Modulekode | SEP 210 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Sepedi - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme |
BA Geesteswetenskappe
BA Regte BA Sport- en Vryetydstudies Sport en Vryetyd in die Samelewing BA Tale BPolSci Politieke Studies BSocSci Bedryfsosiologie en Arbeidstudies BEd Grondslagfase-onderwys BEd Intermediêrefase-onderwys BEd Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys BEd Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfase |
Diensmodules | Fakulteit Opvoedkunde |
Voorvereistes | SEP 110, SEP 120 |
Kontaktyd | 2 lesings per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Afrikatale |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App