Code | Faculty |
---|---|
07131173 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 365 |
Prof LP Malan [email protected] | +27 (0)124202063 |
Hierdie program is gerig op die studie van Publieke Administrasie wat die kandidaat sal toerus vir ’n loopbaan in die breë openbare sektor. Kandidate sal dieptekennis verwerf oor bepaalde administratiewe en bestuurspraktyke in die Suid-Afrikaanse asook internasionale openbare sektore. Klem word geplaas op die drie sfere van regering met verwysing na aspekte soos hulpbronbestuur, internasionale administrasie en bestuur, beleid, verantwoordingdoening en etiek, die rol van die staat, tussenregerings-verhoudinge en administratiewe regspleging.
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
Die program word slegs in Engels aangebied. Studente kan nie toegelaat word tot ‘n BCom-graad via ‘n BAdmin-graad indien hulle nie aan die toelatingsvereistes vir ‘n BCom-graad voldoen nie.
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | Wiskunde | 3 | D | D | 28 |
Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
# FRK 122 is ’n eindmodule. Indien FRK 122 gekies word, sal ’n kandidaat nie met Finansiële rekeningkunde op 200- en 300-vlak kan voortgaan nie.
(1) OBS 310 mag nie saam met BDO 319, 329 vir graaddoelendes geneem word nie.
(2) ADR 310 geld slegs as keusemodule op 200-vlak; nie as 300-vlak module nie.
(3) ABR 311 en ABV 320 kan in die leergang as keusemodules op 200-vlak gekies word, met die voorbehoud dat dit inpas op die klas-, toets- en eksamenrooster.
(4) STL en IPL het nie modules op jaarvlak 1 nie, maar volg op PTO 111 en PTO 120.
Let wel: Kandidate wat nie Graad 12-Wiskunde met minstens 4 (50-59%) geslaag het nie, of wat nie in Statistiek 113, 123 geslaag het nie, mag nie EKN 120, 214, 234, 310, 320 en STK 110, 120 volg nie. Verwys ook na die fakulteitvoorvereistes vir die modules.
Spesialiseringsmodules: PAD 312, 322
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Minimum krediete: 130
Module-inhoud:
This module intends to equip students with the competence in reading and writing required in the four high impact modules: Business Management, Financial Accounting, Statistics and Economics. Students will also be equipped to interpret and draw figures and graphs and to do computations and manage relevant formulas. During Semester 1 students engage with the online computer program MyFoundationsLab individually in a flexible learning environment, and during Semester 2 they attend the scheduled contact sessions and do the coursework. This module is offered by the Faculty of Humanities.
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Grondslae van politiek ’n Inleiding tot die bestudering van die georganiseerde politieke samelewing op nasionale en internasionale vlak met spesifieke verwysing na politieke konsepte, benaderings en metodes. Die klem val op die staat en regeerkunde as ontledingsraamwerke. Dit sluit die ontwikkeling en vergelyking van verwante politieke entiteite, prosesse en regime-tipes van ’n demokratiese en niedemokratiese aard in, inaggenome die belangrikste veranderinge wat deur globalisering veroorsaak word.Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Inleiding tot die bedryf- en organisasiesielkunde
’n Inleiding tot die verskillende denkskole van die sielkunde word gegee met spesiale klem op bedryf- en organisasiesielkunde en laasgenoemde se toepassingsvelde. Die basiese beginsels in die wetenskaplike sistematisering van bedryfsielkundige kennis word bespreek. Die biologiese basis van gedrag word behandel ten einde die grondslag te lê vir die toepassing van ergonomiese beginsels.
Individuele prosesse
In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na aspekte soos vorm-, diepte-, afstand- en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf- en organisasiesielkunde.
Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Samewerking in die politieke wêreld ’n Inleiding tot samewerking op nasionale en internasionale vlak met spesifieke verwysing na die aard, grondslae en politiek van samewerking. Dit sluit ’n analise en vergelyking in van die politisering, lokalisering en internasionalisering van vraagstukke, en van die probleme op nasionale, regionale en globale vlak rakende samewerking in ’n toenemend interafhanklike wêreld gekenmerk deur ’n afwesigheid van supranasionale instellings. Aandag word ook gegee aan die verbandhoudende dinamiek van regime-ontwikkeling, -prestasie en -verandering.Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die rol van publieke administrasie in die moderne staat, die unieke kenmerke van publieke administrasie, die skole en benaderings in publieke administrasie en inleidende inligting in die onderskeie generiese administratiewe funksies. Die dissipline van publieke administrasie het vinnig ontwikkel en by implikasie, die paradigma verskuif oor die jare. Die doelwit van hierdie module is om publieke administrasie inleidend aan die student bekend te maak as ‘n veld van studie wat ‘n betekenisvolle bydrae tot die effektiewe administrasie en bestuur van owerheidswerksaamhede maak.Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie bied inleidend die konstitusionele raamwerk met betrekking tot publieke administrasie. Die Suid-Afrikaanse stelsel van regering, die funksies, rol en magte van die uitvoerende gesag, die wetgewende en juridiese gesag sowel as die funksionering van die drieledige sfere van die owerheid. Die module sal die student in staat stel om te verstaan hoe en waar publieke administrasie toegepas word.Module-inhoud:
Afrikaans vir sprekers van ander tale (1) *No mother tongue speakers of Afrikaans will be allowed to take this module. A subject for advanced learners of Afrikaans. A basic knowledge of Afrikaans grammar and listening, reading, writing and speaking skills are required.Module-inhoud:
Die aard en funksie van rekeningkunde; die ontwikkeling van rekeningkunde; finansiële toestand; finansiële prestasie; die boekstawingsproses; verwerking van rekeningkundige data; elementêre inkomstestaat en balansstaat; dokumentevloei; rekeningkundige stelsels; inleiding tot interne beheer en interne beheermaatreëls; bankrekonsiliasies; kontrolerekeninge; aansuiwerings; opstel van finale state van 'n eenmansaak; die rekeningkundige raamwerk.Module-inhoud:
Die aard en ontwikkeling van entrepreneurskap; die individuele entrepreneur en karaktereienskappe van Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Kreatiwiteit en innovasie, die ontdekking en ontginning van ? geleentheid. Die sakeplan en hulpbronvereistes word ontleed. Die begin van die onderneming (“start up”). Ondersoek die verskillende weë/roetes na entrepreneurskap. Toetrede tot familie-ondernemings; die aanskaf van ‘n konsessie (“franchise”); tuisgebaseerde onderneming en die besigheidsoorname. Hierdie semester dek ook hoe entrepreneurs netwerking kan bewerkstellig en ondersteuning vind in hulle omgewing. Gevallestudies van suksesvolle entrepreneurs - ook Suid- Afrikaanse entrepreneurs - word bestudeer.
Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama
Module-inhoud:
STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110. Databewerkings en transformasies: Inleidende begrippe: die rol van statistiek, verskillende tipes data en die getallestelsel. Begrippe onderliggend aan lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese transformasies van kwantitatiewe data, grafiese voorstellings, oplossing van vergelykings en interpretasie. Bepaling van lineêre vergelykings in praktiese situasies. Eienskappe van logaritmiese funksies. Die verwantskap tussen die eksponensiële en logaritmiese funksies in ekonomiese en verwante probleme. Stelsels van vergelyking in ewewig. Addisionele begrippe van belang by dataverwerking, funksies en inverse funksies, sigma-notasie, faktoriaalnotasie, rye en reekse, ongelykhede (streng, swak, absoluut, voorwaardelik en dubbele) en absolute waardes. Beskrywende statistiek – Eenvariant: Steekproefneming en die insameling van data, frekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Inleidende waarskynlikheidsleer. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke. Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.
Module-inhoud:
Eiendom, aanleg en toerusting; ontasbare bates; voorraad; laste; aanbieding van finansiële state; ondernemings sonder winsoogmerk; vennootskappe; maatskappye; beslote korporasies; kontantvloeistate; ontleding en vertolking van finansiële state.Module-inhoud:
Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf.
Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
Module-inhoud:
*STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110.
