Die regulasies ten opsigte van grade wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.
Die Algemene Regulasies (G-regulasies) en Algemene Reëls is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies, sowel as all fakulteitspesifieke en programspesifieke regulasiese en inligting, sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Lees asseblief alle Fakulteitsregulasies aanvullend tot die Algemene Regulasies.
Akademiese geletterdheid
Daar word van alle voorgraadse nuwelingstudente wat aan die Universiteit wil registreer, verwag om 'n akademiese geletterdheidstoets af te lê. Sekere modules soos vervat in die voorgraadse programme in Ingenieurswese maak spesiale voorsiening vir die aanspreek van tekortkominge in hierdie verband, asook vir die ontwikkeling van spesifieke taal- en kommunikasievaardighede in die konteks van die behoefte van die ingenieursprofessie.
Verandering van studierigting
Verandering van studierigting kan alleenlik geskied met goedkeuring van die Dekaan, na oorlegpleging met die betrokke Departementshoof.
Eksamens
Eksamens, projekte en navorsingsverslae/miniverhandelings
Eksamentoelating
Ten einde tot die finale eksamen in 'n betrokke module toegelaat te word, word ’n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis, met uitsondering van eerstejaarmodules op die eerstesemestervlak, waar 'n semesterpunt van minstens 30% vereis word. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingsvereistes voldoen word, soos van toepassing op 'n betrokke module.
Buitengewone eksamens (insluitende siekte-eksamens)
Verwys ook na Algemene Regulasie G.12.5
Ander buitengewone (spesiale) eksamens
Verwys ook na Algemene Regulasie G.12.6
Aanvullende eksamens
Verwys na die Algemene Regulasies G.12.3.
Let wel: Geen aanvullende of spesiale eksamens word in enige Ontwerp-module (alle ONT-modules) in die Departement Argitektuur toegestaan nie.
Hernasien van eksamenantwoordstelle
Verwys na die Algemene Regulasies G.14
Hereksamens in die Skool vir Ingenieurswese
Verwys na Algemene Regulasie G.12.4
In die Skool vir Ingenieurswese word ’n hereksamen slegs toegeken in gevalle waar:
Berekening van die finale hereksamenpunt:
Spesiale hereksamens sal nie gereël word vir studente wat nie in staat was om die hereksamens gedurende die geskeduleerde tye (soos getoon in die eksamen- rooster) te kom skryf nie.
Hereksamens in die Skool vir die Bou-omgewing
Verwys na G Regulasie G.12.4.
Met uitsondering van eerstesemestermodules in die eerste jaar waar hereksamens verpligtend is tussen 40% en 49%, word ’n hereksamen slegs toegestaan in gevalle waar:
Regulasies (i) tot (iii) is nie van toepassing op derdejaarmodules van enige van die programme van die Departement Argitektuur nie. Geen hereksamen word in enige studiejaar toegestaan in die Ontwerp-module (ONT-modules) nie.
Hereksamens in die Skool vir Inligtingtegnologie
Verwys na G Regulasie G.12.4.
In die Skool vir Inligtingtegnologie word alle hereksamens oorweeg en toegestaan volgens die riglyne verskaf in G Regulasie G.12.4, behalwe dat die semesterpunt wel in berekening gebring word by die berekening van die finale punt en in ooreenstemming met die fakulteitsregulasies in die fakulteit waar die module aangebied word. Die enigste uitsondering tot hierdie reël is in die geval van eerstesemestermodules op 100-vlak, waar die semesterpunt nie oorweeg word nie en waar die hereksamenpunt geneem word as die finale punt, met dien verstande dat die maksimum finale punt wat toegeken mag word nie meer as 50% mag wees nie. Spesiale hereksamens sal nie gereël word vir studente wat nie die hereksamen op die geskeduleerde tyd, soos voorsien in die eksamenrooster, kon skryf nie.
Slaagvereistes
Verwys ook na Algemene Regulasies G.11.1(a) en G.12.2.2.
Let wel: Grensgevalle in die Skool vir Ingenieurswese (bv ’n punt van 49% of 74%) moet deur beide die interne en die eksterne eksaminatore in heroorweging geneem word, vir die bepaling van moontlike meriete van ’n opwaartse aanpassing van die punt. Punte mag nie afwaarts aangepas word nie, behalwe in gevalle waar ooglopende merkfoute en optelfoute opgespoor is. Die slaagpunt is ’n minimum finale punt van 50% en ’n student druip die module as ’n laer punt (bv 49%) behaal is.
Let wel: Algemene Regulasie G.10.3 word normaalweg nie deur die Skool vir Ingenieurswese toegepas nie en geen promovering (vrystelling van die eksamen) word in enige module toegelaat nie, behalwe in spesiale gevalle waar die toestemming van die Dekaan vereis word.
Merietelys van die Dekaan
Die Dekaan se merietelys sal jaarliks op die webwerf van die Fakulteit gepubliseer word en die lys sal die name van studente wie se akademiese prestasie oor die jaar uitstekend was en erkenning verdien, bevat. Briewe van aanprysing sal aan studente gestuur word wat kwalifiseer om op die Dekaan se merietelys ingesluit te word.
Om in aanmerking te kom vir insluiting in die Dekaan se merietelys, moet ’n student in die Skool vir Ingenieurswese, al die modules slaag soos voorgeskryf in die kurrikulum vir ’n spesifieke studiejaar soos gepubliseer. ’n Student geregistreer vir die eerste, tweede of derde studiejaar van die vierjaarprogram moet ’n minimum geweegde gemiddelde van 75% behaal en ’n student geregistreer vir die eerste, tweede, derde of vierde studiejaar op die vyfjaarprogram moet ’n minimum geweegde gemiddelde van 75% behaal.
Addisionele regulasies en inligting vir die Skool vir Ingenieurswese
Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot enige program in die Skool vir Ingenieurswese. Die aantal studente wat in die Skool en/of per departement toegelaat word, mag beperk word. Nagraadse keuring vind volgens departementele beleid plaas.
Hernuwing van registrasie
Indien ’n student wat ’n studiejaar herhaal, met die uitsondering van eerstejaarstudente, aan die einde van die jaar waarin die studiejaar herhaal word nog nie die voldoende krediete verwerf het om tot die daaropvolgende studiejaar bevorder te word nie, verval sy of haar reg op hertoelating. Studente wie se reg op hertoelating verval het, kan skriftelik by die Toelatingskomitee aansoek doen om hertoelating tot die Fakulteit. Bepalings in verband met bevordering, insluitende bevordering van eerstejaarstudente, verskyn in die regulasies van die betrokke studierigtings.
Module in ‘n ander semester
’n Bing-student mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof toegelaat word om vir ’n ooreenstemmende module te registreer wat normaalweg in die ander semester vir die student se groep aangebied sou word, mits die rooster dit toelaat.
Buitengewone eksamens
Let wel: Geen spesiale eksamens word in die modules met ’n projek- of ontwerpkomponent in enige van die ingenieurs- dissiplines toegelaat nie. Geen ander spesiale eksamens word toegelaat in die Skool vir Ingenieurswese nie.
Tydsduur van eksamens in voorgraadse modules
Die tydsduur van ’n eksamen in ’n 8-krediet module mag nie 90 minute oorskry nie en in die geval van ’n 16-krediet module mag dit nie 180 minute oorskry nie, behalwe waar spesiale toestemming van die Dekaan verkry is.
Die tydsduur van ’n hereksamen of ’n spesiale eksamen in alle voorgraadse modules mag nie 90 minute oorskry nie, behalwe waar spesiale toestemming van die Dekaan verkry is om hierdie limiet te oorskry. In die geval van ’n siekte-eksamen kan die tydsduur van die eksamen verleng word na ’n maksimum van 180 minute, volgens ’n reëling tussen die dosent en die student.
