Code | Faculty |
---|---|
10220012 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Die program strek oor een akademiese jaar en word in vier blokke aangebied. (Die aantal blokke en duur kan na oorlegpleging tussen die dosente en studente aangepas word.)
Let wel: Aangesien die program elke tweede jaar aangebied word, moet die aanvang van studie in oorleg met die departementshoof uitgeklaar word.
(i) Slaagvereistes
In die geval van ’n skriftelike en mondelinge/praktiese eksamen word ’n subminimum van 50% in elk van die skriftelike en mondelinge/praktiese gedeeltes van die eksamen vereis, met ’n finale punt (deurlopende evalueringspunt en eksamenpunt) van minstens 50% om in die betrokke module te kan slaag.
(ii) Eksamentoelating
Voorafgaande tot die eksamen moet studente alle praktika bywoon en alle opdragte indien om toelating tot die eksamen te kry.
(iii) Tweede eksamengeleentheid
Die datum van aflegging van enige tweede ekamens wat verleen is, word in oorleg met die departementshoof gereël: Met dien verstande dat dit nie later as die volgende eksamenperiode sal plaasvind nie.
Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat minstens 75% in (ADM) Gevorderde kliniese hantering in handterapie 701, en ’n gemiddelde van minstens 75% in die ander modules behaal het.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Biomeganika van die boonste ledemaat en versteuring daarvan; die biomeganika van spalke. Omgewingsfaktore wat effektiewe postuur en handgrepe verseker; verhouding tussen die mens en sy omgewing; versteuring van hierdie verhouding.
Module-inhoud:
Study and application of:
Module-inhoud:
Fisiologie van die integrasie van handfunksie; breinplastisiteit; pyn. Regenerasie van vel, been-, spier- en senuweeweefsel; infeksie; inflammasie.
Module-inhoud:
Volledige samevatting van alle Anatomiemodules op nagraadse vlak is gepubliseer in die Studiehandleiding vir Nagraadse Anatomiekursusse wat op aanvraag by die Departement Anatomie beskikbaar is.
Module-inhoud:
Gevorderde studie van handbeserings en -toestande en die hantering daarvan. Die ontwerp en toepassing van behandelingsprogramme in kliniese praktyk. Studie en toepassing van evaluasiemetodes en -instrumente.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App