Code | Faculty |
---|---|
06130005 | Fakulteit Teologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 504 |
Hierdie program het ten doel om kerklike teologiese opleiding én vorming te verskaf en behels twee aspekte, naamlik ’n algemeen-kerklike aspek en ’n kerkspesifieke aspek.
Die struktuur van die program word bepaal deur ’n balans tussen (1) die Bybelwetenskaplike, (2) histories-sistematiese en (3) toegepaste dimensies van die Teologie.
Die uitkoms waarop die program gerig is, is teoreties-onderlegde praktiese vorming met die oog op 'n breë spektrum van kerklike bediening. Vir hierdie doel word ’n sekere deel van die program in samewerking met kerklike vennote wat die program ondersteun, aangebied.
’n Student wat vir hierdie program registreer, moet aan die begin van elke jaar sy of haar leergang aan die Dekaan vir goedkeuring voorlê.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of English | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 25 (23-24 toelating op grond van NBT) |
Notas:
Spesiale eksamen
Sien Algemene Regulasies G.12.4 en G.12.6.
’n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens twee semestermodules of een jaarmodule waarin hy of sy ’n gesamentlike syfer van minstens 40% behaal het, mag toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen in die betrokke modules af te lê.
1. Om tot modules van die tweede studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens sewe semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.
2. Om tot modules van die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens 15 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 110 en 120 en Hebreeus 110 en 120, tensy die Dekaan anders beslis.
3. Om tot modules van die vierde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student 24 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 210 en 220 en Hebreeus 210 en 220, tensy die Dekaan anders beslis.
Akademiese uitsluiting
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke fakulteitskomitee, ’n student akademies uitsluit deur die registrasie vir die bepaalde jaar of vir die volgende jaar te beëindig, indien hy/sy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. U mag teen akademiese uitsluiting appelleer, maar dit is wenslik om enige probleme so gou moontlik op te los. Raadpleeg u dosent sodra u probleme met u studies ondervind.
Die graad word met lof aan ‘n student toegeken wat ten minste ‘n gemiddelde van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules van die finale jaar behaal het en 75% in die onafhanklike studie (OST 410), op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App