Code | Faculty |
---|---|
10264000 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Die graad PhD word op grond van ’n proefskrif toegeken: Met dien verstande dat die Fakulteitsraad op aanbeveling van die eksamenkommissie, ’n mondelinge eksamen kan vereis wat handel oor die onderwerp van die proefskrif.
Sien ook die Algemene Regulasies.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word 'n kandidaat slegs tot doktorale studie toegelaat indien hy of sy in besit is van 'n magistergraad. Indien Kaak- Gesig- en Mondchirurgie as hoofstudierigting gekies word moet 'n kandidaat 'n minimum slaagpunt van 65% in óf die MScDent-graad óf die MChD (Kaak- gesig- en mondchirurgie)-graad of 'n gelykwaardige kwalifikasie behaal het.
Geen aanlynaansoeke vir die PhD sal aanvaar word nie. Studente moet die korrekte prosedure volg en deur die onderskeie departemente aansoek doen.
Alle aansoekvorms moet eers deur die Departementshoof goedgekeur word voordat studente dit by Studenteadministrasie in die HW Snyman-gebou (Nagraadse Navrae) inlewer.Modulekode THW 990 Tandheelkundige wetenskappe 990 moet gebruik word vir PhD-projekte wat buite die grense van departemente val.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App