Jaarboeke

Life orientation 121


 
Modulekode JLO 121
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module sal studentonderwysers in staat stel om hul persoonlike potensiaal te bereik en uit te brei en hulle lei om kennis en vaardighede met betrekking tot fisieke en fisiologiese ontwikkeling te ontwikkel as twee van die onderwerpe van die vak Lewensoriëntering. Persoonlike ontwikkeling vorm ook deel van die module, maar daar word veral gefokus op die inter- en intrapersoonlike vaardighede van die student. Onderwerpe sluit in: ontwikkelingsfases, selfaktualisering, selfkonsep, konflikbestuur en persoonlike bestuur. Die module fokus ook op menslike anatomie en basiese fisiologie as agtergrond tot die ontwikkeling van menslike beweging. Die praktiese komponent fokus op leer en onderrig van sport en menslikebewegingontwikkelingsvaardighede vir die skoolsportonderwys- en -opleidingsomgewing. Dit stel die grondslag vir die daaropvolgende studiejare waartydens die student van verskillende dissiplines sal leer. Na afloop van die bereiking van die leeruitkomste behoort die student in staat te wees om sy/haar kennis te demonstreer en die student moet ook ‘n begrip van die teorie in praktiese klasse kan toepas. 

Modulekrediete 12.00
Diensmodules Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Vroeë Kinderonderwys
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences