Jaarboeke

Program: MA Kreatiewe Skryfkuns

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250006 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof D Medalie
[email protected]
+27 (0)124202716

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Januarie.

Toelatingsvereistes

  • 'n Honneursgraad of enige goedgekeurde vierjarige graad.

 

Addisionele vereistes

Keuring van studente vind plaas. 'n Portefeulje kreatiewe werk moet aan die Hoof, Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns voorgelê word.

Ander programspesifieke inligting

  1. ’n Student moet vir minstens een akademiese jaar onder die leiding van ’n studie-leier werk.
  2. ’n Student wat nie die vereistes vir die graad tydens die tweede akademiese jaar nakom nie, moet toestemming van die Direkteur/Dekaan verkry vir elke daarop­volgende jaar van registrasie.

Minimum krediete: 180

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die verhandeling moet bewys lewer van kreatiewe prestasie in een van die genres van
    • poësie (insluitende liedtekste vir musiekdramas of kabaret),
    • drama (insluitende musiekdrama/musiekteater, draaiboekskryf en radio-/TV-drama),
    • prosa (fiksie),
    • prosa (kreatiewe niefiksie: biografie of outobiografie), of
    • literêre vertaling/oorvertelling.
    Dit moet ‘n volledige werk of stel korter werke wees en behoort in wese die ekwivalent te wees van ten minste (in fiksie) kort roman of versameling kortverhale, of (in poësie) ‘n bundelgrootte versameling gedigte, of (in drama) vollengte drama of versameling van ten minste drie eenbedryfdramas. Die verhandeling moet dan bestaan uit ‘n substansiële stuk kreatiewe skryfwerk, vergesel van teoretiese gedeelte (verhandeling van beperkte omvang) waarin die kandidaat rekenskap gee van kontekste en invloede, en/of van die ontstaansproses en hersiening wat plaasgevind het tydens die produksie van die kreatiewe teks, en/of van teoretiese aspekte (bv tekstuele en intertekstuele strategieë) van die werk. Hierdie afdeling bedra 50% van die finale punt.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences