Code | Faculty |
---|---|
12242018 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 152 |
Dr AHG van Heerden [email protected] | +27 (0)124204150 |
Dit word aanbeveel dat 'n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds by ’n geskikte werkgewer in die bou-/konstruksiebedryf werksaam sal wees. Daar sal van die student verwag word om ’n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.
Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.
Die toelatingsvereistes moet saam met die voorwaardes soos uiteengesit in die Algemene Regulasies gelees word.
Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.
Ten einde tot die eksamen in ’n betrokke module toegelaat te word, word ’n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op ’n betrokke module.
Hereksamens
Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Spesiale eksamens
Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).
Minimum krediete: 152
Module-inhoud:
Oorsig van faktore wat die uitvoerbaarheid van voorgenome eiendomsontwikkelings beïnvloed, insluitende ’n kort inleiding tot stadsbeplannings-, waardasie-, finansiële-, bemarking- en beleggingsbeginsels.Module-inhoud:
Gedetailleerde finansiële lewensvatbaarheidstudies van verskillende tipes eiendomsontwikkelings; waardebestuur en lewenssikluskoste.
Module-inhoud:
Die opstel van begrotings, kontantvloeiskedules, analiese van finansiële state konstruksie finansiële bestuur, berekeninge en rekeningkunde.
Module-inhoud:
Operasionele bestuurstegnieke, produktiwiteit, werkstudie en die invloed op prysvasstelling. Konstruksieprogrammeringstegnieke.
Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuur. 'n Erkende sertifikaat in noodhulp moet verwerf word voordat hierdie module toegeken kan word.
Module-inhoud:
‘n Skripsie waarvan die onderwerp deur die departementshoof goedgekeur is, moet gedurende die finale studiejaar ingedien word.Module-inhoud:
Entrepreneurskap, strategiese bestuur en bemarking. Besigheidsetiek.Module-inhoud:
Kontrakreg en deliktereg – ‘n oorsig; ontwikkeling van bouooreenkomste in Suid-Afrika; GBK hoofbouooreenkoms en benoemde/geselekteerde onderaannemersoorenkomste: interpretasie, versekering en sekuriteit, uitvoering, voltooiing, betaling, suspensie, en kansellasie, dispuutbeslegting; GBK Kleinwerke-ooreenkoms; gevallestudies.
Module-inhoud:
Toepassing en terminologie van CIDB geëndosserde standaard kontrakte, behalwe JBCC (GCC, NEC en FIDIC); gevallestudies. Alternatiewe dispuutskikking: bemiddeling, beoordeling en arbitrasie; litigasie - 'n oorsig; deliktereg; verwaarlosing en skade aan eiendom.
Module-inhoud:
Inleiding tot projekbestuur in die bou- en eiendomsbedrywe. Sleutelprosesse, kennisgebiede en tegnieke word behandel.Module-inhoud:
Voorbereidsels en die pryswerk daarvan, verskillende tipes hoeveelheidslyste, tendersamestelling, ekonomiese ontwerp, boukosteramings, ontleding van boukoste, berekening van professionele gelde. Praktiese kontrakteursadministrasie en interne en eksterne kostebestuur. Wet op Projek- en Konstruksie Bestuurs Professie. Wet op Raad vir die Bou-Omgewing, Wet op Konstruksie Industrie Ontwikkelingsraad. Geotegniese en siviele ingenieurswerke.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App