Code | Faculty |
---|---|
12132024 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 381 |
Miss V Wilkens [email protected] | +27 (0)124203599 |
Eiendomswese is die studie van vaste eiendom en verwante aspekte soos die ekonomie, ontwikkeling, bestuur, waardering, finansiering en bemarking daarvan en belegging daarin.
Benewens ’n toekoms in rigtings soos eiendomsbelegging, eiendomsfinansiering of fasiliteits- en eiendomsbestuur, kan verdere studie tot die verkryging van ’n honneurs-graad in Eiendomswese ook lei tot registrasie as professionele eiendomswaardeerder. Loopbaangeleenthede strek oor die totale spektrum van die eiendomsbedryf, hetsy as entrepreneurs in die privaatsektor of as werknemers in die privaat, staat- of semistaatsektore.
Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.
Minimum vereistes | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | of | of | of | of | 30 |
Die graad word met lof toegeken aan 'n student
Minimum krediete: 143
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
By the end of this module students should be able to cope more confidently and competently with the reading, writing and critical thinking demands that are characteristic of the field of Construction Economics.
Module-inhoud:
Die struktuur van die bounywerheid en die rol van boukundige dissiplines en aanverwante partye.Module-inhoud:
Studente word bekend gestel aan ontwerpaspekte in die bou-omgewing aan die hand van tegniese tekeninge van eenvoudige geboustrukture met toepaslike detailsketse. Werkopdragte deur die loop van die semester stel die studente bloot aan die volgende onderwerpe: fondamente; bostruktuur; dakstruktuur; venster- en deurtipes; plan- en snittekeninge en plaaslike owerheid goedkeuringsvereistes.Module-inhoud:
Verbreed die vaktaalwoordeskat van BOU 111. Studente word bekend gestel aan ander aspekte van die boubedryf wat die volgende onderwerpe insluit: topografie; simbole; ergonomiese ontwerpbeginsels; oriëntasie van geboue; perspektieftekeninge; waterdigting- en voglaagtoepassings.Module-inhoud:
Beginsels, metodes en materiale aangewend in beste praktyk in die oprigting van eenvoudige enkelverdiepinggeboue tot by muurplaathoogte.Module-inhoud:
Beginsels, metodes en materiale aangewend in beste praktyk in die oprigting van eenvoudige enkelverdiepinggeboue van muurplaathoogte tot voltooiing insluitend afwerkings en buitewerk. Inleiding tot alternatiewe konstruksiepraktyke en materiale vir volhoubaarheid.Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.
Module-inhoud:
Inleiding tot Eiendomswese. Verskillende belanghebbendes in die eiendomsbedryf en die verwantskap met ander bedrywe. Spesialiseringsvelde in die eiendomsbedryf en die rol en interaksie van elk.Module-inhoud:
Inleiding tot eiendomsontwikkeling. ’n Studie van die beginsels van eiendomsontwikkeling insluitende die relevante wetgewing en ordinansies. Stedelike ontwikkeling, beheer van grond in Suid Afrika. Stadsbeplanning.Module-inhoud:
Sanitêre dienste, riolering vir eenvoudige, multiverdieping- en veeldoelige geboue; plaaslike rioolverordeninge; konstruksie van alle tipes riole en sanitêre toebehore.Module-inhoud:
Sanitêre dienste: warm- en kouewatervoorsiening aan eenvoudige en multiverdiepinggeboue, plaaslike verordeninge, konstruksie van waterleidings vir dorpsgebiede, verskillende warmwaterstelsels, watersuiweringswerke, water- en energiebesparing.Module-inhoud:
Inleiding tot bourekenkunde, maatopname, interpretering van tekeninge, metodiek van meetwerk, verwerkingsprosesse, algemene opdragte, opmeet van eenvoudige gebouonderdele.Module-inhoud:
Inleiding tot bourekenkunde, maatopname, interpretering van tekeninge, metodiek van meetwerk, verwerkingsprosesse, algemene opdragte, opmeet van eenvoudige gebouonderdele.Module-inhoud:
Inleiding tot die studie van die geskiedenis van die omgewing. Begrip vir die proses van endemiese bou, nedersetting en verstedeliking in verskeie tydperke en omgewings. Beknopte omgewingsgeskiedenis van die Antieke, Bronstydperk, Klassieke, Christelike, Judaïse en Moslem Mediterreense en Europese beskawings tot aan die Renaissance. Boeddhisme en Sjintoïsme in die Ooste.Module-inhoud:
*Studente sal nie vir meer as een van die volgende modules krediet ontvang vir hul graad nie: WTW 134, WTW 165, WTW 114, WTW 158. WTW 134 gee nie toelating tot Wiskunde op 200-vlak nie en is vir studente wat Wiskunde slegs op 100-vlak benodig. WTW 134 word in die tweede semester as WTW 165 aangebied slegs vir studente wat in die eerste semester aansoek gedoen het vir die ongeveer 65 MBChB, of 5-6 BChD plekke wat in die tweede semester beskikbaar word en wat dus ook ingeskryf was vir MGW 112 in die eerste semester van die huidige jaar.
Funksies, afgeleides, interpretasie van die afgeleide, differensiasiereëls, toepassings van differensiasie, integrasie, interpretasie van die bepaalde integraal, toepassings van integrasie. Matrikse, oplossings van stelsels vergelykings. Alle onderwerpe word in die konteks van toepassings behandel.
Minimum krediete: 98
Module-inhoud:
Oprigting en konstruksie van multiverdiepinggeboue, insluitend terreinbestuur en tydelike terreinwerk, bouerstoerusting en grondwerkmasjinerie; gespesialiseerde fondasies, massa-uitgrawings en gevorderde betonkonstruksie, insluitend keermure. Hout- en staalstrukture as konstruksiemetodes.
Module-inhoud:
Materiaalstudie van metale en gevorderde materiale. Bestudering van en kweek van sensitiwiteit vir, asook die filosofie van veiligheidsrisikobestuur in die konstruksiebedryf.
Module-inhoud:
Eiendomsekonomie en –finansies, welvaart en ekonomiese effektiwiteit: Ekonomiese effektiwiteit deur die prysbepalingstelsel. Vaste eiendom: kenmerke en funksies van die vaste eiendomsmark; prysbepaling van grond en hulpbronne. Ontwikkeling: die ontwikkelingsproses; tydsberekening en die tempo van ontwikkeling; herontwikkeling; publieke sektor ontwikkeling; ekonomie van beplanningsbeheer; die konstruksie-industrie. Stedelike grondgebruik: grondgebruik en -waardes; patrone van stedelike grondgebruik; groei van stedelike areas; kwaliteit van die stedelike omgewing; behuising; streeksbeleid. Die staat en grond hulpbronne: invloed van staatsekonomiese beleid op grond hulpbronne; teorie van stedelike publieke finansies; onlangse verwikkelinge.
Module-inhoud:
Eiendomsekonomie en –finansies, welvaart en ekonomiese effektiwiteit: Ekonomiese effektiwiteit deur die prysbepalingstelsel. Vaste eiendom: kenmerke en funksies van die vaste eiendomsmark; prysbepaling van grond en hulpbronne. Ontwikkeling: die ontwikkelingsproses; tydsberekening en die tempo van ontwikkeling; herontwikkeling; publieke sektor ontwikkeling; ekonomie van beplanningsbeheer; die konstruksie-industrie. Stedelike grondgebruik: grondgebruik en -waardes; patrone van stedelike grondgebruik; groei van stedelike areas; kwaliteit van die stedelike omgewing; behuising; streeksbeleid. Die staat en grond hulpbronne: invloed van staatsekonomiese beleid op grond hulpbronne; teorie van stedelike publieke finansies; onlangse verwikkelinge.
Module-inhoud:
Eiendomsbestuur: Die rol van die eiendomsbestuurder, funksies van eiendomsbestuur, die bestuurskontrak, die eienaar/bestuurder verhouding, beginsels van eiendomsonderhoud, beginsels van energiebestuur, beginsels van risikobestuur, brandvoorkoming en beheer, noodbestuur, omgewingsimpak en besoedelingsaspekte, en bestuursbegroting.
