Modulekode | VFL 400 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Slegs gegradueerde studente wat ‘n vreemde taal op derdejaarsvlak geslaag het, mag vir hierdie keusemodule inskryf. Die fasilitering van leer van ‘n vreemde taal fokus op ‘n kommunikatiewe benadering. Leerders moet die taal leer praat, luister na die taal, lees en blootgestel word aan die kultuur van die sprekers van die spesifieke taal. Die fokus is op die ontwerp, implementering, bestuur en assessering van leertake in die spesialiseringsveld met ‘n kruiskurrikulêre geïntegreerde benadering. Die studie integreer die dissiplinêre beginsels van inhoudskennis, metodologie en relevante opvoedkundige teorie. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Bewese bevoegdheid soos voorgeskryf deur die Departement. |
Kontaktyd | 60 lesings per jaar, 12 tutoriale per jaar |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Geesteswetenskaplike Opvoedkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App