| Modulekode | FIL 155 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
| Module-inhoud | Hierdie module is ‘n inleiding tot wetenskapfilosofie en die geskiedenis van die wetenskap in die breë. Die volgende is voorbeelde van temas en tydperke wat bespreek kan word: Wêreldbeskouings in antieke Griekeland; Sokrates; Plato – die grondlegger van die Westerse denke; Aristoteles – die vestiging van ’n nuwe tradisie; Leonardo da Vinci; die vestiging van die moderne wetenskap; die wonderjare van die 17de eeu – die hoogbloei van die wetenskappe en filosofie; die opkoms van die meganika; ’n drastiese wending in die sieninge van die mens – die opkoms van die sielkunde; hoe die relatiwiteitsteorie ons siening van die kosmos verander het; die kwantumteorie en die implikasies daarvan vir die moderne wêreldbeskouing; die biologiese wetenskappe en die geheime van die lewe; Opkoms en rol van sielkunde. die neurowetenskappe; die plek, rol en nut van filosofiese denke in die wetenskappe. |
| Modulekrediete | 6.00 |
| Programme | |
| Diensmodules | Fakulteit Gesondheidswetenskappe Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
| Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
| Kontaktyd | 1 lesing per week |
| Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
| Departement | Filosofie |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App