Code | Faculty |
---|---|
09240046 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 128 |
Prof MG Steyn [email protected] | +27 (0)128423514 |
Mrs M Bruwer [email protected] | +27 (0)124205542 |
Die BEdHons in Leerondersteuning fokus op die Grondslagfase (Graad 1-3) en Intermediêre Fase (Graad 4 - 7) onderwysers.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan 'n kandidaat toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:
Die keuring is gebaseer op:
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.
'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.
'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.
Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Begeleide literatuurstudie, formulering van ? konseptuele raamwerk en ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel vir ? begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang.
Module-inhoud:
Begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang. Die toepassing van kwantitatiewe en/of kwalitatiewe navorsingsmetodes. Die skryf van ‘n navorsingsverslag en die aanbied daarvan in groepsverband.
Module-inhoud:
Die NSS dokument; kurrikulummodifikasie; alternatiewe assesseringprosedures; multivlak- onderrig; die ontwerp van ’n multivlakles; assessering vir skoolgereedheid en grondslagfase.Module-inhoud:
Die neurologiese interpretasie en prosessering van die leesproses in die brein; die impak van persepsie (motories, visueel en ouditief) op die geïntegreerde leerproses; leeronder-steuningstrategieë (klank en woorderkenning); leesgewoontes; uitbreiding van die oogspan en leesspoed; leesmotivering; ‘n praktiese leersondersteuningsmodel wat op assessering so wel as ondersteuning vir individue fokus.Module-inhoud:
Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).
Module-inhoud:
Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.Module-inhoud:
Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.
Module-inhoud:
Hierdie module sal studente met teoretiese kennis en praktiese vaardighede toerus om gesyferdheid en geletterdheid in Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase baas te raak. Dit is ondersoekend van aard en veronderstel ? kritiese ingesteldheid op sake wat globaal en nasionaal gedebatteer word rakende die fasilitering van geletterdheid in Grondslagfase klaskamers. Studente sal in staat wees om leerders by te staan in die bemeestering van konsepte rakende wiskunde en geletterdheid asook relevante vaardighede en prosesse in Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App