Jaarboeke

Program: BEd Intermediêrefase-onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09133021 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 680

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

  • Voornemende studente met ‘n TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT.

  • Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ‘n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

30
(26-29 toelating
gebaseer op
die NBT)

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Die volgende veranderinge is van toepassing vanaf 2016:

WTW 124 Calculus en algebra 124

(Vervang WTW 126 en WTW 128)

 

WTW 146 Lineêre algebra 146, en WTW 148 Calculus 148

(Beskikbaar vir BEd-studente wat slegs ‘n enkele volle jaar Wiskunde as keusemodule saam met WTW 114 of WTW 134 as eerstesemestermodule neem.)

 

WTW 161 Lineêre algebra 161, en WTW 168 Calculus 168

(Mag as alternatiewe tot WTW 126, WTW 146, WTW 128, en WTW 148 erken word maar is nie beskikbaar vir registrasie deur BEd-studente nie.)

 

* Noodhulp 

(Slegs studente wat Menslike Bewegingstudies en Sportbestuur as keusevak tot op 3de jaar neem, moet ook Noodhulp in die 4de jaar neem.)

Modulebeskrywing

Modulekode

 
 

Fundamentele modules

 

Akademiese inligtingbestuur

AIM 101 of

AIM 111, 121

 

Geletterdhede vir die onderwys

JLZ 110, 120 of

JLZ 111, 121

 

Professionele praktyk

*Noodhulp

JFP 471

JNH 454

 

Kernmodules

 

Kommunikatiewe vaardigheid:

Een van:

IsiZulu,

Sepedi,

Setswana

(‘n Vrystellings eksamen kan geskryf word)

 

CCZ 100, of

CCI 100, of

CCW 100

 

Geletterdhede vir die onderwys

JLZ 300

 

Opvoedkunde

OPV 112, 122

OPV 212, 222

OPV 312, 322

 

Navorsingsprojek

JNM 461, 464

 

Praktiese onderwys

PRO 280

PRO 380

PRO 452, 453

 

Professionele studies

JPS 121

 

Leerondersteuning (Studente wat Natuurwetenskap of Ontwerp en Tegnologie kies as spesialisering op derdejaarsvlak hoef nie JLD  320 te neem nie)

JLD 220

JLD 320

 

Metodiek van E-Leer

JLT 330

 

Fundamentele Wiskunde konsepte (Nie ‘n vereiste as Wiskunde as keusemodule geneem word nie)

JWI 181

 

 

Metodiek van Engels eerste addisionele taal

JME  210

 

Basiese ekonomiese en bestuurs-weteskappe (Nie ‘n vereiste as Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie as keusemodules geneem word nie)

JLE  181

 

Keusemodules

Kies twee keusemodules op eerste jaarsvlak, waarvan een ‘n Taal moet wees. Hierdie keusemodules moet ook totop tweedejaarsvlak geneem word, waarvan die Taal ook een van die tweedejaars keusemodules moet wees. Indien Intermediêre Wiskunde as keusemodule gekies word, moet alle modules soos gelys word geneem word, dieselfde geld vir Natuurwetenskap en Tegnologie as keusemodules.

Studente wat Geskiedenis en Geografie kies as ‘n kombinasie vir keusemodules, moet alle modules soos voorgeskryf op eerste jaarsvlak kies, en dan of Geografie of Geskiedenis kies as keusemodule op tweede jaarsvlak.

Modules word volgens die klasrooster gekies.

GEEN ROOSTERBOTSINGS WORD TOEGELAAT NIE.

 

IsiZulu

Vir beginners:

ZUL 110, 120

ZUL 210, 220

Vir IsiZulu as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

ZUL 111, AFT 121

ZUL 211, AFT 220

 

Sepedi

Vir beginners:

SEP 110, 120

SEP 210, 220

Vir Sepedi as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

SEP 111, AFT 121

SEP 211, AFT 220

 

IsiNdebele (Slegs vir huistaal sprekers van IsiNdebele of eerste of tweede addisionele taal)

NDE 110, AFT 121

NDE 210, AFT 220

 

Setswana

Vir beginners:

STW 110, 120

STW 210, 220

Vir Setswana as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

STW 111, AFT 121

STW 211, AFT 220

 

Afrikaans

AFR 110, 120

AFR 214, 220

JAF 361

 

Engels

ENG 110, 120

ENG 210, 220

JEN 361

 

Intermediêre wiskunde

WTW 133, 143

JWI 210, 220

JWI 310, 320

 

JLD 320 en JLE 181 is nie verpligtend indien Natuurwetenskap en Tegnologie as keusemodule geneem word nie

 

Natuurwetenskap en Ontwerp en Tegnologie

JWT 115, 125

JWT 230, JOT 240

JWT 315, 325

 

Studente kan slegs een van Kunsopvoeding of Musiekopvoeding of Menslike Bewegingstudies en Sportbestuur en Lewensoriëntering as ‘n keusemodule neem. Alle modules soos gelys moet geneem word vanaf eerste tot tweedejaarsvlak. In die geval van Musiekopvoeding kise studente tussen beginners of gevorderde musiekkennis op eerstejaarsvlak.

 

Kunsopvoeding

JKG 100, JKU 101

JKG 200, JKU 201

 

Musiekopvoeding

Beginners:

JMO 181, 182 of

Gevorderd:

JMO 101, 102

JMO 201, 202, 203, 204

 

Lewensoriëntering en Menslike bewegingstudies en sportbestuur

(moet saam geneem word)

JLO 110, 120

JLO 210, 220

JMB 112, 113, 122, 123

JMB 212, 213, 222, 223

 

Studente kies of Geskiedenis of Geografie op tweedejaarsvlak, maar moet alle modules soos voorgeskryf neem op eerstejaarsvlak.

 

Geografie en

Geskiedenis

GGY 156, 166

WKD 164, ENV 101

GES 120

GGY 252, 266, 283

 

Geskiedenis en

Geografie

GES 110, 120

GGY 156, 166

WKD 164, ENV 101

GES 210, 220

 
 

Metodieke van keusemodules:

Kies twee metodieke in ooreenstemming met keusemodules geneem, een metodiek moet die Taalmetodiek wees. Die metodieke gekies op tweedejaarsvlak, moet ook op derde- en vierdejaarsvlak geneem word.

 

Metodiek van Afrikaans

JMA 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Engels

JME 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van IsiZulu

JZL 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Sepedi

JSP 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van IsiNdebele

JND 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Setswana

JSW 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Geografie

JMG 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Geskiedenis

JMH 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Kunsopvoeding

JMK 201, 301, 451, 454

 

Metodiek van Musiekopvoeding

JMM 200, 300, 451, 454

 

Metodiek van Lewensoriëntering (JLO) en Liggaamlike Opvoedkunde (JMB)

JML 201, 301, 461, 464

 

Metodiek van Intermediêre Wiskunde/ Wiskunde

JMW 203, 300, 451, 454

 

Metodiek van Natuurwetenskap en Tegnologie

JMN 204, 304, 451, 454

 

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamens

  • 'n Derdejaarstudent wat 'n maksimum van vier semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het, maar ’n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir bevordering tot die vierde jaar voldoen.
  • ’n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van 4 semestermodules of die ekwivalent daarvan benodig om sy of haar graad te voltooi, met 'n finale punt van 40% in elk, mag in Januarie van die volgende jaar tot 'n spesiale eksamen toegelaat word. Indien die eksamen voor 1 Februarie afgelê word, hoef die student nie weer te registreer nie en word die eksamen soos ’n hereksamen hanteer. Indien die spesiale eksamen op of na 1 Februarie afgelê word, moet die student weer vir die betrokke module(s) registreer en mag die dosent vereis dat 'n semesterpunt op 'n geskikte wyse behaal word. In so 'n geval sal die uitslag van die eksamen nie oorweeg word vir die gradeplegtighede in Maart/April nie.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf moet 'n student 'n algehele geweegde gemiddeld (GPA) van 75 % of hoër behaal in die BEd-program, met die voorwaarde dat die graad in die voorgeskrewe tydperk van 4 jaar voltooi word.

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv. beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en bring  dit in verband met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos eksamenvraestelle en akademiese artikels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en lê verbande met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos byvoorbeeld eksamenvraestelle en akademiese artikels. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op kinder-ontwikkeling en leer. Benewens die onderliggende beginsels van ontwikkeling-sielkunde en ontwikkelingsteorieë, word kinderontwikkeling bespreek in terme van fisieke groei en motoriese ontwikkeling; perseptuele, kognitiewe en taalontwikkeling; emosionele ontwikkeling; sosiale ontwikkeling en morele ontwikkeling. ‘n Inleiding tot patologie in ontwikkeling word ook verskaf. Wat leer betref, fokus die module op die beginsels van leer, leerteorieë en hindernisse tot leer. Hierbenewens word skoolleer bespreek in terme van leer, lees en studievaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    To endow prospective teachers, who have no knowledge of an African language, with a basic conversational competence in Setswana. Successful completion of this module will enable teachers to effectively communicate – verbally and non-verbally - in a multilingual classroom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om voornemende onderwysers, wat geen kennis van ‘n Afrikataal het nie, met ‘n basiese kommunikatiewe vaardigheid in Sepedi (Noord-Sotho) toe te rus. Suksesvolle voltooiing van hierdie module sal onderwysers in staat stel om verbaal en nie-verbaal effektief in ‘n veeltalige klaskamer te kommunikeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module begelei studente om onderrigvaardighede te ontwikkel, leeraktiwiteite te beplan en onderrig- en leermateriale te ontwerp wat geskik is vir die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente gelei om kennis, vaardighede en gesindhede te ontwikkel aangaande die komplekse politieke, professionele, historiese en kulturele aspekte van onderwys. Geselekteerde temas rakende die Suid-Afrikaanse onderwys word bestudeer sodat studente krities kan besin oor hulle rol as betrokke, professionele opvoeders in die hedendaagse onderwys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om voornemende onderwysers, wat geen kennis van ‘n Afrikataal het nie, met ‘n basiese kommunikatiewe vaardigheid in IsiZulu toe te rus. Suksesvolle voltooiing van hierdie module sal onderwysers in staat stel om verbaal en nie-verbaal effektief in ‘n veeltalige klaskamer te kommunikeer.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Atome; atoomkern; elemente; verbindings; chemiese bindings; intermolekulêre kragte, chemies reaksies, oksidasie en reduksie; sure en basisse; organiese chemie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus ook op persoonlike ontwikkeling, maar met die klem op die vraag: “ Hoe is my interaksie met ander mense?” Kennis en toepassing van interpersoonlike vaardighede soos konflikhantering, emosionele intelligensie en selfgeldende gedrag sal behandel word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
    *BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die aanleer en praktiese toepassing van basiese swemtegnieke asook aspekte van reddingswem. Motoriese vaardighede en spele binne skoolverband geniet ook aandag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module word slegs in Engels aangebied op die Mamelodi kampus. Op die Hatfield en Groenkloof kampusse word dit in Engels en Afrikaans aangebied.

    Real numbers, elementary set notation, exponents and radicals. Algebraic expressions, fractional expressions, linear and quadratic equations, inequalities. Coordinate geometry: lines, circles. Functions: definition, notation, piecewise defined functions, domain and range, graphs, transformations of functions, symmetry, even and odd functions, combining functions, one-to-one functions and inverses, polynomial functions and zeros.
    Sequences, summation notation, arithmetic, geometric sequences, infinite geometric series, annuities and instalments. Degrees and radians, unit circle, trigonometric functions, fundamental identities, trigonometric graphs, trigonometric identities, double-angle, half-angle formulae, trigonometric equations, applications.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module word slegs in Engels aangebied.
    Functions: exponential and logarithmic functions, natural exponential and logarithmic functions, exponential and logarithmic laws, exponential and logarithmic equations, compound interest. Limits: concept of a limit, finding limits numerically and graphically, finding limits algebraically, limit laws without proofs, squeeze theorem without proof, one-sided limits, infinite limits, limits at infinity, vertical, horizontal and slant asymptotes, substitution rule, continuity, laws for continuity without proofs. Differentiation: average and instantaneous change, definition of derivative, differentiation rules without proofs, derivatives of polynomials, chain rule for differentiation, derivatives of trigonometric, exponential and logarithmic functions, applications of differentiation: extreme values, critical numbers, monotone functions, first derivative test, optimisation.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In die module maak die student kennis met die bou en werking van stelsels in die menslike liggaam. Klem word gelê op die skeletstelsel asook die spierstelsel. Studente verwerf ook kennis en vaardigheid in aspekte van bestuur, veral organisasie in sport.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente die geleentheid te bied om hul bestaande kennis van musiekteorie te ontwikkel wat ‘n vereiste is vir die musiekmodule in die daaropvolgende jaar.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente se musiekvaardighede te ontwikkel met die fokus op instrumentale spel en vokale voordrag. Begeleiding en voordragkomposisies word ingesluit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente met geen of beperkte kennis van musiek voor te berei om in musiekteorie te spesialiseer. Dit is ‘n musiekkursus met elementêre kennis van musiekteorie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ontleed verskeie metodes en tegnieke om kreatiwiteit in die klaskamer te stimuleer, deur fundamentele kunselemente en beginsles, tegnieke en gebruik van media bekend te stel. Die module sluit die ondersoek van konsepte van visuele geletterdheid in. Kennis en toepassing van laasgenoemde deur die student op kreatiewe wyse deur eksperimentering met tradisionele kunsmedia word aangemoedig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente met geen of beperkte kennis van musiek voor te berei om in praktiese musiekvaardighede te spesialiseer. Dit is ‘n musiekkursus met elementêre kennis van musiekvaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners.

    Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana - kommunikasie en grammatika 
    Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied aan studente 'n oorsig van geskiedkundige en kontemporêre kunsbewegings. Belangrike kunstenaars en kunswerke van hierdie tydperk word binne konteks beklemtoon en bespreek. Geskiedenis van kunsopvoeding binne die skoolkonteks word ondersoek met die klem op Westerse kunsbewegings en –style.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die hooffokus van hierdie module is op persoonlike ontwikkeling en daarom is die vraag:  “ Wie is ek?” relevant. Die inhoud is ontwikkel met die doel om te fokus op die student as individu en op die verskillende faktore wat individuele ontwikkeling beïnvloed. Studente word gelei om relevante kennis, intrapersoonlike vaardighede en houdings te ontwikkel wat bewys lewer van veerkragtige gedrag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van fisieke aktiwiteite asook teorieë en filosofieë van beweging word bestudeer. Daar word ook gefokus op afrigting van die jong atleet en verbandhoudende uitdagings wat aan die onderwyser as afrigter gestel word. Die belangrikheid van beplanning as eerste fase van sportbestuur word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vaardighede in mini-hokkie en hokkie word aangeleer en ingeoefen. In atletiek word aandag geskenk aan die verwerwing van vaardighede in verskeie baanitems.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beweging; Newton se wette; momentum; energie; swaartekrag; warmte; gasse; vloeistowwe; elektrisiteit en magnetisme; golwe, klank en lig.

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Ondersteunende leeromgewings: Teoretiese benaderings tot leeromgewings (bio-ekologiese en bate-gebaseerde benaderings, inheemse kennisstelsels, oplossingsgeoriënteerde intervensie en “appreciate inquiry”); skoolgebaseerde ondersteuning in terme van Insluitende Onderwys, heel-skoolbenadering, die ondersteunende rol van die onderwyser en die welstand van die kind; gemeenskapsgebaseerde ondersteuning in die vorm van gemeenskapsbetrokkenheid en gemeenskapsonderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kurrikulum in die klaskamer: Hierdie module spreek vier komponente aan wat direk met onderrig en leer in die klaskamer verband hou. Die eerste eenheid handel oor die begronding van die kurrikulum en dek werk gedoen deur Rousseau, Pestalozzi, Montessori, Gandhi, Steiner, Dewey, Piaget, Vygotsky, Illich, Freire en Lakoff. Eenheid twee handel oor kurrikulumontwerp en -ontwikkeling, en fokus ook op die organisering van kennis deur opvoedkundige taksonomieë. Die laaste twee eenhede dek onderrigstrategieë, asook aangeleenthede wat met klaskamertoetsing en -assessering verband hou.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

    This module aims to introduce students to the use of learning and teaching support materials, teaching and learning strategies as well as required assessment strategies and approaches for the teaching of English as a First Additional Language subject, in the Intermediate Phase. The module comprises a wide range of instructional activities dealing with listening to stories, reading, writing and spelling. It introduces students to CAPS and works through the four broad strands dealing with the methodologies of listening and speaking (Oral), reading, and viewing (using relevant vocabulary), writing and presenting (writing sentences and connecting words), and language structures and conventions.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing gedurende drie weke in die begin van die skooljaar. Die fokus is op waarneming van die algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse-aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing en studente moet ook ‘n professionele portefeulje voorberei. Die module behels ‘n waarnemingstaak, asook ‘n refleksie op die ondervinding met die aangewese  onderwysers.  Plasings vir die module kan by skole buite die Pretoria omgewing wees.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om die student toe te rus met kennis i.v.m. inklusiewe onderwys in Suid-Afrika. Ons fokus op die oorsake van leerhindernisse, vaardighede wat ‘n onderwyser benodig ten einde leerders met leerhindernisse te kan ondersteun, sowel as die akkommodering van hierdie leerders in die klaskamer. Die oorsake van leerhindernisse word ondersoek en ons onderskei tussen intrinsieke en ekstrinsieke oorsake van leerprobleme. Multidisiplinêre en sistemiese benaderings word bekendgestel. Die gesin as primêre opvoedingsinstelling word bespreek, sowel as die effek van verskillende opvoedingstyle en opvoedingsfoute op die ontwikkeling en akademiese vordering van die kind.

     

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Temas uit Afrikageskiedenis 'n Seleksie van temas uit die geskiedenis van Afrika en haar mense gedurende pre-koloniale, koloniale en postkoloniale tye, met die fokus op sosiale, politieke en ekonomiese kragte wat die historiese ervaring van Afrika help vorm het.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Sepedi - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. isiZulu - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die kurrikulum en beleidsdokumente vir Natuurwetenskap. Lesontwerp in Natuurwetendskap. Toepassing van tegnologie en media in die onderrig van Natuurwetenskap.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie, grammatika, lees en skryf Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die isiZulu- klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Breuke en Algebra vironderwysers: Ondersoekstrategieëviralgebraïesedenke en redenering; eweredigheid; ontwikkeling van breukkonsepte; vasstelling van verwantskappetussenbreuke, desimale en persentasies; funksies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sportbeserings en houdingsafwykings - terreinafbakening en terminologie. Algemene beginsels rondom die voorkoming en noodbehandeling van sportbeserings. Houdingsontwikkeling en die invloed van korrekte gewoontes vir 'n goeie houding. Identifisering en patalogie van spesifieke afwykings. 'n Teoreties-praktiese perspektief op kontrole as die finale fase van die bestuursproses in sport om sodoende die sukses van die bestuursproses te verseker.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om leerders te help om vaardighede te ontwikkel om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in Setswana te komminikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer?en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

