Jaarboeke

Program: PhD Inligtingstelsels

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12264011 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

Tensy die Dekaan, in oorleg met die voorsitter van die skool, anders besluit, word die PhD-graad toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van G Regulasies G.42 en G.54, word geen kandidaat tot die studie vir 'n doktorsgraad toegelaat nie tensy hy of sy in besit van ?n toepaslike magistergraad is.

Navorsing

Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, ‘n bewys uitgereik deur ‘n geakkrediteerde joernaal dat ‘n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die artikel wat ingedien is, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie ‘n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.

Die student moet deur sy of haar werk, proefskrif en eksamen bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat ’n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die relevante navorsingsgebied.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences