| Modulekode | BDO 319 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
| Module-inhoud | Menslikehulpbronbestuurstelsels Die afdeling verskaf ‘n inleiding tot menslikehulpbronbestuurstelsels en spreek ook hedendaagse ontwikkelinge en vraagstukke op die gebied aan. Die volgende temas word omvattend bespreek: posontleding, posbeskrywing en posspesifikasie; posontwerp; vergoedingsteorie en -stelsels; posevaluering en -gradering; voordele- en byvoordele-stelsels. Vergoedingstelsels as motivering vir werknemers word ook behandel. Menslikehulpbronvoorsiening Menslikehulpbronvoorsiening word, vanuit ‘n bedryfsielkundige perspektief, aangebied onder die volgende hoofde: mensehulpbronbeplanning; makro- en mikroveranderlikes wat ‘n invloed het op personeelvooruitskatting en -voorsiening; menslikehulpbron-inligtingstelsels; die ouditering van vaardighede; asook tegnieke soos werwing, keuring, plasing en induksie. |
| Modulekrediete | 20.00 |
| Programme | |
| Diensmodules | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
| Voorvereistes | BDO 110, 120; BDO 219 GS, BDO 229 GS |
| Kontaktyd | 3 lesings per week |
| Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
| Departement | Menslikehulpbronbestuur |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App