Jaarboeke

Program: BConSc Gasvryheidsbestuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02130109 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 529

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.
Minimum vereistes 
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level

5

3 C C 4 3 D D 28
 

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student wat nie al die modules van ’n betrokke studiejaar geslaag het nie, moet eers vir die ontbrekende modules registreer. Met goedkeuring van die departementshoof mag modules van die volgende studiejaar vooruit geneem word, mits daar geen roosterbotsings is nie, aan al die vereistes en voorvereistes voldoen is en nie meer as ’n toegelate aantal krediete per semester geneem word nie. By berekening van die toelaatbare aantal krediete, geld die krediete van die semester waarvan daar modules herhaal moet word, as riglyn.

  1. 'n Student registreer as ’n tweedejaarstudent wanneer minstens 80% van die eerste jaar se modulekrediete geslaag is.
  2. 'n Student registreer as derdejaarstudent wanneer minstens 85% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.
  3. 'n Student registreer as ’n vierdejaarstudent wanneer minstens 95% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

 

.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:
’n Kombinasie van modules gelykstaande aan ses semestermodules:

  • Toerismebestuur 310
  • Voedselnavorsingsprojek 480
  • Grootskaalse voedselproduksie en restaurantbestuur 322
  • Resepontwikkeling en -standaardisering 413
  • Fyn kookkuns 414, 424
  • Voedseldiensbestuur 420

Minimum krediete: 128

Minimum krediete:

Fundamenteel   = 12 

Kern                 = 116 Krediete

Addisionele inligting:

Studente wat nie kwalifiseer vir AIM 102 nie, moet vir AIM 111 en AIM 121 registreer.

Studente wat nie kwalifiseer vir STK110 nie, moet vir STK113 en STK123 registreer

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Introduction (terminology and anatomical orientation); chemical principles; cytology and histology; neuro-physiology and the senses; haematology and body fluids; cardiovascular system.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en ontwikkeling van entrepreneurskap; die individuele entrepreneur en karaktereienskappe van Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Kreatiwiteit en innovasie, die ontdekking en ontginning van ? geleentheid. Die sakeplan en hulpbronvereistes word ontleed. Die begin van die onderneming (“start up”). Ondersoek die verskillende weë/roetes na entrepreneurskap. Toetrede tot familie-ondernemings; die aanskaf van ‘n konsessie (“franchise”); tuisgebaseerde onderneming en die besigheidsoorname. Hierdie semester dek ook hoe entrepreneurs netwerking kan bewerkstellig en ondersteuning vind in hulle omgewing. Gevallestudies van suksesvolle entrepreneurs - ook Suid- Afrikaanse entrepreneurs - word bestudeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module 1: Basiese voedselbereiding en voedselbereidingstegnieke. Mise en place, Weeg- en meettegnieke, toerusting en terminologie soos toegepas in voedselbereiding. Geskiedenis van die voedseldiens industrie en hedendaagse sjefs. Basiese voedselkwaliteitskontrole. Module 2:Voedselvoorbereiding beginsels van aftreksels, soppe en souse

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en funksie van rekeningkunde; die ontwikkeling van rekeningkunde; finansiële toestand; finansiële prestasie; die boekstawingsproses; verwerking van rekeningkundige data; elementêre inkomstestaat en balansstaat; dokumentevloei; rekeningkundige stelsels; inleiding tot interne beheer en interne beheermaatreëls; bankrekonsiliasies; kontrolerekeninge; aansuiwerings; opstel van finale state van 'n eenmansaak; die rekeningkundige raamwerk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die elemente en beginsels van ontwerp soos toegepas in die interieur en kledingontwerp en in voedselbereiding. Kleurteorieë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf. 
    Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
    Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beskrywende statistiek:
    Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding.  Waarskynlikheidsleer en inferensie:
    Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings.  Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Eiendom, aanleg en toerusting; ontasbare bates; voorraad; laste; aanbieding van finansiële state; ondernemings sonder winsoogmerk; vennootskappe; maatskappye; beslote korporasies; kontantvloeistate; ontleding en vertolking van finansiële state.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Respiratory system; nutrition; digestion and metabolism; kidneys and acid-base equilibrium; endocrinology; reproduction physiology and reproduction; skin and body temperatures.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module 1: Basiese voedselbereiding en voedselbereidingstegnieke. Mise en place, Weeg- en meettegnieke, toerusting en terminologie soos toegepas in voedselbereiding. Basiese voedselkwaliteitskontrole. Module 2:Voedselvoorbereiding beginsels vanstysels en grane.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Begroting, salarisverantwoording, belasting – inkomstebelasting en ‘n inleiding tot ander soorte belasting, krediet en die nuwe Kredietwet, versekering, verantwoording van voorraad (klem op voorraad en die rekeningkundige inskrywings, nie berekeninge nie), vertolking van finansiële state.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.

    Sien meer

Minimum krediete: 128

Minimum krediete:

Kern    =  128 

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Module 1: Die studie van verskillende voedselsisteme in voedselbereiding. Fisiese en chemiese eienskappe van voedsel en die invloed van die samestelling in voedselbereiding. Module 2: Basiese bereidingsmetodes van die volgende: vleis, pluimvee, vis, peule, eiers en melk, stysels, grane; gebak (die hele spektrum); rysmiddels. Module 3: Die invloed van kultuur op eetgewoontes, voedselkeuses en cuisines. Die bestudering van die cuisines van geselekteerde Afrika-, Europese en Oosterse lande.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verbruikersbesluitneming en verbruikersosialisering; faktore wat verbruikerstevredenheid bepaal. Verbruikersopleiding ; ontwikkelling van verbruikersvaardighede. Bestedingspatrone van die diverse Suid-Afrikaanse verbruikersmark en diverse markkontekste. Verbruikerswese Globalisering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese beginsels van die kontraktereg; koopreg; kredietooreenkomste, huurreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Projekbestuur: Inleiding. Konsepte van projekbestuur; behoefte-identifisering; die projek, projekbestuurder en projekspan; soorte projekorganisasies; projekkommunikasie en -dokumentasie. Beplanning en beheer: beplanning, skedulering en skedulebeheer van projekte; hulpbronoorwegings en toedeling; kostebeplanning en prestasie-evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Logistieke bestuur Die rol van logistiek in 'n onderneming; omskrywing en omvang van klantediens; elektroniese en ander logistieke inligtingstelsels; voorraadbestuur en materiaalbestuur met besondere verwysing na Japannese stelsels; bestuur van die voorsieningsketting. Vervoermetodes en vervoerkoste; soorte opberging en die koste daarvan; elektroniese hulpmiddels by materiaalhantering; koste en prysbepaling by aankope; organisering vir logistieke bestuur en metodes om logistieke werkverrigting te verbeter.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teoretiese onderbou van Arbeidsverhoudinge Die basiese begrippe, historiese konteks en teoretiese benaderings tot die vakgebied van Arbeidsverhoudinge word toegelig. Die institusionele raamwerk waarbinne arbeidsverhoudinge bedryf word, word uiteengesit met besondere klem op die strukturele meganismes en institusionele prosesse. Die diensverhouding wat die grondslag van 'n arbeidsvehoudingepraktyk vorm, word ook ontleed. Arbeidsverhoudingepraktyk In hierdie afdeling word konseptuele en praktiese vaardighede deur ervaringsleer oorgedra ten opsigte van praktyksaspekte soos griewehantering, dissiplinering, verskraling, kollektiewe bedinging, nywerheidsaksie en geskilbeslegting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module 1: Die studie van verskillende voedselsisteme in voedselbereiding. Fisiese en chemiese eienskappe van voedsel en die invloed van die samestelling in voedselbereiding. Module 2: Basiese bereidingsmetodes van die volgende: soppe en souse; vrugte en groente; slaaie; bevrore nageregte; gelatine. Module 3: Oorsprong en ontwikkeling van eetgewoontes; faktore wat eetgewoontes en keuses beïnvloed; dinamika van eetgewoontes. Invloed van godsdiens op eetgewoontes. Eetgewoontes van verskillende etniese groepe.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.

    Sien meer

Minimum krediete: 143

Minimum krediete:

Kern    =  143 

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Beplanning en uitleg van voedseldienseenhede. Keuse en aankoop van grootskaalse apparaat en toerusting. Higiëne en veiligheid in voedseldienste. Bestuursbeginsels soos van toepassing op voedseldiensstelsels. Menslikehulpbronbestuur in voedseldiens-eenhede. Finansiële bestuur in voedseldienste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die studie van nutriënte en water met betrekking tot die chemiese samestelling, eienskappe, basiese vertering, absorpsie, metabolisme, funksies, voedselbronne en gebreksimptome en toksistisiteit. Energiemetabolisme. Dieetaanbevelings en -riglyne, dieetgidse en maaltydbeplanning. Die gebruik en toepassing van voedselsamestellingtabelle in dieetontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die rol van bemarkingsnavorsing, die proses van bemarkingsnavorsing, vertolking van sekondêre data, kwalitatiewe navorsing, opnamenavorsing, waarneming, meting- en houdingskale, vraelysontwerp, steekproefontwerp en steekproefprosedures, basiese dataontleding, beskrywende statistiese ontleding, vertolking en verslagdoening van bevindinge en skryf van verslae.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module 1 en Praktiese werk: Beginsels van grootskaalse voedselbereiding en die praktiese toepassing daarvan in ’n praktiese restaurantsituasie. Restaurantbestuur. Resepformate en toepaslike aanpassings vir grootskaalse voedselbereiding. Werkskedulering en praktiese blootstelling aan die gebruik van grootskaalse toerusting in die praktyk. Module 2: Spyskaartbeplanning vir verskillende voedseldienssisteme en voedseldiensstyle. Module 3: Grootskaalse voedselverkryging, -verbruik en -berging. Praktiese component: Beginsels van grootskaalse voedselvoorbereiding en die praktiese toepassing daarvan in ‘n praktiese restaurant konteks. Resep standardisering en aanpassing vir grootskaalse voedelvoorbereiding. Werkskedulering en die praktiese blootstelling aan grooskaalse kombuis apparaat in ‘n werklike opset.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die rol van voeding in die lewensiklus van die mens. Die rol van voeding in die voorkoming van lewenstylverwante siektes - osteoperose, kanker, koronêre hartvatsiektes, tandbederf. Vegetarisme. Verskillende toestande van wanvoeding. (Proteïen-energie-wanvoeding en vetsug).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot estetika. Die wisselwerking tussen die omgewing en verbruikers se estetiese ervaring. Handerlsware voostelling: basiese komponente, hulpmiddels en tegnieke; beplanning in kleding-, interieur- en voedselklein-handelomgewings

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Module 1: Algemeneanatonomie en morfologie van bakterieë, viruses en swamme. Basiese voedingsbehoeftes van mikro-organismes en die invloed van omgewingsfatore op groei van microbes. Mikro-organismes as noodsaaklike komponenete van eksoefere: plant-, water-, en grond-ekosisteme. Voedselbederf, voedselvergiftiging en preservering van voedsel deur miro-organismes. Basiese beginsels van ontsmetting, steralisasie en beheer van microbes; tegnieke vir onderdrukking van microbe-groei; steralisasie deur gebruik te maak van hitte, bestraling, filtrasie, chemikalieë, vermindering van getalle. Module 2: voedselveiligheid vanuit n’n leinhandel, kommersiële en institusionele benadering. Veiligheids aspekte met betrekking tot voedsel en voedselpordukte. Beginsels van voedselveiligheid en voedsel hygiene,; aanvaarde vervaardigings-praktyke; HACCP en risiko analise; werknemer veiligheid, hygiene en veiligheid; Verbruikersregte en beskerming, beroepsgesondheid en veiligheid; gesondheis en voedsel wetgewing in Suid-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module introduces tourism management from a systems perspective, covering tourism demand and supply as well as the functional and physical links between demand and supply. The environment in which tourism operates is also presented. The sectors within the tourism industry are introduced and special attention is given to hospitality management where the operational and management functions of the "guest cycle" are covered. The policies, principles and procedures relating to the financial operations and management in hospitality establishments are also discussed in this module.

    Sien meer

Minimum krediete: 130

Minimum krediete:

Kern    =  130 

Addisionele inligting:

OPI 400: (Praktykopleiding in die industrie): Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en nauurs, ’n totaal van 480 ure praktyk-opleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel,deel te neem aan gemeenskapsontwikkeling en diensleer te verskaf. Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar vir die eerste tot derdejaar en 6 weke x 40 in die vierdejaar om die geleentheidsbestuur ure in te sluit, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie opleiding moet suksesvol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.

Let wel: Verskeie praktiese en industrie-interaksie aktiwiteite ondersteun die teoretiese komponent van TBE 220, 310 asook VDS 322, VDS 414 & VDS 424 en vind plaas na-ure om praktiese en industrievaardighede te ontwikkel.

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die professionele voedseldiensbestuurder se rolle, verantwoordelikhede en eienskappe. Leierskap- en bestuurstyle van toepassing in voedseldienstelsels. Professionaliteit en etiek. Gevorderde voedseldiensstelsel- en produksiebestuurtegnieke en opleidings-fasilitering. Bemarking van voedseldienste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Resepontwikkelingsproses en ontwikkeling van geskikte resepte vir ‘n gegewe situasie. Teorie van voedselprodukontwikkeling. Standaardisasie van resepte. Voedselstilering en voedselfotografie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en na-uurs, ’n totaal van 480 ure praktykopleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel,deelname aan gemeenskaps ontwikkeling en diensleer verskaf. Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie "krediete" sluit bewys in van praktykopleiding,diensleer en gemeenskapsontwikkeling gedurende die vier jaar van die graadprogram en moet suksesvol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.Let wel: Hierdie praktiese en industrie aktiwiteite ondersteun die teoretiese komponente van VDS 322, 413, 414, 417, 424, 427, FST 412 en TBE 311 (soos van toepasssing op die onderskeie Verbruikerswetenskappgramme) en vind na-ure plaas ten einde praktiese en industrie vaardighede te ontwikkel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde voedselbereidings- en aanbiedingstegnieke. Geleentheids- en banket-beplanning.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie. Beplanning, uitvoering en rapportering van 'n navorsingsprojeck in kledingkleinhandelbestuur; voedselkleinhandelnestuur of gasvryheidbestuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde voedselbereiding- en aanbiedingstegnieke van voedselgeregte. Geleentheid- en banketbeplanning.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences