Modulekode | PUB 210 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | *Geslote - vereis departementele keuring. Redigering. 'n Inleiding tot redigering as 'n fase in die uitgeeproses. Onderwerpe wat aangespreek word sluit in: die rol van die redigeerder in die uitgeewaardeketting; die vlakke van redigering; die verantwoordelikhede van die redigeerder teenoor die manuskrip, die outeur en die uitgewery; die verantwoordelikhede en vaardighede van die proefleser; tipiese probleme in tekste; proeflees en redigeersimbole en die opmerk van tekste; regs- en etiese aangeleenthede. Leerders word ook toegerus met praktiese vaardighede in die proeflees en redigering van digitale asook gedrukte tekste. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 praktiese sessies per week, 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Inligtingkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App