Code | Faculty |
---|---|
09240002 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Prof WJ Rauscher [email protected] | +27 (0)124205573 |
'n Kandidaat kan toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:
Die keuring is gebaseer op:
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.
'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.
'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.
Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.
Minimum krediete: 128
Wanneer die voltydse opsie gekies word, moet al die "Fundamentele modules" en "Kernmodules" gekies word. Wanneer die deeltydse opsie gekies word, moet NMQ 745, EDS 711, CDD 710 en API 711 gekies word in die 1ste jaar en NMQ 755, LSN 730, SMP 780 en SCU 731 moet gekies word in die finale jaar.
Module-inhoud:
Begeleide literatuurstudie, formulering van ? konseptuele raamwerk en ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel vir ? begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang.
Module-inhoud:
Begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang. Toepassing van kwantitatiewe en/of kwalitatiewe navorsingsmetodes. Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Skryf 'n navorsingsverslag.
Module-inhoud:
Grondslae, beginsels en etiek van assesseringspraktyke. Internasionale tendense in assesseringspraktyke. Kwantitatiewe en kwalitatiewe assesseringsmodes en toepaslike assesserings-instrumente. Bewys-generering vir assessering. Assessering en kwaliteitsversekering. Tegnieke vir rekenaargebaseerde assessering.
Module-inhoud:
Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.Module-inhoud:
Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.
Module-inhoud:
Die aard en struktuur van lewenswetenskappe: implikasies vir lewenswetenskappeonderwys; leeruitnemendheid in lewenswetenskappe; ontwikkeling en administrasie van 'n skool se lewensweteskappedepartement; beplanning van leeraktiwiteite in lewenswetenskappe; eksperimentering en navorsingsmetodologie; praktiese werk, demonstrasies en mikroskoopwerk; bestuur en gebruik van organismes in die laboratorium; die lewenswetenskappeklub; ekskursies en veldwerk; veiligheid in die laboratoruim.Module-inhoud:
Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).
Module-inhoud:
Die aard van die natuurwetenskappe, tegnologie en wiskunde: openbare begrip en die impak van wetenskap en tegnologiese bedrywe op die gemeenskap; Etiese implikasies van wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang. Inheemse Kennis Stelsels (IKS), etnowiskunde en -tegnologie en epistemologie. Implikasies vir onderrig- en leer-inhoud, en verwagte leeruitkomste. Die aard van kurrikula ten einde wetenskaplike wyses om die wêreld te verstaan te ontwikkel.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App