     Studente word begelei om vaardighede, kennis en ingesteldhede te  ontwikkel met spesifieke verwysing na die Nasionale Kurrikulum en beleidsverklaring (KABV), met Liggaamlike Opvoeding as tema van Lewensoriëntering. Die studente onderwyser word toegerus met kennis en vaardighede om Liggaamlike Opvoedings aktiwiteite te bestuur, ontwikkel en organsieer soos voorgeskryf vir die spesifieke fases. Die studente onderwysr word ook opgelei in die KABV dokument vir Lewensoriëntering, en leer hoe om lesse te beplan gebasseer op die dokument.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Geografiese Inligtingstelsels (GIS), teoretiese konsepte en toepassings van GIS. Die klem val op die GIS proses van datavaslegging, data-analise, data-uitsette en gepaardgaande tegnologie. Hierdie module verskaf die fondasies vir meer gevorderde GIS- en geoinformatika-onderwerpe.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module stel die studente in staat om hulle eie kreatiewe idees en denke deur middel van verskeie kunsmedia, tegnieke en prosesse te ontwikkel. Klem word geplaas op teoretiese en praktiese komponente soos kunswaardering, beginsels en elemente van kuns, kunsprogramme en die kritiese evaluering van die kreatiewe proses. 'n Dieper analise, interpretasie en toepassing van struktuur, vorm, komposisie, tekstuur, ruimtelike verhoudings en kleurmanipulasie word ondersoek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana – kommunikasie en grammatika
    Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog.
    Setswana – lees en skryf
    Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ’n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ’n redelik
    uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ’n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei
    in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Dames - dans: bemeestering en praktiese vaardighede rondom dansontwerp en kreatiewe dans. Mans - sokker: bemeestering van basiese sokkervaardighede en -tegnieke. Atletiek: velditems

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ontwikkel begrip van die verband tussen tegnologie, wetenskap, samelewing en omgewing. Dit lei studente om die unieke aard van die ontwerpproses te verstaan. Twee kennisvelde, naamlik strukture en beheerstelsels, word aangespreek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om leerders te help om vaardighede te ontwikkel om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in isiZulu te komminikeer.  Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer?en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Holistiese benadering tot Musiekopvoeding as deel van die vak Kreatiewe Kunste word gevolg met die insluiting van die integrasie van die verskillende kunsvorme. Die fokus van die module is aktiewe deelname aan musiekmaak (musiekaktiwiteite) wat geleentheid bied vir die ontwikkeling van musiekvaardighede sowel as teoretiese kennis (musiekbegrippe). Die skoolgebaseerde aktiwiteite bied geleentheid vir praktiese ervaring.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om te bou op die kennis van musiekteorie van die vorige jaar ten einde studente toe rus met die kennis wat vir die modules vir die daaropvolgende jare vereis word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied verdere ontwikkeling in die tegniese aspekte in musiekontwikkeling met die fokus op instrumentale spel en vokale voordrag. Begeleiding en voordragkomposisies word ingesluit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie, grammatika, lees en skryf. Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Sepedi klankleer / fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Intensiewe studie van die 2012 Kurrikulum en Assesseringsbeleidsdokument (“CAPS”) met betrekking tot die onderrig van Geografie aan leerders in die VOO, Senior en Intermediêre Leerfases.  Die volgende aspekte word aangespreek: Die lang-, medium- en korttermynbeplanning van leerderaktiwiteite, die ontwerp van sinvolle leeraktiwiteite, assessering, die effektiewie gebruik van onderrigmedia asook die voorbereiding en aanbieding van mini-lesse met ‘n duur van 18  minute. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse prosa Literatuurteorie en -kritiek

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Twentieth-century, postcolonial and contemporary literature
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English. Various genres are covered and particular attention is given to postcolonial writing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die opkoms en val van segregasie en apartheid Fokus op die oorsprong en teoretiese fondasies van die beleide van segregasie en apartheid en die verskansing daarvan in SA wetgewing. Die weerstand teen die instelling van hierdie onderskeie beleide en die daaropvolgende beëindiging van apartheid. Die impak op sosiale, kulturele en ekonomiese terrein.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fisiese prosesse wat die aardoppervlak en die bestuur daarvan beïnvloed. Spesifieke prosesse en hul interaksie in temas soos verwering, gronderosie, massabewegingsprosesse en fluviale prosesse. Praktiese laboratorium oefeninge sal gebaseer word op die temas wat tydens die teorie komponent behandel sal word

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente ‘n algemene oorsig van musiekgeskiedenis en stylperiodes te gee. Die inhoud bevat klankproduksie van verskeie musiekinstrumente en die kenmerke van musiekstyle (Westerse kunsmusiek, inheemse Afrika-musiek en popuêre style).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiNdebele-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om vaardighede te ontwikkel wat leerders in staat sal stel om so effektief moontlik op 'n meer akademiese vlak in Sepedi te kommunikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer-en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; NKV- en KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module introduces the principles and practice of teaching and learning English as a home or an additional language. A theoretical underpinning strengthens students’ understanding of language development. Students are also guided in the theory of instructional design as they practise planning, designing and presenting optimal learning opportunities. Students are familiarised with the principles contained in the NCS and CAPS.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n oorsig van die leerinhoud vir visuele kuns met spesifieke fokus op praktiese toepassing soos voorgeskryf deur die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV). Klem word geplaas op die bereiking van die voorgeskrewe uitkomste en kennis van die ontwikkelingsfases van kinders se kuns in die verskillende fases.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om leerders in staat te stel om so effektief moontlik op 'n meer akademiese vlak in isiNdebele te kommunikeer en die taal te onderrig. Die module bied 'n volledige oorsig van die leerinhoud met spesifieke fokus op praktiese toepassing soos dit in die Nasionale Kurrikulumverklaring voorgeskryf word.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Modern English literature and English language studies
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English as well as on historical and theoretical aspects of the English language.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die mens in die wêreld. Diversiteit, waardes en beginsels. Vraagstukke van diskriminasie, ras, geloof, kultuur, geslag, ouderdom, vermoëns. Kontemporêre sake in ons klaskamers, individuele en sistemiese perspektiewe. Ondersteuning vir sake soos MIV/vigs. Veilige skole. Geweld in skole. Misdaad. Emosionele probleme. Voorkoming van afwykende sosiale (maatskaplike) gedrag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Deeglike inleidende oorsig oor die beginsels en praktyk van Afrikaansonderrig. Generiese leerinhoude ten opsigte van taalverwerwing word verbesonder deur die praktiese toepassing soos voorgeskryf deur die Nasionale Kurrikulumverklaringsdokumente. Studente behoort aan die einde van die module tersaaklike tekste te kan gebruik om voorbeeldlesse uit te werk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente met die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings toe te rus wat in die praktyk toegepas en ontwikkel word ten einde die inherente musikaliteit van alle leerders te versterk.  ‘n Holistiese benadering tot Musiekopvoeding word gevolg. Die module is gebaseer op die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en die toepassing van Musiekopvoeding op Kreatiewe Kunste. Dit bou verder op vorige kennis en vaardighede.wat progressief in die metodiek aangewend word. Musiek dien as die primêre fokus, terwyl die ander kunsvorme geïntegreer word. Die fokus is op musiekmaak (musiekaktiwiteite) met die insluiting van instrumentale begeleiding. Geleenthede word gebied om studente se musiekvaardighede sowel as hul musiekteoretiese kennis te ontwikkel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana – kommunikasie, grammatika, lees en skryf
    Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende,
    idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ’n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ’n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Wateraktiwiteite - bemeestering en praktiese uitvoering van sekere swemstyle en reddingswemtegnieke. Motoriese vaardighede - bemeestering en praktiese ontwikkelingsgimnastiek met en sonder aanpassing by groot apparaat.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Plaattektonika, rotse, minerale, die aardoppervlak en oseane, die atmosfeer, weer, klimaat, bewegings van die aarde, die sonnestelsel, sterre, sterrestelsels en die heelal.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die voortsetting van die studie van konsepte soos teks, onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die studie van intrige en styl; die kritiese ontleding van ‘n roman/novelle.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise van die kurrikulum en beleidsdokumente vir Wiskunde in die Intermediêre fase. Lesontwerp en toepassing van tegnologie en media in die onderrig van Wiskunde in die Intermediêre fase.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Morfologie, sintaksis, leksikologie en semantiek Letterkundekomponent: Afrikaanse poësie

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die mens in konteks: sosiale en gemeenskapslewe. Lewensoriënteringsopvoeder: sosiale vaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Verstedelikende wêreld. Stedelike struktuur en grondgebruike. Stedelike prosesse. Die stedelike omgewing. Sosiale struktuur en verandering in stede. Leefstyl in stede. Ekonomie, samelewing en politiek in stede. Derde-wêreld stede en Suid-Afrikaanse stede. Toekoms van stede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Getallestelsels en bewerkingsvironderwysers: Ondersoeknumeriesegetallestelsels en basisse; ontwikkeling van getalbegrip, bewerkings met telgetalle; assessering en andermetodologiesestrategieë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die Sepedi-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ’n inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geskiedenis van kunsopvoeding soos bepaal in die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) word ondersoek. Klem word op Europese en Suid Afrikaanse kunsbewegings geplaas. Belangrike kunstenaars en kunswerke van hierdie tydperke word binne konteks beklemtoon en bespreek. Evaluerings en besprekings vind plaas, sowel as die interpretering en analise van kunswerke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om die NKV en die KABV toe te pas sodat studente die vak Geskiedenis kan aanbied. Studente verbind en analiseer die inhoud van die Geskiedeniskurrikulum en word toegerus om nuwe metodes van onderrig en leer te skep om leer te bevorder, sowel as om assessering in al sy vorme, soos deur die KABV voorgeskryf, toe te pas. Temas is, onder andere, neigings in internasionale en Suid Afrikaanse geskiedenis; outentieke en alternatiewe assessering; uitgesoekte temas vanuit die voorgeskrewe handbook; onderrigstrategieë: werkkaarte, opdragte, speletjies en simulasies; en die gebruik van koerante in die klaskamer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Rekreasiekunde - terreinafbakening en terminologie. Die belangrikheid en ontwikkeling van waardes rondom sinvolle vryetydsbesteding in die moderne samelewing. Die belangrikheid van leiding as 'n bestuursfunksie in Sportbestuur word beklemtoon. Spesiale verwysing na kommunikasie, leierskap en motivering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiZulu-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Rekenaargeletterdheid,Informasiegeletterdheid, Integrasiegeletterdheid. Die gebruik van rekenaars in laboratoriums vs klaskamergebruik. Evaluering van sagteware en webtuistes vir opvoedkundige gebruik. Rekenaarsekuriteit: risiko’s en veiligheids- maatreëls. Etiek en die informasie-era. Modelle van aanlynleer. Voorsiening vir verskillende leerstyle. Projekgebaseerde leer. Rekenaargebaseerde Assessering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module handel oor die inhoud en die toepassing van die Handves van Menseregte in die daarstelling van veilige en gedissiplineerde klaskamers. Die tweede tema handel oor klaskamerbestuur deur die stigting van verhoudings, deelnemende besluitneming, effektiewe beplanning en monitering, motivering en kommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van die module is om die student toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om leerders met leerprobleme in die klaskamer te identifiseer, te assesseer en intervensie strategieë te beplan om hulle te ondersteun. Ons fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme, diagnostiese assessering om die oorsake daarvan te bepaal, sowel as intervensie strategieë om leerhindernisse in die Intermediêre Fase suksesvol aan te spreek. Die student sal leer hoe om die kurrikulum aan te pas vir leerders wat leerprobleme ondervind en hoe om hierdie leerders te ondersteun deur geleenthede te skep waar die leerder sukses kan behaal, leer om in sy eie vermoë te glo en sodoende ‘n positiewe selfbeeld te bou.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module poog om die student toe te rus met die noodsaaklike kommunikatiewe en klaskamergeletterdhede om as 'n professionele persoon in die onderwysberoep suksesvol te kan wees. Studente sal bewys lewer daarvan dat hulle die teoretiese grondslag sowel as die implementeringsstrategieë ten opsigte van gesproke en geskrewe kommunikasie binne 'n opvoedkundige konteks verstaan. Die ontwikkeling van 'n kritiese bewuswording van taal as 'n subjektiewe, nie-neutrale instrument van kennisoordrag sal ook ingeskerp word. 'n Oorsig van die linguistiese diversiteit in die meeste Suid Afrikaanse klaskamers sal die voornemende onderwyser bemagtig met 'n strategie om effektief met multitaligheid in 'n kultureel-diverse opvoedkundige omgewing om te gaan. Studente sal ook hul persoonlike taalprofiel verbeter deur kennis van toepaslike woorde en frases in 'n Afrikataal te verwerf met die oog op klaskamerfasilitering en -bestuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om insig te verkry van die globale konteks van die klaskamer, leerders en idees wat onderrig word, asook die plaaslike wêreld en land waarin die klaskamer, leerders en skool geleë is. Diversiteit en sosiale geregverdigheid en die belangrikheid daarvan in die plaaslike en internasionale konteks, asook die belangrikheid daarvan vir onderrig en leer word ondersoek. Deur individuele - en groepsopdragte, word studente ingelig om die ooreenstemmende temas van globalisering, die plek van die nasionale staat en die plek daarvan in die streeks- en globale wêreld, en die rol van tegnologie en die media in die globalisering van opvoedkunde, te verstaan. Belangrike sosiale, politieke, historiese en ekonomiese faktore wat die klaskamer beinvloed, word ook ondersoek. Studente versamel, organsieer en evalueer inligting krities, waardeer die waarde van diversiteit in verskeie sosiale kontekste; gebruik probleemoplossingsvaardighede vir leeropdragte, en kommunikeer effektiewe idees in groepsopdragte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n voltydse module, waartydens studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder toesig van ‘n mentoronderwyser vir ‘n periode van drie weke aan die begin van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje  saamstel en ‘n vasgestelde aantal lesse voorberei en fasiliteer  wat deur die betrokke skool geassesseer sal word. Plasings vir die module kan in skole buite die Pretoria omgewing geskied.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die module bemagtig die student om die verskillende taalvaardighede in al die onderrigfases te kan beplan, aanbied en assesseer. Hierdie module gaan in detail op die onderrig van elk van die taalvaardighede in. Studente behoort ook na afloop van hierdie studie-eenheid in staat te wees om die verskillende taalvaardighede te kan integreer met die spesifieke genres (bv. Poësie, Prosa, Drama en Taal).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Biologiese diversiteit; mensbiologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om die vak Geskiedenis, soos deur die NKV en die KABV voorgeskryf, suksesvol aan te bied. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek, en die vereistes van die eksamens in Geskiedenis.  Studente moet onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bestudeer die gebruik van spotprente, pas kruiskurrikulering in lesbeplanning toe; stel 'n erfenisopdrag op; beplan en berei 'n Geskiedenisuitstappie voor; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teoretiese begronding en beginsels wat spesifiek van toepassing is op die gebied van Natuurwetenskap onderrig in Suid-Afrika; Beste praktyke, instruksionele ontwerp, assessering, en reflektiewe praktyk in Natuurwetenskap onderwys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Statistiekvironderwysers: Telbeginsels en waarskynlikheid: telbeginsels, permutasies en kombinasies, waarskynlikheid en verwagtewaarde. Beskrywendestatistiek: organsisasie en visualisering van data, beskrywings van sentraliteit en verspreiding, normaalverspreiding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module serves as an advanced study of a selection of English dramas, novels and poetry, as dealt with in their elective, and endeavours to enhance the students’ skills in the critical reading of a variety of literary genres. Students are required to display critical reading and academic writing skills in English in order to understand and appreciate the complexity and value of the selected genres. The teaching and learning will have as its focus the specific application of the selected literary genres to the teaching thereof. How to approach a play, novel or poem, and how to teach the relevant components in the various phases and grades will be dealt with.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bevat teoretiese sowel as praktiese komponente. Studente onderwysers word toegerus met kennis, vaardighede en ingesteldehede in die praktiese uitvoering van sportbestuur, organisering en bestuur in ‘n skoolomgewing en klaskamerbestuur en leierskap in die algemeen. Bestuursvaardighede en karaktereienskappe van die effektiewe Lewensoriënteringonderwyser word ook aangespreek. In die tweede semester word gefokus op klaskamerbestuur, differensiasie en assessering van die liggaamlike opvoedingsaktiwiteite en leeraktiwiteite vir verskillende ouderdomme

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Studie van die teoretiese en praktiese aspekte van koordirigering en verhoogproduksies. Dit bou verder op vorige kennis en vaardighede. Musiek dien as die primêre fokus, terwyl die ander kunsvorme ook geïntegreer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die fokus van hierdie module is op dieper teoretiese en praktiese kennis en begrip van die vakinhoudelike in die visuele kunsdissipline. Klem word geplaas op effektiewe insameling, analise, organisering en kritiese evaluering van kontemporêre visuele kultuur, asook die kreatiewe proses soos bepaal deur die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teoretiese begronding van onderrig in Wiskunde in alle fases en Wiskundige Geletterdheid in Suid-Afrika; instruksionele ontwerp; assessering en reflektiewe praktyk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Meetkunde vir onderwysers: Ruimte, vorm en grootte en meting. Meetkundige denke en redenering. Euklidiese meetkunde: ? sintetiese en analitiese benadering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module, wat op JZL 200 volg, is om leerders te help om verdere vaardighede te ontwikkel om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in isiZulu te komminikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer-en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; KABV-assesseringmetodes, -instrumente en ?tegnieke in assessering aan te wend.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sitologie; genetika; ekologie; evolusie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module follows progressively on JME 200 and pays in-depth attention to the practical aspects of teaching and assessing expressive and receptive communicative skills in accordance with national policy documents. A sound understanding of lesson planning based on constructive alignment is evidenced by a comprehensive portfolio. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module, wat op JND 200 volg, is om studente te lei om verdere vaardighede te ontwikkel om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in isiNdebele te kommunikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer-en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; NKV- en KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module, wat op JSP 200 volg, is om studente te lei om verdere vaardighede te ontwikkel om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in Sepedi te kommunikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer-en-onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; NKV- en KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module maak die student kennis met die teorie en praktyk van Afrikaans. Inhoude word verbesonder vir die eise van die onderwysprofessie. Die manifestasies van.die taalwetenskap, taalkwessies en taalvariëteite in die onderwys vorm die taalgedeelte van die module. Op letterkundige vlak bestudeer die student teorieë, werkswyses en tekste met betrekking tot Afrikaanse drama, prosa en poësie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Intensiewe studie van die effektiewe gebruik van onderrigmedia, die vervaardiging van modelle,  die verduideliking en onderrig van problematiese teoretiese en praktiese geografiese aspekte en begrippe, praktiese werk, die implementering van GIS in die onderrig van Geografie, die ontwerp van sinvolle klas- en huiswerkaktiwiteite, assessering, die kuns van lesaanbieding en die voorbereiding en aanbieding van mini-lesse met ‘n duur van 18 minute.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module, wat op JSW 200 volg, is om studente te help om verdere vaardighede te ontwikkel om skoolleerders te help om so doeltreffend moontlik op 'n meer akademiese vlak in Setswana te kommunikeer. Studente leer om benaderings tot leer en onderrig met mekaar te vergelyk; konsepte wat in UGO, die NKV en die KABV gebruik word te identifiseer en te onderskei; leer?en?onderrigmetodologieë en -tegnieke wat in die KABV vervat is op integrerende wyse te gebruik om lesse te beplan en voor te berei ten einde UGO te implementeer; KABV-assesseringmetodes, -instrumente en -tegnieke in assessering aan te wend.

     

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Temas om studente vir die professionele praktyk voor te berei. Skool verwagtinge. Etiek, professionele voorkoms, assesseringsraamwerke; hou van rekords; dissipline. Rol en organisering van ekstra-kurrikulêre aktiwiteite. Hantering van noodgevalle.

     

     

     

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module, waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder die mentorskap van ‘n ervare onderwyser, asook ‘n ervare mentor dosent vir ‘n periode van 8 weke in die tweede kwartaal  van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje  voorberei en ‘n vasgestelde aantal lesse  voorberei  en fasiliteer wat deur die betrokke skool en die aangewese mentor dosent  formeel geassesseer sal word. Plasings vir die module kan slegs in skole in die Pretoria omgewing geskied. Ondersteunende mikro- onderrigklasse sal vooraf, gedurende en na die aanbieding van Praktiese Onderwys PRO 452 geskied.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module, waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder die mentorskap van ‘n ervare mentor onderwyser, asook ‘n ervare mentor dosent vir ‘n periode van 8 weke in die derde kwartaal  van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje voorberei en ‘n vasgestelde aantal lesse fasiliteer wat deur die betrokke skool geassesseer sal word. Die professionele portefeulje word deur die toegewysde mentor dosente geassesseer.  Plasings vir die module kan in skole nasionaal of internasionaal geskied. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module behels die praktiese implementering van die teorie van die navorsingsprojek. Navorsingskontekste kan werkintegreerde leer en gemeenskapsfokus insluit. Navorsing geskied volgens die voorstel in JNM 461, en ‘n navorsingsverslag word deur die student  opgestel onder leiding van ‘n studieleier. Die verslag word assesseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module ontwikkel ‘n teoretiese en praktiese verwysingsraamwerk van die navorsingsveld en ‘n inleiding  vir studente tot die versameling van inligting en die identifisering en formulering van ‘n navorsingsprobleem. Navorsingsetiek, asook kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings, asook die beginsels van aksienavorsing word aangespreek. ‘n Navorsingsvoorstel en plan word ontwikkel en assesseer.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module is a continuation of the principles and practices of teaching and learning in the English classroom. Further development of planning learning experiences for the four language skills, namely listening, speaking, reading and writing, as well as language structure and grammar is focused on, based on the principles of inquiry-led learning, blended learning and constructive alignment.  Designing of lessons and learning and teaching support materials (LTSM) are developed, with a strong focus on technology and e-learning. Various teaching styles relevant to the learning experience are dealt with. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lesontwerp en die toepassing van ontwerp (voortsetting en toepassing van tweede? en derdejaarmetodologie-inhoud); fasespesifieke toepassing; toepassing,  aanpassing en integrering van uitkomste sodat oorbrugging kan plaasvind; vakspesifieke beginsels van assessering en toepassing; innoverende onderrig; tematiese beplanning; identifisering, aanpassing en gebruik van hulpbronne vir onderrig; seleksie en assessering van outentieke tekste en handboeke; fasilitering en bemiddeling van leer; meervlakkige onderrig (aanpassing van die kurrikulum om in die behoeftes van diverse leerders te voldoen); differensiasie (leerstyle en individuele verskille, meervoudige intelligensies) en inklusiewe onderwys; koöperatiewe leer; opleiding in elektroniese hulpbronne, e-leer en mikro-onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n gevorderde begrip van die visuele kunsdissipline in die verskillende fases soos bepaal deur die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV). Hierdie modules stel studente in staat om visuele kuns as vak op 'n verantwoordelike en effektiewe manier aan te bied as suksesvolle kunsonderwysers. Studente moet 'n probleem identifiseer, hul navorsing beplan en aanbied, asook klaskamerbestuur en leerderbehoeftes in die kunsklaskamer ondersoek. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Klem word gelê op die bereiking van die voorgeskrewe leeruitkomste in die Nasionale Kurrikulumverklaringsdokumente. Afrikaansonderrig  as huis- en  addisionele taal soos in die nasionale  kurrikulum vervat, word uitgelig. 'n Teoretiese grondslag word vasgelê vir die ontwerp en aanbied van lesse.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bevat die volgende temas: die geskiedenis van die verskillende fases van onderwys in Suid-Afrika en die verskillende onderrigmetodes wat in elke fase gebruik is; NKV- en KABV-prosessering (werkskema, skedule en assessering); meervoudige intelligensies; die fasilitering van grammatikalesse; die fasilitering van letterkundelesse; die fasilitering van kreatiewe?skryfwerklesse en die nasien van briewe en opstelle; vraagstellingsvaardighede vir die fasilitering van assessering (metodes, tegnieke en instrumente); en die aanwending van tegnologie in onderrig.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Reflektiewe praktyke en miskonsepsies in wiskunde.  Pedagogiese inhoudkennis van Wiskunde vir alle fases en Wiskundige Geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die kuns van lesaanbieding en die voorbereiding en aanbieding van mini-lesse met ‘n duur van 18 minute (voortsetting vanaf die einde van die Derde Studiejaar). 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n gevorderde begrip van die visuele kunsdissipline in die verskillende fases soos bepaal deur die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV). Hierdie modules stel studente in staat om visuele kuns as vak op 'n verantwoordelike en effektiewe manier aan te bied as suksesvolle kunsonderwysers. Studente moet 'n probleem identifiseer, hul navorsing beplan en aanbied, asook klaskamerbestuur en leerderbehoeftes in die kunsklaskamer ondersoek.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Innoverende en kreatiewe onderrig metodes en vaardighede in wiskunde; tematiese beplanning. Keuse en gebruik van verskillende hulpbronne. Assesseringspraktyke. Kommunikasie vaardighede. Klaskamerbestuur. Pedogogiese inhoudkennis van wiskunde vir alle fases en Wiskundige geletterdheid. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module builds progressively on previously acquired knowledge and skills obtained in JPS 121, JME 200 and JME 300. This knowledge and skills are progressively applied in the methodologies (JME 200, 300 and 451/454). The module offers a thorough overview of the learning content with specific focus on practical application as prescribed by the National Curriculum Statement Documents.  It focuses on developing learning experiences for the four language skills, namely listening, speaking, reading and writing, as well as language structure and grammar. Designing of lessons and learning and teaching support materials (LTSM) are developed. Various teaching styles and paradigmatic orientations relevant to the learning experience are dealt with. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bevat die praktiese toepassing van onderrigvaardighede, beplanning en aanbieding van Liggaamlike Opvoeding lesse as onderwerp van Lewensoriëntering (aanbieding van mikro-lesse).
    Teams sluit in:

    • Ondersoek van ‘n meta-kognitiewe benadering tot onderrig en leer
    • Die LO onderwyser as opvoedkundige (insluitend die innoverende oorbrugging van uitdagings)
    • Die LO onderwyser as berader (insluitende eko-sistemiese benaderings)
    • Selfontwikkeling in die gemeenskap
    • Gesondheids, sosiale en omgewings verantwoordelikhede
    • Grondwetlike regte en verantwoordelikheid
    • Liggamlike Opvoeding
    • Studievaardighede

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om Geskiedenis suksesvol aan te bied in die Senior- en Verdere Onderwys en Opleidingsfase. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek. Studente moet fase-spesifieke onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bied 'n mondelinge opdrag aan; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Innoverende onderrigmetodes en onderrigvaardighede vir Natuurwetenskap. Tematiese beplanning. Keuring en gebruik van verskeie bronne in Natuurwetenskap. Assesseringspraktyke, kommunikasievaardighede en klaskamerbestuur in Natuurwetenskap. Onderrigfilosofie en reflektiewe praktyke in Natuurwetenskap.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Na die Internskap gedurende die Tweede Semester:  Refleksie oor die Internskap, skoolhandboek-evaluering, toegepaste projekwerk en veldwerk.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sluit die volgende temas in: NKV- en KABV-prosessering (werkskema, skedule en assesering); meervoudige intelligensies; die fasilitering van grammatikalesse; die fasilitering van letterkundelesse; die fasilitering van kreatiewe?skryfwerklesse en die nasien van briewe en opstelle; vraagstellingsvaardighede vir die fasilitering van assessering (metodes, tegnieke en instrumente); en die aanwending van tegnologie in onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om studente met die noodsaaklike kennis en vaardighede aangaande die volgende komponente van die onderrig van Sepedi in skole toe te rus: onderwysbeginsel en onderrigmetodes; grammatika; letterkunde; kreatiewe skryfwerk; assessering en e-leer. Die module bevat die volgende temas: die geskiedenis van die verskillende fases van onderwys in Suid-Afrika en die verskillende onderrigmetodes wat in elke fase gebruik is; NKV- en KABV-prosessering (werkskema, skedule en assessering); meervoudige intelligensies; die fasilitering van grammatikalesse; die fasilitering van letterkundelesse; die fasilitering van kreatiewe?skryfwerklesse en die nasien van briewe en opstelle; vraagstellingsvaardighede vir die fasilitering van assessering (metodes, tegnieke en instrumente); en die aanwending van tegnologie in onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Innoverende onderrigmetodes en onderrigvaardighede vir Natuurwetenskap. Tematiese beplanning. Keuring en gebruik van verskeie bronne in Natuurwetenskap. Assesseringspraktyke, kommunikasievaardighede en klaskamerbestuur in Natuurwetenskap. Onderrigfilosofie en reflektiewe prakayke in Natuurwetenskap.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    As deel van die leeruitkomste moet studente hulle kennis en begrip van die teorie toepas in all praktiese sport- en bewegings ontwikkelings situasies soos voorgeskryf deur die Nasionale Kurrikulum en Assesserings beleidsverklarings in die skoolomgewing.Spesifieke aandag word gegee aan die meta-kognitiewe vaardighede van deistudente, om hulle te bemagtig vir hulle onderrig take, asook om hulle in staat te stel om die meta-kognitiewe vaardighede in hulle leerders te ontwikkel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Klem word gelê op die bereiking van die voorgeskrewe leeruitkomste in die Nasionale Kurrikulumverklaringsdokumente . Afrikaansonderrig as huis- en  addisionele taal soos in die nasionale  kurrikulum vervat, word uitgelig. 'n Teoretiese grondslag word vasgelê vir die ontwerp en aanbied van lesse.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lesontwerp en die toepassing van ontwerp (voortsetting en toepassing van  tweede? en derdejaarmetodologie-inhoud); fasespesifieke toepassing; toepassing,  aanpassing en integrering van uitkomste sodat oorbrugging kan plaasvind; vakspesifieke beginsels van assessering en toepassing; innoverende onderrig; tematiese beplanning; identifisering, aanpassing en gebruik van hulpbronne vir onderrig; seleksie en assessering van outentieke tekste en handboeke; fasilitering en bemiddeling van leer; meervlakkige onderrig (aanpassing van die kurrikulum om in die behoeftes van diverse leerders te voldoen); differensiasie (leerstyle en individuele verskille, meervoudige intelligensies) en inklusiewe onderwys; koöperatiewe leer; opleiding in elektroniese hulpbronne, e-leer en mikro-onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om studente met die noodsaaklike kennis en vaardighede aangaande die volgende komponente van die onderrig van Sepedi in skole toe te rus: onderwysbeginsel en onderrigmetodes; grammatika; letterkunde; kreatiewe skryfwerk; assessering en e-leer. Die module bevat die volgende temas: die geskiedenis van die verskillende fases van onderwys in Suid-Afrika en die verskillende onderrigmetodes wat in elke fase gebruik is; NKV- en KABV-prosessering (werkskema, skedule en assessering); meervoudige intelligensies; die fasilitering van grammatikalesse; die fasilitering van letterkundelesse; die fasilitering van kreatiewe?skryfwerklesse en die nasien van briewe en opstelle; vraagstellingsvaardighede vir die fasilitering van assessering (metodes, tegnieke en instrumente); en die aanwending van tegnologie in onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die toepassing van vorige akademiese kennis en praktiese vaardighede met die skepping van ‘n verhoogproduksie. Die fokus is op ‘n gemeenskapsprojek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente word met die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings toegerus wat in die praktyk toegepas en ontwikkel word ten einde die inherente  musikaliteit van alle leerders te versterk. Dit bou verder op vorige kennis en vaardighede.wat progressief in die metodiek aangewend word. Musiek dien as die primêre fokus, terwyl die ander kunsvorme ook geïntegreer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om Geskiedenis suksesvol aan te bied in die Senior- en Verdere Onderwys en Opleidingsfase. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek. Studente moet fase-spesifieke onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bied 'n mondelinge opdrag aan; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lesontwerp en die toepassing van ontwerp (voortsetting en toepassing van tweede? en derdejaarmetodologie-inhoud); fasespesifieke toepassing; toepassing,  aanpassing en integrering van uitkomste sodat oorbrugging kan plaasvind; vakspesifieke beginsels van assessering en toepassing; innoverende onderrig; tematiese beplanning; identifisering, gebruik en aanpassing van hulpbronne vir onderrig; seleksie en assessering van outentieke tekste en handboeke; fasilitering en bemiddeling van leer; meervlakkige onderrig (aanpassing van die kurrikulum om in die behoeftes van diverse leerders te voldoen); differensiasie (leerstyle en individuele verskille, meervoudige intelligensies) en inklusiewe onderwys; koöperatiewe leer; opleiding in elektroniese hulpbronne, e-leer en mikro-onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lesontwerp en die toepassing van ontwerp (voortsetting en toepassing van tweede? en derdejaarmetodologie-inhoud); fasespesifieke toepassing; toepassing,  aanpassing en integrering van uitkomste sodat oorbrugging kan plaasvind; vakspesifieke beginsels van assessering en toepassing; innoverende onderrig; tematiese beplanning; identifisering en aanpassing van hulpbronne vir onderrig; seleksie en assessering van outentieke tekste en handboeke; fasilitering en bemiddeling van leer; meervlakkige onderrig (aanpassing van die kurrikulum om in die behoeftes van diverse leerders te voldoen); differensiasie (leerstyle en individuele verskille, meervoudige intelligensies) en inklusiewe onderwys; koöperatiewe leer; opleiding in elektroniese hulpbronne, e-leer en mikro-onderrig.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences