Modulekode | JLO 121 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Hierdie module sal studentonderwysers in staat stel om hul persoonlike potensiaal te bereik en uit te brei en hulle lei om kennis en vaardighede met betrekking tot fisieke en fisiologiese ontwikkeling te ontwikkel as twee van die onderwerpe van die vak Lewensoriëntering. Persoonlike ontwikkeling vorm ook deel van die module, maar daar word veral gefokus op die inter- en intrapersoonlike vaardighede van die student. Onderwerpe sluit in: ontwikkelingsfases, selfaktualisering, selfkonsep, konflikbestuur en persoonlike bestuur. Die module fokus ook op menslike anatomie en basiese fisiologie as agtergrond tot die ontwikkeling van menslike beweging. Die praktiese komponent fokus op leer en onderrig van sport en menslikebewegingontwikkelingsvaardighede vir die skoolsportonderwys- en -opleidingsomgewing. Dit stel die grondslag vir die daaropvolgende studiejare waartydens die student van verskillende dissiplines sal leer. Na afloop van die bereiking van die leeruitkomste behoort die student in staat te wees om sy/haar kennis te demonstreer en die student moet ook ‘n begrip van die teorie in praktiese klasse kan toepas. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme |
|
Diensmodules | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Vroeë Kinderonderwys |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App