Optimeringstegnieke met ekonomiese toepassings:
Datatransformasies en verwantskappe met ekonomiese toepassings: bewerkings en reëls, lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese funksies, stelsels van vergelykings in ewewig, stelsels van lineêre ongelykhede, oplossing van lineêre programmeringsprobleme met behulp van die grafiese en hoekpuntmetodes. Toepassings van differensiasie en integrasie in statisties- en ekonomiesverwante probleme: die limiet van ‘n funksie, kontinuïteit, veranderingstempo, die afgeleide van ‘n funksie, differensiasiereëls, hoërorde- afgeleides, optimeringstegnieke, die oppervlakte onder ‘n kromme en toepassings van bepaalde integrale.
Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproefverhoudings (een- en twee-steekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.
Minimum krediete: 143
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Ontwikkeling en persoonlikheid
Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike ontwikkeling word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks. Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aan die kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid; persoonlikheid as gedragsbepaler en die ontwikkeling en instandhouding van die selfkonsep. Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en -assessering.
Mens in interaksie
Hierdie tema handel oor sekere kernaspekte van menslike interaksie.
Hierdie aspekte behoort geken en begryp te word deur aspirant menslike hulpbronbestuurpraktisyns en Bedryfsielkundiges, aangesien hulle erken word as menslike gedragskundiges in die werkomgewing, wie werkgewers/organisasies kan help om die prestasies, produktiwiteit en die welstand van menslike hulpbronne te bevorder. Effektiewe menslike interaksie speel ‘n kernbelangrike rol in die werkomgewing. Dus behandel hierdie module aspekte soos die selfkonsep, sosiale rolle, sosiale waarneming, tydstrukturering en –bestuur, motivering en frustrasie, asook sielkundige aanpassings – en verdedigingsmeganismes en hoe dit verband hou met menslike interaksie oor die algemeen en met verwysing na die werkomgewing. Beide teorie en praktiese implikasies word gedek.
Module-inhoud:
Hierdie module in die funksies van die publieke administrasie verskaf ‘n in-diepte ontleding van die generiese administratiewe funksies, insluitend beleidbepaling, organisering, finansiering, personeelvoorsiening en -benutting en beheer. Studente sal derhalwe toegerus word met kennis en vaardighede wat verband hou met die owerheid se strategiese beplanning, beleidbepaling en besluitneming, begroting, aankope, menslikehulpbronbestuurfunksies en indiensnemingswetgewing wat ‘n invloed op menslike hulpbronne binne organisasies het.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Module content will be adapted in accordance with the appropriate degree programme. Only one of KOB 281– 284 may be taken as a module where necessary for a programme.
Applied business communication skills
Acquiring basic business communication skills will enhance the capabilities of employees, managers and leaders in the business environment. An overview of applied skills on the intrapersonal, dyadic, interpersonal, group (team), organisational, public and mass communication contexts is provided. The practical part of the module (for example, the writing of business reports and presentation skills) concentrates on the performance dimensions of these skills as applied to particular professions.
Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van publieke administrasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.Module-inhoud:
Bestuurskommunikasie Gebaseer op die paradigma van Geïntegreerde Kommunikasie (GK), dek hierdie module bestuurskommunikasieteorie, leierskap- en toesighouerkommunikasie, sowel as die bestuur van verandering en transformasie deur kommunikasie. Bestuurskommunikasie in die globale arena fokus op die dinamika en viering van diversiteit en interkulturele verhoudings. Bestuurders moet kennis neem van die belangrikheid van ontwikkelingskommunikasie, beide in 'n besigheids- en gemeenskapskonteks. Die belangrikheid van etiese oorwegings in bestuurs- en leierskapskommunikasie word beklemtoon. Na 'n verduideliking van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsontwerpe, word toepaslike kommunikasienavorsingstegnieke ondersoek.Module-inhoud:
Logistieke bestuur Die rol van logistiek in 'n onderneming; omskrywing en omvang van klantediens; elektroniese en ander logistieke inligtingstelsels; voorraadbestuur en materiaalbestuur met besondere verwysing na Japannese stelsels; bestuur van die voorsieningsketting. Vervoermetodes en vervoerkoste; soorte opberging en die koste daarvan; elektroniese hulpmiddels by materiaalhantering; koste en prysbepaling by aankope; organisering vir logistieke bestuur en metodes om logistieke werkverrigting te verbeter.Module-inhoud:
Internasonale teorie en organisasie
Wat veroorsaak oorlog en vrede? Is internasionale orde en geregtigheid versoenbaar? Is die internasionale struktuur belangrik? Die antwoorde word bepaal deur die teoretiese lense waardeur wêreldpolitiek beskou word. ’n Oorsig word gebied van die mededingende teoretiese perspektiewe van internasionale verhoudinge. Dit sluit hoofstroom en alternatiewe perspektiewe in, asook die onderliggende denke, teorieë en variasies van elk. Hierdie teorieë bied verskillende benaderings tot globale vrede, waaronder vrede deur internasionale organisasie. ’n Breedvoerige ontleding word gemaak van geselekteerde internasionale organisasies met ’n universele of streeksomvang, soos die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en van internasionale reg wat hierdie organisasies en hul aktiwiteite begrond.
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Groepsgedrag en leierskap
Hierdie module fokus op organisasiegedrag met spesifieke verwysing na die beginsels van groepsgedrag en die rol van werkspanne in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op groepsontwikkeling, -interaksie, -strukture en -prosesse asook die bevordering van spanprestasie in organisasies.
Leierskap en die invloed van mag en politiek in die organisasie word bestudeer. Die funksie wat leierskap in individuele, groeps- en taakgerigtegedrag vervul, word toegelig.
Organisasiegedrag
Die gedragsbasis vir organisasiestrukturering en -ontwerp word in die module bestudeer. Organisasiekultuur as ’n belangrike faset van ’n organisasie word toegelig. Die dinamiek en benaderings tot organisasieverandering word behandel. Daar word spesifiek gefokus op die rol van veranderingsagente, weerstand teen verandering en organisasie-ontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke met betrekking tot organisasieverandering word prakties toegelig.
Module-inhoud:
Arbeidsreg; aspekte van sekerheidstelling; insolvensiereg; ondernemingsreg; maatskappyereg; reg insake beslote korporasies en vennootskapsreg.
Module-inhoud:
Projekbestuur: Inleiding. Konsepte van projekbestuur; behoefte-identifisering; die projek, projekbestuurder en projekspan; soorte projekorganisasies; projekkommunikasie en -dokumentasie. Beplanning en beheer: beplanning, skedulering en skedulebeheer van projekte; hulpbronoorwegings en toedeling; kostebeplanning en prestasie-evaluering.Module-inhoud:
Politieke dinamika (Mikro)
Die bestudering van die teorie en praktyk van gedragsverskynsels in politiek. Met verwysing na toepaslike voorbeelde val die klem op die studie van politieke kultuur, leierskap, kommunikasie, belangegroepe, partye en partystelsels; op verkiesings, kiesstelsels en kiesersgedrag; en op openbare mening en direkte populêre kontroletegnieke.
Module-inhoud:
Organisatoriese kommunikasiebestuur Deur die gebruikmaking van bestuursteorieë van organisasiekommunikasie word 'n studie gemaak van groep- en spankommunikasie, met spesifieke beklemtoning van fasilitering, onderhandeling en innovasie. Kennisbestuur, interne kommunikasie, kultuur en organisasieklimaat is kernkomponente van die komplekse dinamika van die deel van betekenis in die organisasie. Die funksie van strategiese kommunikasie word deurgaans benadruk. Etiese oorwegings in organisatoriese kommunikasiebestuur word ook beklemtoon en gepaste navorsingstegnieke word bekend gestel.Module-inhoud:
*Vir LLB, BAdmin, BA met spesialisering in regte en BCom Belasting Wettereg: (a) Algemene inleiding: verhouding tussen teks en konteks (b) Wat is wetgewing?: kategorieë en tipes wetgewing (c) Struktuur en formaat van wetgewing (enacted law texts) (d) Inwerkingtreding, wysiging en tenietgaan van wetgewing Beginsels van wetsuitleg: (a) Hoe word wetgewing uitgelê: teorieë en metodes van wetsuitleg en die invloed van die oppermagtige Grondwet op wetsuitleg (b) Interne en eksterne hulpmiddels om die oogmerk van wetgewing vas te stel (c) Sogenaamde gebiedende en aanwysende bepalings (d) Wetsuitleg en regterlike regsvorming (e) Basiese beginsels van grondwetuitlegModule-inhoud:
Politieke dinamika (Makro)
’n Teoretiese begronding en raamwerk word gebied vir die beskrywing, ontleding en klassifikasie van politieke en beleidvraagstukke. Die klem is op die aard van die staat, regeerkunde en konflik in Afrika. Onder andere word ’n studie gemaak van die vraagstukke van kolonialisme en post-kolonialisme, demokratisering, outoritarisme en die ontwikkeling van die staat in Afrika, in die konteks van ’n globaliserende wêreld.
Module-inhoud:
Basiese beginsels van die kontraktereg; koopreg; kredietooreenkomste, huurreg.Module-inhoud:
Buitelandse beleid en diplomasie
’n Kort inleiding tot die studie van buitelandse beleid word gevolg deur ’n verduideliking van die gebruik van die vergelykende metode en ’n raamwerk vir die analise en evaluasie van buitelandse beleid. Dit bied ’n vergelykende studie van die buitelandse beleid van geselekteerde state van die belangrikste streke van die wêreld, waaronder die buitelandse beleid van Suid-Afrika. In elke gevallestudie word die beleidsomgewing, die formulering- en implementeringsprosesse, asook die inhoud van die spesifieke staat se buitelandse beleid gedek. Daarna vernou die fokus na diplomasie: die oudste, mees veelsydige en universeel gebruikte instrument van buitelandse beleid. Die aard, geskiedenis, tipes diplomasie en regsraamwerk van hierdie instelling word ondersoek. Voorbeelde uit die globale praktyk word gebruik, met spesifieke oorweging van die evolusie van diplomatieke praktyk in die Afrika en Suid-Afrikaanse konteks.
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Werknemergesondheid en ergonomika
Hierdie afdeling fokus op aktuele en belangrike aspekte van gesondheids- en veiligheidsbestuur in organisasies, asook die aard en rol van ergonomika daarin. Hierdie aspekte word teoreties en prakties toegelig sodat die student die nodige kennis en vaardighede bekom in die veld van organisasiesielkunde en menslikehulpbronbestuur.
Bestuur van diversiteit
Hierdie afdeling fokus op die ontwikkeling van ’n sensitiwiteit vir ’n diverse werksmag en die ontwikkeling van ’n klimaat van wedersydse respek en toleransie tussen individue en groepe in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op die voorvereistes vir die effektiewe instel van ’n diversiteitsbestuurprogram in ’n organisasie.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van Publieke administasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om die student se opvatting te verbreed oor die verstaan, ontstaan en ontwikkeling van administratiewe stelsels. Die klem is op die praktiese toepassing van kennis en probleme in ontwikkelende gemeenskappe. Toememende globalisering vereis akademiese belang in vergelykende publieke administrasie. Die beweegrede agter vergelykende Publieke administrasie is die soeke na die ontdekking van gemeenskaplikhede in die administratiewe proses en die menslike gedrag, ongeag van plek en tyd.Module-inhoud:
Motivering en prestasiebestuur Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses. Prestasiebestuur word onder die volgende hoofde behandel: kriteria-ontwikkeling; prestasiebeplanning; data-insameling; waarneming en dokumentering; prestasiebeoordeling; beoordelingsinstrumente; prestasieterugvoering om motivering te bevorder. Menslikehulpbron- en loopbaanontwikkeling Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag- en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op behoefte-ontleding, kurrikulumontwerp, leerdoelwitstelling, programontwikkeling, voorbereiding van materiaal, opleidingsingrepe, aanbiedings- en fasiliteringsvaardighede, asook kursusevaluering. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met organisasievereistes en -strategie word aan die hand van loopbaanontwikkeling toegelig.Module-inhoud:
