module in ’n ander studiejaar te doen.

Beperking met betrekking tot aanbieding van modules in ’n spesifieke akademiese jaar en beskikbaarheid van modules vir buitelandse studente
Die Dekaan bepaal jaarliks watter modules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van die beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, die maksimum aantal inskrywings vir ’n bepaalde keusemodule bepaal aan die hand van die voorgeskrewe riglyne. Die Dekaan mag verder, in oorleg met die betrokke departementshoof, besluit dat ’n MPhil-module nie aangebied sal word waar daar op die eerste dag van lesings vier of minder studente vir die module geregistreer is nie.

In die geval van buitelandse studente kan die Dekaan addisionele vereistes stel en die beskikbare modules vir hierdie studente mag ook beperk word.

Vervanging van modules
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof ’n student toelaat om een voorgeskrewe MPhil-module vir ’n bepaalde MPhil-program deur ’n ander MPhil-module te vervang waar sodanige uitsondering nie andersins toegelaat word nie en indien goeie rede aangetoon word.

Erkenning van modules wat aan 'n ander instansie voltooi is
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke departementshoof 'n student met 'n maksimum van twee modules wat aan 'n ander instelling voltooi is, krediteer mits dit aan die vereistes van hierdie Fakulteit voldoen. Waar sodanige modules nie dieselfde benaming het as modules wat deur hierdie Fakulteit aangebied word nie, kan krediet in die plek daarvan verleen word aan modules met wesenlik dieselfde inhoud soos deur die betrokke departementshoof bepaal, of, in die afwesigheid van sodanige nou-verwante modules, kan krediet verleen word aan modules wat steeds relevant is binne die breë spektrum van ’n spesifieke MPhil-graad en onder spesiale kodes vir die doeleindes van sodanige graad. Bykomende vereistes mag gestel word alvorens enige sodanige module erken word ten einde voldoening aan die vereistes van hierdie Fakulteit te verseker.

Krediet vir ander grade
Neem kennis dat geen erkenning verleen sal word aan modules wat deel vorm van ’n graad waarvoor die student reeds aan die graadvereistes voldoen het, of waar die student gelyktydig vir meerdere grade geregistreer is nie.

Herregistrasie vir modules
'n Student mag nie meer as twee keer vir dieselfde module registreer nie. 'n Finale punt van 50% moet behaal word ten einde 'n module te slaag.

Minimum krediete: 100

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    (a) Beplanning en organisering van ‘n navorsingsprojek (b) Konsep navorsingsvoorstel: Hipotese en navorsingsvraag (c) Teorie in navorsing en metodologiese benaderings tot regsnavorsing (d) Taal (e) Verwysing en die etiek van verwysing (f) Konsephoofstukke en afronding

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The topics covered include:(a) Historical, philosophical and foundational aspects of medical law and ethics, in general, and with specific reference to the doctor-patient-hospital relationship (b) Basic concepts in medical law and ethics, in general, and with specific reference to informed consent, medical confidentiality, capacity, medical paternalism and patient autonomy. (c) The specific interface between medical law and medical ethics

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module word slegs in Engels aangebied.                                                 In this module a multidisciplinary approach is adopted and the topics include the following: (a) Justice in the allocation of health resources, access to health care and healthcare insurance (b) The nature, scope and incidences of medical malpractice litigation in South Africa (c) The nature and scope of damages and compensation for medical negligence (d) Grounds of justification for medical interventions and other general defences in medical law (e) The various causes of action in medical malpractice litigation (f) Vulnerable patients (inclusive of children, the mentally Ill/disabled and the elderly) and medical malpractice litigation (g) Allied healthcare practitioners (inclusive of nurses, psychologists, traditional healers etc) and medical malpractice (h) The role of telemedicine and e-health in medical malpractice (i) Reform of medical malpractice law (j) The drafting/assessment of pleadings in context of medical malpractice litigation

    Sien meer

Minimum krediete: 200

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    (a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    In this module, specific aspects of medico-legal issues are discussed. Specifics topics include: (a) A legal analysis of clinical medical research and practice (b) Analysing the application of mental healthcare law and practice in South Africa (c) The status and application of end-of-life-decisions and living wills (d) A legal analysis of organ procurement and transplantation (e) The nature, scope and application of forensic pathology services, also in context of sexual offences, “unnatural deaths’’ and inquest legislation (f) A legal analysis of human procreation (inclusive of artificial insemination, stem cell research, surrogacy and genetics) (g) Environmental issues and medical law (h) Intellectual property rights and medical law: access to patented and generic medicine

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences