Code | Faculty |
---|---|
06130005 | Fakulteit Teologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 504 |
Hierdie program het ten doel om kerklike teologiese opleiding én vorming te verskaf en behels twee aspekte, naamlik ’n algemeen-kerklike aspek en ’n kerkspesifieke aspek.
Die struktuur van die program word bepaal deur ’n balans tussen (1) die Bybelwetenskaplike, (2) histories-sistematiese en (3) toegepaste dimensies van die Teologie.
Die uitkoms waarop die program gerig is, is teoreties-onderlegde praktiese vorming met die oog op 'n breë spektrum van kerklike bediening. Vir hierdie doel word ’n sekere deel van die program in samewerking met kerklike vennote wat die program ondersteun, aangebied.
’n Student wat vir hierdie program registreer, moet aan die begin van elke jaar sy of haar leergang aan die Dekaan vir goedkeuring voorlê.
Minimum vereistes | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 25 |
Notas:
Spesiale eksamen
Sien Algemene Regulasies G.12.4 en G.12.6.
’n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens twee semestermodules of een jaarmodule waarin hy of sy ’n gesamentlike syfer van minstens 40% behaal het, mag toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen in die betrokke modules af te lê.
1. Om tot modules van die tweede studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens sewe semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.
2. Om tot modules van die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens 15 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 110 en 120 en Hebreeus 110 en 120, tensy die Dekaan anders beslis.
3. Om tot modules van die vierde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student 24 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 210 en 220 en Hebreeus 210 en 220, tensy die Dekaan anders beslis.
Akademiese uitsluiting
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke fakulteitskomitee, ’n student akademies uitsluit deur die registrasie vir die bepaalde jaar of vir die volgende jaar te beëindig, indien hy/sy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. U mag teen akademiese uitsluiting appelleer, maar dit is wenslik om enige probleme so gou moontlik op te los. Raadpleeg u dosent sodra u probleme met u studies ondervind.
Die graad word met lof aan ‘n student toegeken wat ten minste ‘n gemiddelde van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules van die finale jaar behaal het en 75% in die onafhanklike studie (OST 410), op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.
Die doel van die Dekaanslys is om erkenning te gee aan die top akademiese presteerders in die Fakulteit.
Ten einde te kwalifiseer vir Dekaanlys, moet 'n student 'n uitstaande akademiese rekord vir voltooide studies behaal het.
Voorgraadse studente (BDiv, BTh en Dip [Teol]) moet 'n gemiddeld van 75% (GPA) of hoër behaal het in al hul studiejare. Geen modules mag herhaal word nie, en alle modules moet in dieselfde jaar geregistreer word vir die spesifieke jaar van studie.
Honneursstudente moet ‘n gemiddeld van 75% (GPA) of meer bereik. Voltydse student moet die grad in een jaar voltooi, en deeltydse student in twee jaar. Geen modules mag herhaal word nie.
Magisterstudente moet 'n gemiddeld van 75% (GPA) of meer bereik, en die graad moet in die minimum voorgeskrewe tyd voltooi.
Die toppresteerders van die Fakulteit wie gekies word om deel van die Dekaanslys te wees, sal tydens 'n funksie wat jaarliks deur die Dekaan aangebied word, erken word.
Minimum krediete: 120
Keusemodules:
Twee semster modules van 'n ander fakulteit. Die kredietwaarde mag nie meer as 24 wees nie.
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
By the end of this module students should be able to cope more confidently and competently with the reading, writing and critical thinking demands that are characteristic of the field of Theology.
Module-inhoud:
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
Hebreeuse grammatika (3) Gevorderde studie van die werkwoordsisteem: die onreëlmatige en swak werkwoorde. Passasies uit die Ou Testament vorm die basis van studente se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Hebreeuse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die OT met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit onvoorbereide leesstukke in.Module-inhoud:
Verantwoording oor die verhouding teologie en spiritualiteit. Ensiklopedie van die teologie.Module-inhoud:
Griekse grammatika (3) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks: medium- en passiefvorme, die derde verbuiging, en analise van saamgestelde sinne. Passasies uit die Nuwe Testament vorm steeds die basis van die student se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Griekse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die NT en/of Apostoliese Vaders, met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit ook vertaling van onvoorbereide leesstukke uit die betrokke korpusse in.Module-inhoud:
Die ensiklopedie van die Nuwe Testament. Die Mediterreense sosio-kulturele leefwêreld van die Nuwe Testament.Module-inhoud:
Fundamentele module. Ensiklopedie van die Teologie.Module-inhoud:
Griekse grammatika (1) Basiese kenmerke van Hellenistiese Grieks: die skryftekens en uitspraak, die Griekse werkwoord- en naamwoordsisteme, vervoeging en verbuiging, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van aangepaste passasies uit die Griekse Nuwe Testament. Deurlopende evaluering sluit klastoetse en tuiswerk-opdragte in. Griekse grammatika (2) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks, uitbreiding van die basiese woordeskat, asook analise van saamgestelde sinne. Aangepaste passasies uit die Nuwe Testament vorm die basis van die praktiese oefening in akademiese geletterdheid.Module-inhoud:
Hebreeuse grammatika (1) Basiese grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: die skryftekens en uitspraak, Hebreeuse oordsoorte, die naamwoord- en werkwoordsisteem, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van geselekteerde passasies uit die Hebreeuse Ou Testament. Hebreeuse grammatika (2) Meer gevorderde grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: gebruike van naamwoorde, werkwoorde en partikels; die afgeleide stamformasies van die werkwoord. Passasies uit die Hebreeuse Ou Testament vorm die basis van die praktiese inoefening en akademiese geletterdheid.Module-inhoud:
Die geografiese en historiese agtergrond van die Ou Testament. Die Nabye-Oosterse kulturele agtergrond van die Bybel.Module-inhoud:
Deel 1: Penologie In die Penologie word aandag aan die strafregsplegingstelsel as sisteem gegee ten einde die belangrikheid van ’n geïntegreerde benadering tot oortrederhantering te benadruk. Die impak van oorbevolking in gevangenisse word krities in oënskou geneem. Verder word aandag aan die probleme rakende verhoorafwagtende oortreders asook die belang van gemeenskapsgebaseerde vonnisse en die herintegrasie van oortreders in die gemeenskap gegee. Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer Verantwoordelikhede van die polisie en gemeenskap by misdaadvoorkoming en -beheer. Primêre, sekondêre en tersiêre misdaadvoorkoming, misdaadvoorkoming en -vermindering in Suid-Afrika.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
Introduction to Literature in English (2)
This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.
Module-inhoud:
Deel 1: Fundamentele kriminologie
Inleiding tot die kriminologie, omskrywing van misdaad, misdaadtendense, klassieke en positivistiese verklarings van misdaad.
Deel 2: Geweldsmisdaad
‘n Kort analise van oorsake, gevolge en meganismes ter voorkoming en vermindering van geweldsmisdaad in ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Omskrywing van geweldsmisdaad in terme van interpersoonlike geweld, moord, geweldsmisdaad binne die kriminele regsplegingstelsel en eiendomsverwante geweldsmisdaad.
Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama
Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Inleiding in godsdiens- en sendingwetenskap. Inleiding in teologie van sending.Module-inhoud:
Inleiding in dogmatiek en Christelike etiek; inleiding in seleksie van fundamentele lokusse.Module-inhoud:
Inleiding tot narratologie en Ou-Testamentiese eksegese: Capita selecta: Rut, Kronieke, Esra, Nehemia
Module-inhoud:
Griekse poësie – teksanalise Basiese teorie van poëtiese teksanalise en toepassing daarvan op geselekteerde NT-tekste en verwante poësietekste. Griekse tekste – holistiese analise Studente word begelei om selfstandig gekose Griekse tekste te lees en te analiseer deur die toepassing van al die kennis en vaardighede wat in GRK-modules op jaarvlak 1 asook in GRK 210 en 220 verwerf is.Module-inhoud:
Hebreeuse poësie – teksanalise Basiese teorie vir analise van Hebreeuse poësie en toepassing op geselekteerde OT poëtiese tekste. Hebreeuse tekste – holistiese analise Studente word begelei om selfstandig gekose Hebreeuse tekste te lees en te analiseer deur die toepassing van al die kennis en vaardighede wat in HEB-modules op jaarvlak 1 asook in HEB 210 en 220 verwerf is.Module-inhoud:
Geskiedenis van die vroeë kerk tot en met Augustinus.Module-inhoud:
Griekse tekste – sintaksis Basiese sintaktiese teorie en toepassing op geselekteerde Griekse tekste. Griekse prosa – teksanalise Basiese teorie van volledige teksanalise en toepassing daarvan op geselekteerde NT- prosatekste.Module-inhoud:
Jeugwerk. Christelike opvoeding en onderwys.Module-inhoud:
Introduction to the exegesis and theology of the gospels according to Mark and Matthew.
Module-inhoud:
Hebreeuse tekste – sintaksis Basiese sintaktiese teorie en toepassing op geselekteerde Hebreeuse tekste. Hebreeuse prosa – teksanalise Basiese teorie van volledige teksanalise en toepassing op geselekteerde OT-prosatekste.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Antropologie, Christologie en soteriologie.Module-inhoud:
Kerk, sending en leierskap. Godsdiensfenomenologie.Module-inhoud:
Poëtiese en apokaliptiese literatuur van die Ou Testament.Module-inhoud:
Skrifgesag en skrifgebruik in teologie en etiek.Module-inhoud:
Pastorale sorg I. Kontekstudies I.Module-inhoud:
Liturgiek en homiletiek I. Himnologie en homiletiek I.Module-inhoud:
Eksegetiese metodiek. Capita Selecta: Vroeë Profete.Module-inhoud:
Vorming met die oog op die algemene bedieningspraktyk. Gemeenskapsbetrokkenheid in samewerking met die kerklike vennote.
Module-inhoud:
Reformasie en die reformatoriese nalatenskap in Europa.Module-inhoud:
Die 19de en 20ste eeue. Opkoms van ideologieë en filosofiese bewegings. Die Ekumeniese Beweging.Module-inhoud:
Primale godsdienste. Afrika-godsdienste; Afrika onafhanklike kerke. Teologieë van die Derde werêld.Module-inhoud:
Inleiding, teologie en eksegese van Lukas. Inleiding, teologie en eksegese van Handelinge.Minimum krediete: 120
Keusemodules:
Vyf (5) semester modulesvan die voorgeskryfde lys. In net een vak mag altwee modules gekies word.
Module-inhoud:
Sendingpraktyk en diensgetuienis in konteks.Module-inhoud:
Pastorale sorg II. Konteksstudies II.Module-inhoud:
Sosiale etiek, ekklesiologie en eskatologie.Module-inhoud:
Skripsie gebaseer op onafhanklike leeswerk en navorsing in een van die vakke in die BTh-leergang (Praktykvorming uitgesluit).Module-inhoud:
Introduction, theology and exegesis of the authentic Pauline letters. Marriage, sexuality and ecclesiology in Paul.Module-inhoud:
Inleiding, teologie en eksegese van die outentieke Paulusbriewe. Inleiding, teologie en eksegese van die Algemene Briewe.Module-inhoud:
Pastorale berading I. Liturgiek en Homiletiek II.Module-inhoud:
Missionêre ekklesiologie. Missionêre diakonaat en eko-praktyk.Module-inhoud:
Seleksie van die Profete.Module-inhoud:
Kerkreg (algemeen en kerkspesifiek).Module-inhoud:
Teologie van die Ou Testament.Module-inhoud:
Oosterse godsdienste. Israel, Islam en Christendom.Module-inhoud:
Teologie en etiek van die Nuwe Testament.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App