Strategiese kommunikasiebestuur Geïntegreerde Kommunikasie (GK) voorveronderstel die belyning en implementering van die ondernemingsstrategieë, korporatiewe strategieë en korporatiewe kommunikasiestrategieë van die organisasie. Die korporatiewe posisionering wat uit hierdie strategieë voortvloei, word deur die organisasie se unieke reputasie, beeld, identiteit en handelsnaam gekommunikeer. Omgewingsverkenning stel die organisasie verder in staat om vraagstukke, risiko's en moontlike krisisse wat hierdie posisionering kan beïnvloed, te identifiseer en aan te spreek. Huidige korporatiewe stedelingskapdenke steun die beginsel van 'n simbiotiese verhouding tussen die besigheid en die samelewing deur ekonomiese, omgewings- en sosiale volhoubaarheid te beklemtoon (die sogenaamde ''triple bottomline''). Die hoogtepunt hiervan is 'n nuwe besef van die organisasie se korporatiewe verantwoordelikheid en sy rol as korporatiewe stedeling. Etiek in strategiese bestuur word uitgelig en geskikte navorsingstegnieke word ontleed.Module-inhoud:
Strategiese verhoudingsbestuur Die strategiese bestuur van interne en eksterne verhoudings is essensieel vir die organisasie se "lisensie om te funksioneer". Belangegroepteorieë voorsien 'n raamwerk vir die bestuur van verhoudings met belangegroepe soos werknemers, beleggers, die media en die regering. Die groeiende betekenisvolle impak van aktivisme op organisasieprestasie regverdig die bestuur van sulke drukgroepe deur middel van kommunikasie. Deontologiese en teleologiese etiese benaderings in die strategiese bestuur van verhoudings word ondersoek. Die kompleksiteit van etiese besluitneming in die moderne sake-omgewing, sowel as onder andere anti-etiek en Afrika-etiek, word bestudeer. Persepsie-, sosiale en belangegroep-oudits is voorbeelde van eiesoortige navorsingsontwerpe wat in strategiese verhoudingsbestuur gebruik kan word.Module-inhoud:
Teoretiese onderbou van Arbeidsverhoudinge Die basiese begrippe, historiese konteks en teoretiese benaderings tot die vakgebied van Arbeidsverhoudinge word toegelig. Die institusionele raamwerk waarbinne arbeidsverhoudinge bedryf word, word uiteengesit met besondere klem op die strukturele meganismes en institusionele prosesse. Die diensverhouding wat die grondslag van 'n arbeidsvehoudingepraktyk vorm, word ook ontleed. Arbeidsverhoudingepraktyk In hierdie afdeling word konseptuele en praktiese vaardighede deur ervaringsleer oorgedra ten opsigte van praktyksaspekte soos griewehantering, dissiplinering, verskraling, kollektiewe bedinging, nywerheidsaksie en geskilbeslegting.Module-inhoud:
Deel 1: Demokratiese studies
‘n Hoë-vlak kritiese analise van demokratiese teorie en praktyk. Die analise van demokratiese teorie sal temas soos die klassieke, radikale, deliberatiewe en feministiese perspektiewe insluit. Die analise van demokratiese praktyk sal aspekte insluit soos demokratisering, demokratiese konsolidasie, demokratiese burgerskap en samelewing, die rol en belang van die burgerlike gemeenskap, die instellings en prosedures vir demokrasie en “goeie regering”.
Deel 2: Politieke analise
Die metodiek en praktyk van politieke analise is die fokus van die studie. Die beginsels en problematiek onderliggend aan verskillende benaderings en metodes van politieke analise word beskryf en verduidelik. Dit sluit die aard, metodes en gebruik van vergelykende analise, vooruitskouing, risiko-analise, prestasie-evaluering en die politieke oudit in. Hierdie analitiese metodes word in die politieke en beleidskonteks geplaas, met beklemtoning van die praktiese waarde daarvan. Daar word deurgaans van toepaslike voorbeelde en gevallestudies gebruik gemaak.
Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuurstelsels Die afdeling verskaf ‘n inleiding tot menslikehulpbronbestuurstelsels en spreek ook hedendaagse ontwikkelinge en vraagstukke op die gebied aan. Die volgende temas word omvattend bespreek: posontleding, posbeskrywing en posspesifikasie; posontwerp; vergoedingsteorie en -stelsels; posevaluering en -gradering; voordele- en byvoordele-stelsels. Vergoedingstelsels as motivering vir werknemers word ook behandel. Menslikehulpbronvoorsiening Menslikehulpbronvoorsiening word, vanuit ‘n bedryfsielkundige perspektief, aangebied onder die volgende hoofde: mensehulpbronbeplanning; makro- en mikroveranderlikes wat ‘n invloed het op personeelvooruitskatting en -voorsiening; menslikehulpbron-inligtingstelsels; die ouditering van vaardighede; asook tegnieke soos werwing, keuring, plasing en induksie.Module-inhoud:
Strategiese bestuursanalise en -formulering Grondbegrippe; formulering van missie, beleid en doelwitte; eksterne evaluering van die sake-omgewing; interne evaluering van die onderneming, insluitende intellektuele bates; die formulering en ontwikkeling van ‘n strategiese plan. Strategiese bestuursimplementering Die rol van bestuur in strategiese implementering; begrotings as instrument in die implementeringsproses; die lei van veranderingsprosesse binne ondernemings; ondersteunende beleid, prosedure en inligtingstelsels vir strategiese implementering; implementering in die verskillende funksionele gebiede; evaluering en beheer van implementering.Module-inhoud:
Internasionale politieke ekonomie
Die aard en funksionering van die hedendaagse internasionale polities-ekonomiese orde word ontleed teen die agtergrond van die globaliseringsproses. Die klem val op die interaksie tussen politieke en ekonomiese tendense en vraagstukke soos die ekonomiese belang en politieke impak van regionale handelsblokke; die skuldlas van state; internasionale hulpverlening; die rol en invloed van multinasionale korporasies; en die oordrag van tegnologie na minder-ontwikkelde state; ontluikende ekonomiese moondhede in die Globale Suide; en globale ekonomiese regeerkunde.
Module-inhoud:
Basiese beginsels van die dienskontrak; kollektiewe arbeidsreg (insluitend kollektiewe bedinging en vakbonde). Statutêre diensvoorwaardes; individuele arbeidsgeskille; kollektiewe arbeidsdispute; beslegtingsprosedures.Module-inhoud:
*Vir LLB en BAdmin n Oorsig van geregtelike hersiening van administratiewe optrede in die lig van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, met besondere klem op die omvang van die toepassingsgebied van geregtelike hersiening en die gronde vir geregtelike hersiening.Module-inhoud:
Veiligheid- en strategiese studies
’n Studie van tradisionele en kontemporêre benaderings tot veiligheid en strategie. Aandag word geskenk aan nuwe teorieë oor oorlog, veiligheid en strategie; militêre en nie-militêre bedreigings vir nasionale veiligheid en menseveiligheid; die nasionale veiligheid van ontwikkelende state; asook die verhouding tussen beleid, strategie en taktiek. Laasgenoemde sluit ’n inleidende oorsig in van die aard, vlakke, patrone, vorms en instrumente van strategie, en van oorlogsreg. Die nasionale, regionale en kontinentale veiligheidsituasie in Afrika en vorms van multilaterale veiligheidsamewerking in die besonder word ontleed, ook in verhouding tot buite-kontinentale tendense. Wat die voorafgaande betref, word klem geplaas op die regs- en institusionele raamwerk, nasionale veiligheidsbeleid en strategiese ingesteldheid van Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling Die omgewing waarbinne menslikehulpbronbestuur plaasvind; posontleding; strategiese menslikehulpbronbeplanning; gelyke indiensnemingsgeleenthede; beplanning en bestuur van opleiding, ontwikkeling en loopbane; funksionering in internasionale sake-omgewings. Onderhandelinge en kollektiewe bedinging Die aard van onderhandeling, voorbereiding vir onderhandeling, onderhandeling vir klimaatskepping; oorredende kommunikasie; hantering van konflik en aggressie; gespesialiseerde onderhandeling en kollektiewe bedinging in die Suid-Afrikaanse konteks.Module-inhoud:
Politieke teorie
’n Teoretiese en normatiewe studie van politieke idees. Dit sluit die studie van prominente politieke denkers soos Plato, Thomas Hobbes en John Rawls in, sowel as die kontemporêre manifestasies van ideologieë soos liberalisme, sosialisme, konserwatisme en nasionalisme. Hierdie normatiewe beoordeling van politiek sluit af met ’n kritiese evaluasie van die ontwikkeling, aard en praktiese waarde van prominente demokratiese teorieë, onder andere deelnemende, wetlike en beraadslagende demokrasie.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App