Date: Friday 19 August 2011
Venue: HB 20-14
Time: 11:30-13:00
Prof Malan se boek gee 'n diepgaande en ongemaklike ontleding van die moderne territoriale staat. Is 'demokrasie' in 'n heterogene gemeenskap met 'n getalsterke meerderheid nie noodwendig gelykstaande aan die verdrukking van minderhede nie? Kan menseregte en die howe minderhede se eiesoortigheid doeltreffend beskerm? Prof Malan bied sy gedeeltelike oplossing van 'tuistelike gemeenskappe' (vrywillige groeperinge van eendersgesindes wat op verskillende grondslae gevorm kan word) geensins voorskriftelik aan nie, maar as 'n prikkelende stuiwer in die armbeurs wat op sowel akademiese vlak asook in die politieke praktyk tot ernstige besinning en debat aanleiding sal gee.
- Regter Eberhard Bertelsmann, Hooggeregshof, Pretoria
Die skrywer toon aan dat die moderne territoriale staat in werklikheid nie die nodige erkenning aan verskillende taal-, kultuur- en godsdiensentiteite binne die staat verleen nie. Hy bied deurdagte, praktiese en prikkelende voorstelle vir die moontlike oplossing van probleme juis ondervind in state waarin sterk minderheids- en kulturele groepe hulleself voordoen. Sy beskrywing van politokrasie wat op daadwerklike demokrasie neerkom, verdien daadwerklike en diepsinnige oorweging
- Prof George Barrie, Universiteit van Johannesburg
Get Social With Us
Download the UP Mobile App