Jaarboeke

Program: BAHons Sport- en Vryetydstudies Sport- en Rekreasiebestuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240515 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof A Goslin
[email protected]
+27 (0)124206043

Toelatingsvereistes

  • 'n Baccalaureusgraad met Menslike Bewegingskunde, Sport- en Vryetydstudies of Sportwetenskappe as hoofvak (of gelykwaardige graad onderworpe aan die goedkeuring van die departementshoof en met goedkeuring van die Senaat).

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die module gebruik Thomas, JR, Nelson, JK, en Silverman, SJ, 2010, se boek, Research Methods in Physical Activity, as basis vir navorsing in sport en rekreasie. Die module se onderafdelings is kwalitatiewe navorsing; kwantitatiewe navorsing; statistiek. Deur middel van 'n navorsingsvoorstel, skripsie en teoretiese eksamen en 'n navorsingsprojek-voordrag, kry studente die geleentheid om hulself in die vak te bewys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek die verwantskap tussen sport- en rekreasieaktiwiteite en toerisme. Die rol van rekreasie en sport in die ontwikkeling van toerisme word verduidelik. Die multidimensionele impak van sport en rekreasie as toerismeaktiwiteite op gemeenskappe word vanuit ’n sportbestuurs-perspektief sowel as ’n byeenkomsbestuurperspektief ondersoek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van visionêre rekreasiebestuur, entrepreneurskap, mannekragbestuur en bemarking word in die sport- en rekreasie-industrie toegepas. (1 uur kontaktyd per week met werksopdragte vir die volgende week.)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Filosofie van sport en rekreasie ondersoek die volgende temas: Inleiding tot die filosofie van sport en rekreasie. Die geskiedenis en basiese filosofiese beginsels van sport en rekreasie. Filosofiese benaderings tot sport en rekreasiebestuur. Die toekoms en beroepsgeleenthede binne sport en rekreasie in die 21ste eeu. Sportmanskap. Sport en etiek. Sport en chemiese prestasiemiddels. Sport en tegnologie. ''Liggaamlikheid'' in sport en rekreasie. Spel en sport.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die bestuur van die natuurlike omgewing met betrekking tot sport- en rekreasieverbruik word verklaar. Fasiliteitsbestuur as kardinale opdrag van die sport- en rekreasiebestuurder word volledig bestudeer. Sporttoerisme as groeiende komponent van die industrie word ook aangeraak vanuit ruimtelike bestuursoogpunt. (1 uur kontaktyd per week met werksopdragte vir die volgende week.)

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences