Code | Faculty |
---|---|
10131081 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 636 |
Prof FM Mulaudzi [email protected] | +27 (0)123541908 |
Die graad Baccalaureus in Verpleegkunde (Onderrig en Administrasie) [BCur (I et A)] bied aan professionele verpleegkundiges, geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV), die geleentheid om na-basiese, professionele kwalifikasies in enige van die ondergenoemde spesialiserings-rigtings (hoofspesialiteit) te verwerf:
Suksesvolle voltooiing van die hele graadprogram sal aan gegradueerdes ook die geleentheid bied om hul studies, binne hul gekose spesialiserings-gebied, op nagraadse vlak voort te sit, indien daar voldoende aansoeke is.
Kandidate wat aan die betrokke toelatingsvereistes voldoen, moet ’n geskikte leergang binne die gekose spesialiseringsgebied, in oorleg met die departementshoof saamstel. Sodanige saamgestelde leergang moet in oorleg met die departementshoof op ’n jaarlikse basis hersien word.
Let wel: Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Registrasie as verpleegkundige met twee jaar ondervinding
Let asseblief daarop dat Graad 12-leerders nie vir hierdie programme kan aansoek doen nie.
Addisionele toelatingsvereistes vir Kliniese Verpleegkunde
Minstens 360 krediete word vereis, onderhewig aan:
Studente sal vrygestel word van voorgeskrewe modules op grond van ooreenstemmende modules in die voorafgaande sewe (7) jaar geslaag.
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Sekere hospitale en gesondheidsorgfasiliteite is goedgekeur vir die doel van praktiese en kliniese opleiding. Daar sal van studente verwag word om hul praktiese werk en/of kliniese opleiding aan hierdie fasiliteite te voltooi.
Die graad word met lof aan studente toegeken wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die vereiste 300-vlak modules behaal het.
Fakulteitsertifikate
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Gesondheidsorgomgewing: struktuur, dinamiek en impak op die kliniese standaarde van die verpleegpraktyk. Nasionale bevolkings- en gesondheidsprofiele. Epidemiologiese uitgangspunte oor gesondheid. Die gesondheidsorgomgewing en die dinamiek van gesondheidsorgdienste. Faktore wat kontemporêre gesondheidsdienslewering beïnvloed. Beleid en die lewering van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Geselekteerde gesondheidsorgpraktykmodelle (insluitend die eienskappe van die verpleegpraktyk). Die basiese beginsels en metodologie van verpleegnavorsing. Toepassing van navorsing op die verpleegpraktyk. Leierskapsbeginsels in die verpleegpraktyk. Leierskapstyle en -vaardighede. Leidinggewing in die verplegingseenheid. Beginsels van menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling. Die beginsels van volwasse-onderrig en leer in die kliniese praktyk. Die volwasse leerder en evaluering.Module-inhoud:
Kommunikasie- en bestuursbeginsels vir die verpleegpraktyk. Selfhandhawing en interpersoonlike kommunikasie, spanbou en die bestuur van kulturele diversiteit en verandering. Geskrewe kommunikasie. Bestuur van konflik, krisis-tussentrede en streshantering. Fasilitering van gesondheids-, welsyns- en gemeenskapsontwikkeling. Basiese eerstevlakbestuursbeginsels in die verpleegpraktyk. Kwaliteitsversekering en standaarde vir die verpleegpraktyk. Beginsels van finansiële beplanning en bestuur. Privaatverpleegpraktyk. Eties-wetlike raamwerk vir die verpleegpraktyk. Professionele pligte en verantwoordelikhede van geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue/vroedmeesters. Ontwikkeling van die verpleegprofessie, die etos en fundamentele standpunte van verpleging. Beginsels van professionele praktyk. Praktykbestuur, statutêre beheer en professionele selfregulering. Menseregte, die regte van pasiënte en internasionale perspektiewe op pasiëntsorg. Etiek, etiese dilemmas en etiese besluitneming in die verpleegpraktyk.Module-inhoud:
*Slegs vir BNur studente
Bedryf- en Organisasiesielkunde is ‘n toegepaste veld van die Sielkunde wat fokus op werknemer en organisatoriese gedrag. Die module het ten doel om die student bekend te stel aan:
Individuele prosesse
In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na qaspeket soos vorm-, diepte-, afstand– en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf– en organisasiesielkunde.
Module-inhoud:
*Slegs vir BNur-studente
Menslike ontwikkeling en persoonlikheid
Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike omgewing word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks. Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aand ie kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid, persoonlikheid as gedragsbepaler en die ont¬wikkeling en instandhouding van die selfkonsep. Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en –assessering.
Motivering en werknemer welstand
Een van die baie faktore wat deel vorm van individuele prosesse is Motivering en Emosie. Om insig te hê in individuele prosesse sal bydra tot 'n begrip van hoe en waarom werknemers presteer by hulle werkplekke . Die eerste deel van hierdie semester kursus het ten doel om die student bekend te stel aan die fundamentele teorieë van motivering en emosie. Die tweede deel van hierdie semesterkursus is gemoeid met die erkenning en klassifikasie van sielkundige versteurings, asook die bestuur en bevordering van psigologiese welstand in organisasies. 'n Positiewe siening van psigologiese gesondheid het ten doel om die persoon se innerlike hulpbronne of sterkpunte en uithouvermoeë te fasiliteer sodat hulle gesond bly en effektief kan omgaan.
Module-inhoud:
Leerstrategieë en onderwysmedia Ontwikkeling van onderwysstrategieë en ontwerp van oudiovisuele hulpmiddels en evalueringsmiddele. Teorie van didaktiek. Kognitiewe en intellektuele funksionering van volwassenes. Onderwysverhoudinge.Module-inhoud:
Kurrikulum- en programontwikkeling. Toepassing van die beginsels van kurrikulumbou. Kurrikuleringsbestuur, asook programbestuur en bestuur van verplegingskole. Studentebegeleiding. Leerprobleme en remediëringspraktyke. Studente-ondersteuningstelsels. Leerteorieë.Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Verpleegonderwys praktiese werk. Verpligte praktiese werk, insluitend die voorbereiding en aanbieding van minstens tien (10) lesings en vyf (5) kliniese onderwyssessies.Module-inhoud:
Die konteks van gemeenskapsverpleegkunde. Gemeenskapsgesondheid, gemeenskapsgebaseerde verpleegsorg en primêre gesondheidsorg (PGS). Prosesse in gemeenskapsverpleegkunde. Beraming, diagnose, tussentrede en evaluering. Gesondheidsonderrig en tuisgesondheidsorgverpleging.Module-inhoud:
Individuele, gesins- en gemeenskapsorg binne die konteks van gemeenskaps-verpleegkunde. Omvattende benadering tot die versorging van babas, kinders, vroue, mans en diegene in unieke omgewings of omstandighede (bv. bejaardes, haweloses, gemarginaliseerde gemeenskappe, noodsituasies en voortplantingsgesondheid). Algemene gemeenskapsgesondheidsprobleme. Oordraagbare siektes en immunisasie, MIV/Vigs. Chroniese fisieke en geestesgesondheidsprobleme. Sosiale patologie in die gemeenskap.Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Gemeenskapsverpleegkunde prakties. Verpligte praktiese werk, insluitend moeder- en kindergesondheid, skoolgesondheid, beroepsgesondheid en -veiligheid, geriatriese sorg, die voorkoming en beheer van oordraagbare siektes, rehabilitasiedienste en gemeenskapshulpbronne, omgewingsveiligheid, fisieke en verpleegassessering van pasiënte, diagnose, sorg en gesondheidsvoorligting. Gesinstudie en gemeenskapsprofiel.Module-inhoud:
Statutêre raamwerk en wetenskaplike basis vir kliniese verpleegkunde. Kliniese verpleegpraktyk: wetlike aspekte, statutêre en professionele beheer. Homeostase, basiese wetenskappe en kritiese denkoefeninge in kliniese verpleging. Probleemgedrewe kliniese verpleegpraktyk. Probleemoplossing: eienskappe, voordele en die probleemoplossingsproses. Probleemoplossing en die verpleegproses. Aspekte van stelselgeoriënteerde verpleegsorg: beraming, diagnose, beplanning, implementering en evaluering.Module-inhoud:
Kliniese beredenering in die verpleegpraktyk. Kliniese oordeel en kliniese besluitneming. Kontekstuele en taakeienskappe van kliniese besluitneming. Strategieë om kliniese beredenering te verbeter. Kliniese beredenering in die beraming van siekteprosesse en in die evaluering van behandelingsmodaliteite vir siekteprosesse in die verpleegpraktyk. Reflektiewe kliniese verpleegpraktyk. Reflektiewe verpleegpraktyk: beginsels en toepassing. Lewering van probleemgedrewe, probleemgebaseerde en holistiese verpleegsorg in akute sorgomgewings.Module-inhoud:
Ontwikkeling van verplegingsonderwys. Historiese ontwikkeling van verplegingsonderwys. Filosofiese aspekte en die funksionering van verpleegskole. Onlangse verwikkelinge in die verplegingsonderwys. Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO). Kurrikulumontwikkeling. Kurrikulumbou. Korrelasie tussen teorie en praktyk. Die leerproses en die aktiewe betrokkenheid van die leerder.Module-inhoud:
Fasilitering van leer. Bepaling van vordering en evaluering. Verpleegproses as modaliteit in verplegingsonderwys. Toewysing van leerders in die kliniese praktyk en die fasilitering van kliniese leer. Verpleegteorieë en hul toepassing.Module-inhoud:
Sisteembenadering, teorieë en beleid: toepassing in verplegingsbestuur. Etiese kode en die generiese administratiewe proses. Beplanning en organisering op eerstevlakbestuur. Gesondheidsorgfasiliteite, finansiële beplanning en tydbenutting. Probleemoplossing, verandering en organisering.Module-inhoud:
Leidinggewing op eerstevlakbestuur. Personeelvoorsiening en -benutting. Leierskap. Beheer op eerstevlakbestuur, inspeksies en toesighouding. Pasiëntklassifikasie en rekordhouding.Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Verplegingsbestuur prakties. Verpligte praktiese werk, insluitend: begroting, statistieke, nie-verpleegkundige take, posbeskrywings, memoranda en verslagskrywing. Instrument vir die evaluering van werkverrigting.Module-inhoud:
Algemene kliniese verpleegpraktykstelsels. Noodhulp, KPR en primêre noodsorg. Hemodinamiese monitering, die evaluering van oksigenasiestatus, suurbasisewewig en elektrolietbalans. Beginsels van meganiese ventilering. Basiese interpretasievaardighede vir radiografiese beelding. Elektrokardiografie: basiese beginsels en toepassing. (Vorige kodes: VPT 100, VGK 101. )Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
*Slegs vir BNur-studente
Groepsgedrag en leierskap
Hierdie module fokus op organisasiegedrag met spesifieke verwysing na die beginsels van groepsgedrag en die rol van werkspanne in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op groepsontwikkeling, -interaksie, -strukture en -prosesse asook die bevordering van spanprestasie in organisasies.
Leierskap en die invloed van mag en politiek in die organisasie word bestudeer. Die funksie wat leierskap in individuele, groeps- en taakgerigtegedrag vervul, word toegelig.
Organisasiegedrag
Die gedragsbasis vir organisasiestrukturering en -ontwerp word in die module bestudeer. Organisasiekultuur as ’n belangrike faset van ’n organisasie word toegelig. Die dinamiek en benaderings tot organisasieverandering word behandel. Daar word spesifiek gefokus op die rol van veranderingsagente, weerstand teen verandering en organisasie-ontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke met betrekking tot organisasieverandering word prakties toegelig.
Module-inhoud:
Die gemeenskapsverplegingsproses. Assessering, beplanning, implementering en evaluaring binne die gemeenskaps-gesondheidsverplegingkonteks. Epidemiologie en demografie in gemeenskaps-gesondheidsverpleging.Module-inhoud:
Gemeenskapsbetrokkenheid. Gemeenskapsbemagtiging, -ontwikkeling en -deelname. Gehalteversekering en verandering in die gemeenskapskonteks.Module-inhoud:
Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.Module-inhoud:
Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.Module-inhoud:
Praktika volgens die spesialiseringsrigting.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder se verantwoordelikhede ten opsigte van die voorsiening en aanwending van verpleegpersoneel.Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder se verantwoordelikhede ten opsigte van die behoud van verpleegpersoneel en die lewering van kwaliteit verpleegdienste.Module-inhoud:
Gespesialiseerde kliniese verpleegpraktykstelsels. Verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegkunde spesialiseringsareas: kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Basiese onderrig in die verplegingsnavorsingsproses.Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuurstelsels Die afdeling verskaf ‘n inleiding tot menslikehulpbronbestuurstelsels en spreek ook hedendaagse ontwikkelinge en vraagstukke op die gebied aan. Die volgende temas word omvattend bespreek: posontleding, posbeskrywing en posspesifikasie; posontwerp; vergoedingsteorie en -stelsels; posevaluering en -gradering; voordele- en byvoordele-stelsels. Vergoedingstelsels as motivering vir werknemers word ook behandel. Menslikehulpbronvoorsiening Menslikehulpbronvoorsiening word, vanuit ‘n bedryfsielkundige perspektief, aangebied onder die volgende hoofde: mensehulpbronbeplanning; makro- en mikroveranderlikes wat ‘n invloed het op personeelvooruitskatting en -voorsiening; menslikehulpbron-inligtingstelsels; die ouditering van vaardighede; asook tegnieke soos werwing, keuring, plasing en induksie.Module-inhoud:
Prestasiebestuur, opleiding en ontwikkeling
Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses en fokus op die volgende aspekte: die basiese konsepte van prestasiebestuur, die prestasiebestuursproses, prestasiebestuursmetodes, asook die beoordelingsonderhoud. Die module sal ook opleiding en ontwikkeling binne in die werkskonteks aanspreek, en sal veral fokus op die opleidingsproses. Dit sal insluit: basiese konsepte in opleiding en ontwikkeling, die opleidingsproses, die behoeftebepaling, ontwikkeling en implimentering van ‘n opleidingsprogram, asook die wetgewing wat verband hou met opleiding en ontwikkeling in SA.
Menslikehulpbron– en loopbaanontwikkeling
Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag– en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op die implikasies van die veranderinge in organisasies vir loopbane, loopbaankonsepte, loopbaanbestuurmodelle, lewens- en loopbaanfases, loopbaankwessies, organisatoriese keuse, loopbaanontwikkelingsteunpraktyke en ontluikende menslike hulp¬bron¬praktyke. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met die vereistes en die organisasie se strategieë sal geïllustreer met behulp van die loopbaanbestuur literatuur.
Module-inhoud:
Toepassing van toepaslike verpleegteorieë. Gehalteversekering. Verpleegsorgbeplanning en toepaslike tussentredes in individuele, groeps-, gesins- en gemeenskapsverband. Gesinsorg.Module-inhoud:
Rol en funksies van die kliniese verpleegspesialis in sy/haar spesialiseringsrigting. Kontemporêre tendense, vraagstukke en dilemmas in die kliniese verpleegpraktyk.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder op middelvlakbestuur as beplanner, organiseerder, leier en kontroleerder.Module-inhoud:
Gespesialiseerde kliniese verpleegstelsels. Die meer gevorderde verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegspesialiseringsrigtings: kritiekesorg, noodverpleegkunde, verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App