Jaarboeke

Program: PGDip Tandheelkunde Mondchirurgie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10221005 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie met minstens 65% in die finale eksamen in die vak Orofasiale chirurgie, of 'n vak wat as gelykstaande deur die departementshoof beskou word, vereis.

Ander programspesifieke inligting

Let wel:

Mondchirurgie: ’n voorvereiste (minstens een basiese vak word vereis – hierdie basiese vakke kan aan die Universiteit van Pretoria of by die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika geslaag word) of enige ander module soos deur die betrokke departement bepaal en deur die Dekaan goedgekeur.

Kontaktyd
Die kontaktyd in die hoof-studierigting word deur die betrokke departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur. Dit sluit sistematiese onderrig sowel as kliniese/praktiese werkopdragte in.

Eksamens en slaagvereistes

Die eksamen in die basiese vak en dié in die hoofstudierigting mag elke semester afgeneem word. Eksamens in beide die basiese vak sowel as die hoofstudierigting mag in dieselfde semester afgelê word. Ten einde toegelaat te word tot 'n eksamen in die hoofstudierigting moes die student die basiese vak geslaag het. 'n Finale punt van minstens 50% word vereis om te slaag.

Onderworpe aan uitsonderings goedgekeur deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, mag 'n student nie meer as twee keer 'n eksamen in dieselfde vak in die Nagraadse Diploma aflê nie.

Slaag met lof

'n Student wat minstens 75% behaal in beide die hoofstudierigting en die basiese vak, verwerf die diploma met lof.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences