E-pos ons

FAQ

Reis u in Desember na ’n malariagebied? – Malaria Buddy is hier om te help

Die Universiteit van Pretoria Instituut vir Volhoubare Malariabeheer (UP IVMB) het 'n mobiele toepassing (toep) bekend gestel wat mense, hoofsaaklik toeriste, oor malaria inlig.

Genetiese diversiteit in Afrika kan die antwoord tot vatbaarheid vir siektes inhou

'n Span Suid-Afrikaanse navorsers, wat navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) insluit, het onlangs 'n studie voltooi wat daarop gemik was om die unieke genetiese aard van Suider-Afrikaanse bevolkings te ontsluit.

Registrasies vir die 2018 akademiese jaar is volledig aanlyn

Registrasie vir nuwe studente begin op 10 Januarie en duur tot 19 Februarie 2018. Terugkerende voorgraadse en nagraadse studente kan vanaf 1 Januarie 2018 tot 19 Februarie 2018 aanlyn op hul studenteportaal registreer.

Begin jou reis by UP

Verwelkomingsdag is een van die belangrikste dae op die Universiteit se akademiese kalender wanneer ons ons eerstejaarstudente en hulle ouers of voogde formeel as deel van die UP-familie en -gemeenskap verwelkom.

Korrupsie en staatskaping: Navorsing gee 'stem' vir gewone Suid-Afrikaners

Die Sentrum vir Kommunikasie- en Reputasiebestuur aan die Universiteit van Pretoria het onlangs 'n studie van stapel gestuur om die sienings van gewone burgers oor korrupsie en staatskaping te verken.

Aansoeke 2018
Nuwe studente
Huidige studente
International Cooperation Division
Nadoktorale studente
Fooie en befondsing
Studenteverblyf
Alumni
Ouers
Jaarboeke
Betalings

#KiesUP

Die Universiteit van Pretoria is 'n navorsingintensiewe universiteit met verskeie fakulteite. Die Universiteit het kampusse in Pretoria en omgewing en in die land se ekonomiese middelpunt, Johannesburg. Die Universiteit is gerieflik naby staatsdepartemente en belangrike navorsingsentiteite, insluitend die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad), in Pretoria geleë.

Meer oor UP

Wat gebeur by UP?
2017 Jaareindboodskap van die Visekanselier

Met 2017 wat tot 'n einde kom, wil ons graag ons beste wense aan u oordra vir die feesgety met die hoop dat alle lede van die UP-gemeenskap 'n welverdiende somervakansie sal geniet. Ek wil al ons personeel bedank vir hulle harde werk en toewyding aan kwaliteitonderrig, leer en navorsing deur die loop van die jaar. Ons hoop dat u en u families 'n vredevolle, veilige en vreugdevolle feesseisoen sal hê en wens u alles van die beste toe vir 2018.

Geleenthede
RSS
Volledige geleentheidkalender
Geen geleenthede beskikbaar nie.
Video's
Kyk na al die YouTube-video's

Internasionale studie wys SA skoolleesgeletterdheid is in die moeilikheid

Van oudits na aksie: UP data red mammas en babas