Module-inhoud:
Eiendomsbemarking. Die rol van eiendomsbemarking in die eiendomsbedryf. Bemarkingsbeginsels en doelwitte. Metodes van bemarking van verskillende tipes eiendomme om optimale resultate te verkry.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BSc (Wiskundige Statistiek, Konstruksiebestuur, Eiendomswese en Bourekenkunde) en BEng (Bedryfsingenieurswese) -studente. Doel en funksie van finansiële bestuur, grondliggende finansiële bestuursbegrippe. Rekeningkundige konsepte en die gebruik van die basiese rekeningkundige vergelyking om die finansiële toestand van ‘n onderneming te beskryf. Teboekstelling van rekeningkundige transaksies. Verband tussen kontant en rekeningkundige wins. Interne beheer en die bestuur van kontant. Debiteure en korttermynbeleggings. Voorraadwaardasiemetodes. Waardevermindering. Gebruik en verslagdoening oor skuldfinansiering en aandelekapitaal. Opstel en gebruik van finansiële state. Onderskeidende eienskappe van die verskillende ondernemingsvorme. Oorsig van die finansiële markte en die rol van finansiële instellings. Beskrywing van die risiko- en opbrengseienskappe van verskillende finansiële instrumente. Uitgifte van gewone aandele en skuldfinansieringsinstrumente.Module-inhoud:
Inleiding tot die beginsels van binnenshuise gemak. Verhitting, ventilasie en lugversorsingsisteme, Die inbou en werking van hysers en ander meganiese dienste. Brandvoorkoming en brandbestryding.Module-inhoud:
Teorie van elektrisiteit; regulasies van elektrisiteitsvoorsieningsowerhede; elektriese installasies; distribusie van elektrisiteit.Module-inhoud:
Waternetwerke; rioolnetwerke; stormwaternetwerke; paaie.Module-inhoud:
Beskrywende statistiek:
Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Module-inhoud:
*Aangebied deur die Departement Statistiek Meervariante statistiek variansie-analise; kategoriese data-analise; verdelingsvrye metodes; krommepassing, regressie en korrelasie; die ontleding van tydreekse en indekse. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.Minimum krediete: 138
Module-inhoud:
Inleiding tot die reg. Algemene beginsels van kontrakreg. Spesifieke kontrakte: koopkontrakte, werkaannemingskontrakte. Verteenwoordigingsreg. Algemene aspekte van die ondernemingsreg. Dispuutbeslegting – mediasie en arbitrasie.Module-inhoud:
Konsepte, beginsels, geskiedenis, huidige tendense in nedersetting, skuiling en geïntegreerde leefomgewings; rol van behuising in die samelewing; statutêre beleids- en beplanningsraamwerke en paradigmas; behuisingsleweringsopsies; behuisingsontwikkelingsbestuur; finansierings- en eiendomsregtelike opsies; behuisingstipes en -digthede; behuisingsproduk, -norme en -standaarde; bestuur en instandhouding van sosiale behuisingsvoorraad; behuisingsbehoeftebepaling en na-okkupasie-evaluering; verbruikersopvoeding en -beskerming.Module-inhoud:
Oprigting en konstruksie van gespesialiseerde geboukomponente en -afwerkings. Akoestiek. Materiaalstudie van plastiek, kleefmiddels, rubber, hegtingsmateriale, veselsement, teerprodukte, seëlaars, epoksies en waterdigting.Module-inhoud:
Termiese eienskappe van isoleringsisteme en konstruksiemateriale. Kritiese oorsig van huidige ontwikkelings- en konstruksiepraktyk; alternatiewe konstruksietegnieke; innovasie in konstruksie; tegniese evaluering van innoverende konstruksiemateriale en -metodes; lewensikluskoste en lewensiklusonteleding; die Nasionale Bouregulasies.Module-inhoud:
Die konsep van waarde, die waardeerder, standaard van waardasies, die Landmeter-generaal, plaaslike owerhede, grondgebruiksbeplanning, stadsbeplanning regulasies, berekening van oppervlaktes, rekords van die waardeerder. Faktore wat die waarde van verskillende tipes eiendom beïnvloed, waardevermeerdering en -vermindering, verskillende benaderings tot waardasies, die waarde van verbeterings, die waardasieverslag.
Module-inhoud:
Die konsep van waarde, die waardeerder, standaard van waardasies, die Landmeter-generaal, plaaslike owerhede, grondgebruiksbeplanning, stadsbeplanning regulasies, berekening van oppervlaktes, rekords van die waardeerder. Faktore wat die waarde van verskillende tipes eiendom beïnvloed, waardevermeerdering en -vermindering, verskillende benaderings tot waardasies, die waarde van verbeterings, die waardasieverslag.
Module-inhoud:
Roerende en onroerende eiendom; regsaspekte ten opsigte van onroerende eiendom; privaatregtelike begrensings van eiendomsreg; relevante eiendomsverwante wetgewing; saaklike sekerheidsregte; die registrasie van regte; soneringsregulasies.Module-inhoud:
Eiendomsbelegging. Die aard en omvang van eiendomsbelegging, doelwitte van eiendomsbeleggers, deelnemers aan die eiendomsbeleggingsproses, die eiendomsbeleggingsbesluitnemingsproses, beleggingskriteria, beleggingstydhorisonne, besluitnemingsbenaderings, verskillende belastings van toepassing op eiendomsbelegging en -ontwikkeling.
Module-inhoud:
Oorsig oor eiendomsontwikkeling: die dorpstigtingsproses, tipes behuisingseenhede en –huise, beginsels van medium en hoë digtheid residensiële ontwikkelings, deeltitel en groepsbehuising, aftreeoorde en inleiding tot kommersiële eiendomsontwikkeling.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Finansiële Wetenskappe, Finansiële Bestuurswetenskappe, Beleggingsbestuur, Interne Ouditkunde en Regte)-studente
Raamwerk en doel van finansiële bestuur; die finansiële jaarstate met die klem op inhoud; die ontleding en vertolking van finansiële state vir besluitneming; die tydwaarde van geld; risiko en opbrengsverwantskappe; die waarderingasie van die onderneming; korttermynbeplanning; die bestuur van bedryfskapitaal.
Module-inhoud:
*Slegs beskikbaar vir BCom (Finansiële Wetenskappe, Finansiële Bestuurswetenskappe, Beleggingsbestuur, Interne Ouditkunde en Regte)-studente
Die koste van kapitaal; die bepaling van die kapitaalbehoeftes en die finansiering van die onderneming met die oog op ‘n optimale kapitaalstruktuur; die investeringsbesluit en ‘n studie van die seleksiemaatstawwe vir die beoordeling van kapitaalinvesteringsprojekte; die invloed van inflasie en risiko op investeringsbesluite; die evaluasie van huurfinansieringsbesluite; die dividendbesluit; internasionale finansiële bestuur. Waardasiebeginsels en -praktyke: ‘n inleiding tot sekuriteitewaardasie; hibriede en afgeleide instrumente; samesmeltings en oornames.
Module-inhoud:
Beginsels van verligting, verligtingsinstallasies, weerligbeveiliging, sekuriteitstelsels; kommunikasiestelsels. Multimedia-installasies.Module-inhoud:
Hierdie projekgeoriënteerde module is 'n vorm van toepassingsleer wat gerig is op spesifieke gemeenskapsbehoeftes en word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word. Die belangrikste doelwitte met die module is soos volg: (1) Die uitvoering van 'n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van 'n voordelige effek op 'n gekose deel van die samelewing, verkieslik maar nie eksklusief, deur betrokkenheid by 'n gedeelte van die samelewing wat anders is as die student se eie sosiale agtergrond. (2) Die ontwikkeling van 'n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes, 'n ingesteldheid van tot diens te wees, en 'n begrip van sosiale aspekte, met die doel om in 'n verantwoordelike professionele persoon te ontwikkel. (3) Die ontwikkeling van belangrike multidissiplinêre en lewensvaardighede, soos kommunikasie, interpersoonlike en leierskapvaardighede. Assessering in die module sal die meeste van die volgende komponente insluit: evaluering en goedkeuring van die projekvoorstel, assessering van mondelinge en/of geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering in die geval van spanprojekte, geskrewe terugrapportering deur diegene tot wie die projek gerig is, en finale assessering op grond van die voorlegging van 'n portefeulje en 'n geskrewe verslag.Module-inhoud:
Hierdie projekgeoriënteerde module is 'n vorm van toepassingsleer wat gerig is op spesifieke gemeenskapsbehoeftes en word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word. Die belangrikste doelwitte met die module is soos volg: (1) Die uitvoering van 'n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van 'n voordelige effek op 'n gekose deel van die samelewing, verkieslik maar nie eksklusief, deur betrokkenheid by 'n gedeelte van die samelewing wat anders is as die student se eie sosiale agtergrond. (2) Die ontwikkeling van 'n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes, 'n ingesteldheid van tot diens te wees, en 'n begrip van sosiale aspekte, met die doel om in 'n verantwoordelike professionele persoon te ontwikkel. (3) Die ontwikkeling van belangrike multidissiplinêre en lewensvaardighede, soos kommunikasie, interpersoonlike en leierskapvaardighede. Assessering in die module sal die meeste van die volgende komponente insluit: evaluering en goedkeuring van die projekvoorstel, assessering van mondelinge en/of geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering in die geval van spanprojekte, geskrewe terugrapportering deur diegene tot wie die projek gerig is, en finale assessering op grond van die voorlegging van 'n portefeulje en 'n geskrewe verslag.Module-inhoud:
Inleiding tot wetenskaplike navorsing. Beplanning en voorbereiding van ‘n navorsingsprojek. Verskillende navorsingsmetodes.
Module-inhoud:
Inleiding tot volhoubare ontwikkeling en algemene volhoubare konstruksiebeginsels, -prosesse en -tegnologie. Volhoubare praktyke op die konstruksieterrein. Toepaslike regulasies en vrywillige programme, insluitende ‘n inleiding tot ‘Green Star’ gradering.Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App