Modulekode | EPE 321 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Programmatuuringenieurswese handel oor die toepassing van ingenieursbeginsels op die ontwikkeling en instandhouding van hoë-kwaliteit programmatuur wat betroubaar is en wat effektief werk. Programmatuuringenieurswese sluit die definisie van programmatuur-vereistes in, asook programmatuur-ontwerp, programmatuur-ontwikkeling, programmatuur-toetsing en programmatuur-instandhoudingswerk. Die module stel studente bloot aan verskeie metodologieë in die programmatuur-lewensiklus, die probleme van groepwerk asook programmatuur-konfigurasiebestuur met uitgawe-beheerstelsels soos CVS. Die student word blootgestel aan objek-modelleringstegnieke en –tale soos UML, asook gevorderde ontfouting- en toetsingstegnieke. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | COS 212 |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 tutoriaal per week, 1 praktiese sessie per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Elektriese, Elektroniese en Re |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App