Eksklusiewe lesing deur Prof. Jan van der Watt by Tukkies

Posted on August 16, 2010

Prof. Jan van der Watt gaan op die 24ste Augustus 2010 om 18:00 'n lesing aanbied oor die nuutste navorsing in die etiek, en die bydrae wat die Nuwe Testamentiese Etiek kan lewer in die konteks van etiese vrae in ons postmoderne tyd. Dit sluit ook aan by sy intreerede wat hy gedurende September aan die Radboud Universiteit Nijmegen in Nederland gaan lewer. Die Departement Nuwe Testament nooi al haar alumni uit om hierdie eksklusiewe aangeleentheid by te woon. Bevestig spoedig per epos aan Dr. Kobus Kok ([email protected] ) of u die geleentheid gaan bywoon. Diegene wat belangstel in Nuwe Testamentiese Spiritualiteit sal ook die geleentheid kry om in te skakel by Prof. van der Watt se internasionale netwerk van geleerdes wat daarin spesialiseer.

Spreker: Prof. Dr. Dr. Jan van der Watt (Radboud Universiteit Nijmegen, Nederland)

Datum: 24 Augustus 2010

Tyd: 18:00-20:00

Plek: Fakulteit Teologie, Seminaarkamer 1-33

Kontakpersoon: Dr. Kobus Kok (Departement Nuwe Testament, UP)

0824644127

[email protected]




Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences