Code | Faculty |
---|---|
12242017 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 158 |
Dr DJ Hoffman [email protected] | +27 (0)124202551 |
Dit word verwag dat ’n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds in die kantoor van ’n geregistreerde bourekenaar werksaam sal wees met werk wat aan die vereistes vir registrasie ooreenkomstig die Wet op die Bourekenaarsprofessie voldoen. Daar sal van die student verwag word om ‘n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.
Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.
'n Persoon mag nie as 'n kandidaat vir die graad toegelaat word nie, tensy hy of sy:
Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.
Ten einde tot die eksamen in ’n betrokke module toegelaat te word, word ’n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op ’n betrokke module.
Hereksamens
Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
pesiale eksamens
Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Voldoening aan graadvereistes
Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).
Minimum krediete: 158
Module-inhoud:
Beraming van boukoste – beginsels en proses; elemente van ‘n prys; rowwe hoeveelhede en inbegrepe hoeveelhede (elementele- en bouershoeveelhede) vir beramingsdoeleindes; beramingsmetodes; prysbereking van verskillende ambagte en voorbereidsels; ontleding van boukoste; boukoste-eskalasie; ontwerpkostebestuur.Module-inhoud:
Konstruksieverkrygingsriglyne; standaarde van eenvormigheid; kontrakadministrasie; projekadministrasie; aanstellingsvoorwaardes en gelderekeninge; konsortiums; tender vir professionele dienste; professionele aanspreeklikheid; Publieke Private Vennootskappe; Wet op die Bourekenaarsprofessie; Wet op die Bou-omgewing; Wet op CIDB. Wet op Konstruksie Industrie Ontwikkelingsraad, Wet op Publieke Finansiële bestuur, Wet op Munisipale Finansiële bestuur en Wet op Voorkeur Verkrygingsbeleid.Module-inhoud:
‘n Skripsie waarvan die onderwerp deur die departementshoof goedgekeur is, moet gedurende die finale studiejaar ingedien word.Module-inhoud:
'n Studie van effektiewe besigheidsbestuur met verwysing na verskeie organitoriese funksies. Aandag word gegee aan die bou-omgewing praktisyns binne die konteks.
Module-inhoud:
Oorsig van faktore wat die uitvoerbaarheid van voorgenome eiendomsontwikkelings beïnvloed, insluitende ’n kort inleiding tot stadsbeplannings-, waardasie-, finansiële-, bemarking- en beleggingsbeginsels.Module-inhoud:
Gedetailleerde finansiële lewensvatbaarheidstudies van verskillende tipes eiendomsontwikkelings; waardebestuur en lewenssikluskoste.
Module-inhoud:
Opmeet van slopings, verbouings, gevorderde grondwerk en meganiese dienste. Voorbereidsels, tipes hoeveelheidslyste en samestelling van hoeveelheidslyste insluitende die toepassing van die verkrygingsvoorskrifte van die Konstruksie Industrie Ontwikkelings Raad in die Openbare Sektor. Geotegniese en siviele ingenieurswerke.
Module-inhoud:
Operasionele bestuurstegnieke, produktiwiteit, werkstudie en die invloed op prysvasstelling. Konstruksieprogrammeringstegnieke.
Module-inhoud:
Kontrakreg en deliktereg – ‘n oorsig; ontwikkeling van bouooreenkomste in Suid-Afrika; GBK hoofbouooreenkoms en benoemde/geselekteerde onderaannemersoorenkomste: interpretasie, versekering en sekuriteit, uitvoering, voltooiing, betaling, suspensie, en kansellasie, dispuutbeslegting; GBK Kleinwerke-ooreenkoms; gevallestudies.
Module-inhoud:
Toepassing en terminologie van CIDB geëndosserde standaard kontrakte, behalwe JBCC (GCC, NEC en FIDIC); gevallestudies. Alternatiewe dispuutskikking: bemiddeling, beoordeling en arbitrasie; litigasie - 'n oorsig; deliktereg; verwaarlosing en skade aan eiendom.
Module-inhoud:
Inleiding tot projekbestuur in die bou- en eiendomsbedrywe. Sleutelprosesse, kennisgebiede en tegnieke word behandel.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App