Blootstelling aan die ingenieurspraktyk
Ingenieurstudente word tydens die duur van hul studie op drie maniere blootgestel aan die ingenieurspraktyk:
Addisionele regulasies en inligting vir die Skool vir die Bou-omgewing
Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot die volgende programme in die Skool vir die Bou-omgewing:
Slegs ’n beperkte aantal kandidate word vir alle voorgraadse programme toegelaat.
In die geval van die volgende gedoseerde programme word slegs ’n beperkte aantal kandidate toegelaat: BArchHons, BIntHons, BLArchHons, BScHons (Toe-gepaste Wetenskap), BScHons Bourekenkunde, BScHons Konstruksiebestuur, MArch(Prof), ML(Prof), MSc (Toegepaste Wetenskap), MSc Bourekenkunde, MSc Konstruksiebestuur, MSc Eiendomswese, MSc Eiendomswese: Kleinhandel eiendom en MStads- en Streekbeplanning.
Aansoeke sluit op 31 Oktober vir Suid-Afrikaanse studente.
Toelating tot die MSc- en PhD-grade deur middel van navorsing is onderhewig aan goedkeuring deur die Departementshoof en die Dekaan.
Aansoeke sluit op 31 Augustus vir internasionale studente.
Internasionale studente wat vir keuring oorweeg wil word, moet hul kwalifikasies laat oudit en by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAQA) laat verifieer. Kandidate wat vir professionele nagraadse programme vir doeleindes van professionele registrasie wil registreer, moet ook hul kwalifikasies aangaande die gelykwaardigheid van registrasiekategorie by die tersaaklike registrasieraad verifieer. Alle koste is vir die rekening van die applikant. Alle dokumente moet saam met die aansoek voor die sluitingsdatum ingedien word.
Let wel: Kontakbesonderhede van die verskillende beheerliggame is op die betrokke departementele webbladsy te vinde.
Bevorderingsvereistes
Addisionele regulasies en inligting vir die Skool vir Inligtingtegnologie
Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot die graadprogramme in die Skool vir Inligting-tegnologie. Die aantal studente wat in die skool tot die voorgraadse programme toegelaat word, kan beperk word. Nagraadse keuring vind volgens departementele beleid plaas.
Akademiese geletterdheid
Alle eerstejaarstudente skryf in vir ALL 121, ? vakspesifieke module in Akademiese geletterdheid vir Inligtingtegnologiestudente. Vir studente in die Vierjaarprogram is Taal-, lewens- en studievaardigheid 1 en 2 (LST 133 en LST 143) in albei die eerste semester en tweede semester verpligtend.
Vereistes vir spesifieke modules
’n Kandidaat wat:
Let wel:
Minimum duur van studietydperk
Die minimum studietydperk vir die graad word aangedui by die betrokke graadprogram. Studente wat vir ’n driejaargraad geregistreer is, moet die graad in ’n maksimum van vyf jaar voltooi. Studente wat vir ’n vierjaargraad geregistreer is, moet die graad in ’n maksimum van ses jaar voltooi.
Doktorale programme in die Skool vir Ingenieurswese [PdD (Ingenieurswese) en PhD]
Addisionele regulasies en inligting vir die Graduate School of Technology Management (GSTM)
Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot die graadprogramme in die GSTM. Die aantal studente wat in die skool tot die voorgraadse programme toegelaat word, kan beperk word. Nagraadse keuring vind volgens departementele beleid plaas. (www.up.ac.za/gstm)
Aanvullende eksamens
Aanvullende of spesiale eksamens word nie toegestaan vir enige modules by die GSTM nie.
Minimum/Maksimum duur van studie
Die minimum duur van studie word by elke program aangedui. Studente wat vir 'n honneurs- of magistergraad registreer moet die kwalifikasie binne 'n maksimum van drie jaar voltooi.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App