Code | Faculty |
---|---|
12136007 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 5 jaar | Totale krediete: 600 |
Let wel: Die Uitgebreide Ingenieurswese-graadprogram (ENGAGE) is ’n verlengde graadprogram wat oor ’n tydperk van 5 jaar strek. Dit is ontwerp om studente wat oor akademiese potensiaal beskik, maar nie aan die toelatingsvereistes vir die vierjaar-Ingenieurswese- program voldoen nie, tegemoet te kom. Studente binne die ENGAGE-program doen die eerste en tweede studiejaar van die vierjaar-Ingenieursweseprogram oor ’n tydperk van drie jaar. Daar is ook verpligte uitgebreide modules in elkeen van die vlak 1-modules. Hierdie uitgebreide modules voorsien studente van die nodige agtergrondkennis en vaardighede om hul ingenieurstudie suksesvol te voltooi. Die kurrikulum vir die vierde en vyfde studiejaar van die ENGAGE-program is identies aan die kurrikulum van die derde en vierde studiejaar van die vierjaar-Ingenieursweseprogram. Studente mag direk aansoek doen om toelating tot die ENGAGE-program.
Let wel: Dit is ’n vereiste dat studente JCP 203 Gemeenskapsgebaseerde projek 203 suksesvol voltooi as deel van die vereistes vir die BIng-graad. ’n Student het die keuse om gedurende enige van die studiejare vir die module in te skryf, maar verkieslik nie gedurende die eerste of die finale studiejaar nie.
Bevordering na die tweede semester van die eerste studiejaar en tot die tweede studiejaar (Ing. 14)
Let wel:
Bevordering na die derde studiejaar van die Vierjaarprogram, asook tot die derde en die vierde studiejare van die ENGAGE-program. In die geval van die vierde studiejaar van die ENGAGE-program moet die woorde “eerste” “tweede” en “derde” telkens met die woorde “tweede”, “derde” en “vierde” vervang word, soos van toepassing. (Ing. 15)
Bevordering na die vierde studiejaar van die Vierjaarprogram, asook tot die vyfde studiejaar van die ENGAGE-program. In die geval van die vyfde studiejaar van die ENGAGE-program moet die woorde “tweede”, “derde” en “vierde” telkens met die woorde “derde”, “vierde” en “vyfde” vervang word, soos van toepassing. (Ing. 16)
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Algemene inleiding tot anorganiese, analitiese en fisiese chemie. Nomenklatuur van anorganiese en ioniese verbindings, stoïgiometriese berekeninge van chemiese reaksies, redoksreaksies, oplosbaarhede en oplossings, atoomstruktuur, periodisiteit. Molekulêre struktuur en binding, gebruik van die VSEPA-model. Beginsels van reaktiwiteit, elektrochemie, energie en chemiese reaksies, entropie en vrye energie. Toepaslike oefenklasse en praktika.Module-inhoud:
Inleidende Wiskunde: simbole, eksponente, logaritmes, hoek in grade, radiaalmaat, goniometrie, differensiasie en integrasie. Beweging in 'n reguit lyn: posisie en verplasing, versnelling. Vektore: optel van vektore, komponente, vermenigvuldigingsvektore. Beweging in twee en drie dimensies: projektielbeweging, sirkelbeweging. Krag en beweging: Newton se wet, krag, wrywing. Kinetiese energie en werk: werk, drywing. Potensiële energie: massamiddelpunt, linieêre momentum. Botsings: impuls en linieêre momentum, elastiese botsings, anelastiese botsings. Rotasie: kinetiese energie van rotasie, wringkrag. Ossilasies en golwe: eenvoudige harmoniese beweging, golftipes, golflengte en -frekwensie, interferensie van golwe, staande golwe, die Doppler-effek. Temperatuur, hitte en die eerste wet van termodinamieka.Module-inhoud:
Sosiale wetenskappe: Perspektiewe op die eietydse samelewing ’n Inleiding tot vrae oor die aard van menslike gemeenskappe en eietydse uitdagings. Onderwerpe wat besrpeek sal word sluit in globalisering en vermeerderde verbintenisse; stygende werkloosheid, ongelykheid en armoede; skielike verstedeliking en die moderme stadsvorm; veranderinge in die aard van werk; omgewingsdegradering en spanning tussen volhoubaarheid en groei; veranderinge in globale magsverhoudinge; die toekoms van die nie-staat en supra-nasionale bestuurstrukture; en moontlikhede om menseregte en demokrasie uit te bou. Kritiese vrae word oor moderne self gevra, ook oor sosialiteit, kultuur en identiteit teen die agtergrond van nuwe kommunikasietegnologieë, multikulturele gemeenskappe, geslag-, klas- en rasongelykhede en die herlewing van verouderde vorme van sosiale en politieke identiteit. Hierdie kwessie word vanuit ons ligging in suidelike Afrika en die kontinent bekyk, en berus op sosiale wetenskap-perspektiewe.Module-inhoud:
Geesteswetenskappe: Teks, kultuur en kommunikasie Suksesvolle kommunikasie van idees, waardes en tradisies hang van die begrip van beide die letterlike en bedoelde betekenis van tekste af. In hierdie module word studente voorgestel aan ’n verskeidenheid tekste, insluitend oorspronklike literêre en visuele tekste, met die doel om ’n begrip te kweek vir hoe tekstuele betekenisse konstrueer en oor tyd onderhandel is. Studente word aangemoedig om hulleself as produkte – en deelnemers in – hierdie tradisies, idees en waardes te verstaan. Toepaslike voorbeelde sal vanuit, onder andere, die Verligting, Modernisme, Eksistensialisme, Postmodernisme en Postkolonialisme gebruik word.Module-inhoud:
'n Projek-gebaseerde benadering word gevolg vir die ontwikkeling van vaardighede wat nodig is vir sukses in ingenieurswese. Vaardighede sluit in kommmunikasie, inligtingstegnologie,tegnologie, akademiese en lewensvaardighede. Die modules word in Engels aangebied.
Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en chemiese redeneringsvaardighede benodig vir CHM 171/172.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en wiskundige redeneringsvaardighede benodig vir WTW 158.Module-inhoud:
'n Projek-gebaseerde benadering word gevolg vir die ontwikkeling van vaardighede wat nodig is vir sukses in ingenieurswese. Vaardighede sluit in kommmunikasie, inligtingstegnologie,tegnologie, akademiese en lewensvaardighede. Die modules word in Engels aangebied.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en fisiese redeneringsvaardighede benodig vir FSK 116/176.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en wiskundige redeneringsvaardighede benodig vir WTW 164.
Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Die module word aan die einde van die eerste studiejaar aangebied. Die duur is minstens agt dae waartydens die studente opleiding in die volgende werkswinkels ontvang: bekisting, steierwerk, messelwerk en struktuurstaal. ’n Bevredigende verslag moet binne twee weke na aanvang van lesings in die begin van die tweede studiejaar ingedien word.Module-inhoud:
*Hierdie module is ontwerp vir eerstejaar-ingenieurstudente. Studente sal nie vir meer as een van die volgende modules krediet ontvang vir hul graad nie: WTW 158, WTW 114, WTW 134, WTW 165.
Inleiding tot vektoralgebra. Funksies, limiete en kontinuïteit. Differensiaalrekening van eenveranderlike funksies, tempo van verandering, krommesketsing, toepassings. Die middelwaardestelling, L'Hospital se reël. Die onbepaalde integraal, integrasie.
Module-inhoud:
*Hierdie module is ontwerp vir eerstejaar-ingenieurstudente. Studente sal nie vir meer as een van die volgende modules krediet ontvang vir hul graad nie: WTW 146, WTW 148, WTW 124 en 164.
Vektoralgebra met toepassings op lyne en vlakke in die ruimte, matriksalgebra, stelsels van lineêre vergelykings, determinante, komplekse getalle, faktorisering van polinome en keëlsnitte. Integrasietegnieke, oneintlike integrale. Die bepaalde integraal, hoofstelling van Calculus. Toepassings van integrasie. Elementêre magreekse en die stelling van Taylor. Vektorfunksies, ruimtekrommes en booglengtes. Tweedegraadsoppervlakke en meer-veranderlike funksies.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Elektriese groothede, eenhede, definisies, konvensies. Elektriese simbole, ideale en praktiese stroom- en spanningsbronne, beheerde bronne. Ohm se wet in weerstandsbane, Kirchoff se stroom- en spanningswette, serie- en parallelweerstande, spanning- en stroomverdeling, lusstroom- en puntspanningsmetodes. Netwerkstellings: lineariteit, superposisie, Thevenin- en Norton-ekwivalentebane, brontransformasie, drywingsberekening, maksimum drywingsoordrag. Energiestoorelemente: stroom, spanning, drywing en energie in induktore en kapasitore, serie- en parallelkombinasies van induktore en kapasitore. Ideale operasionele versterkers en toepassings: omkeer- en nie-omkeerversterkers, sommeerders, stroombronne, integreerders.Module-inhoud:
Die module word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit aangebied word. Doelwitte: uitvoering van ‘n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van ’n voordelige effek op ’n gekose deel van die samelewing; ontwikkeling van ‘n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes en ’n begrip van sosiale aspekte; en ontwikkeling van lewensvaardighede Assessering: projekvoorstel, geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering, assessering deur die gemeenskap, voordrag, verslag in die vorm van ’n webjoernaal.
Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en redeneringsvaardighede benodig vir EBN 111/122.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan, tekenvaardighede en redeneringsvaardighede benodig vir MGC 110.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en redeneringsvaardighede benodig vir NMC 113/123.Module-inhoud:
Agtergrondkennis, probleemoplossingsvaardighede, konseptuele verstaan en redeneringsvaardighede benodig vir SWK 122.Module-inhoud:
Vryhandsketstekeninge wat die volgende dek: perspektief-, isometriese en ortografiese tekeninge. Tekenkonvensies, grafiese tegnieke en samestellingstekeninge. Tekening-evaluering en foutopsporing. Ware lengtes, vlakke, projeksies en deurdringingskrommes. Praktiese toepassings van hierdie tegnieke. Inleiding tot teken van komponente op die rekenaar, insluitend maatskrywing, arsering en detaillering. Inleiding tot basiese vervaardigingsprosesse insluitende primêre (giet, smee en ekstrusie) en sekondêre (boor, draai, frees, slyp, trekfrees en saag) vervaardigingsprosesse.Module-inhoud:
Inleiding tot materiale: die familie van materiale, atoomstruktuur en bindingstipes, kristaltipes en ruimtelike rangskikking van atome, rigtings en vlakke in kristalle, kristaldefekte, diffusie in vaste stowwe. Meganiese eienskappe van materiale: spanning en vervorming, meganiese toetsing (sterkte, smeebaarheid, hardheid, taaiheid, vermoeidheid, kruip), plastiese vervorming, vaste-oplossingverharding, herkristallisasie. Polimeriese materiale: polimerisasie en produksiemetodes, tipes polimeriese materiale en hul eienskappe. Korrosie van metale: meganismes en tipes korrosie, korrosietempo, beheer van korrosie. Die hittebehandeling van staal: Fe-C fasediagram, ewewigsafkoeling, verharding en tempering van staal, vlekvry staal. Komposiete materiale: Inleiding, vesel versterkte polimeriese komposiete, beton, asfalt, hout.
Module-inhoud:
Ekwivalente kragstelsels, resultante. Newton se wette, eenhede. Inwerking van kragte op partikels. Starre liggame: beginsel van oordraagbaarheid, resultante van parallelle kragte. Vektor- en skalare momente. Verwantskap tussen vektor- en skalare momente. Koppels. Ekwivalente kragstelsels op starre liggame. Resultante van kragte op starre liggame. Ewewig in twee en drie dimensies. Hooke se wet. Vakwerke en raamwerke. Sentroïdes en tweede moment van area. Balke: verspreide kragte, skuifkrag, buigmoment, metode van snitte, verwantskap tussen las, skuifkrag en buigmoment.Module-inhoud:
Calculus van meerveranderlike funksies, rigtingsafgeleides. Ekstreemwaardes. Meervoudige integrale, pool-, silindriese en bolkoördinate. Lynintegrale en die stelling van Green. Oppervlakintegrale en die stellings van Gauss en Stokes.
Module-inhoud:
Numeriese integrasie. Numeriese metodes om die oplossing te benader van nie-lineêre vergelykings, stelsels vergelykings (lineêr en nie-lineêr), differensiaalvergelykings en stelsels van differensiaalvergelykings. Direkte metodes om lineêre stelsels vergelykings op te los.
Minimum krediete: 128
Module-inhoud:
Ingenieurstelsels is dikwels onderworpe aan variasie, onsekerheid en onvolledige inligting. Wiskundige statistiek verskaf die basis vir die effektiewe hantering en kwantifisering van hierdie faktore. Hierdie module sal ’n inleiding verskaf tot die konsepte van wiskundige statistiek en sal die volgende sillabustemas insluit: data-analise, waarskynlikheidsteorie, stogastiese modellering, statistiese inferensie en regressie-analise.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
This module is given to Mining and Civil Engineering students, focused on the practical application of basic geological principles to engineering problems. The course covers basic rock identification, principles of stratigraphy and landscape formation, and engineering applications of geology such as mining, slope stability, and civil applications. Practicals cover geological maps and profiles, as well as basic rock identification.
Module-inhoud:
Meetinstrumente en meettegnieke vir ingenieurstoepassings. Teorie van die Wheatstone-brug en die toepassing van rekstrokies vir meetinstrumente. Akkuraatheid, presisie, resolusie, histerese en lineariteit. Lasselle, drukmeters, verplasingmeters, spanningselle en hellingmeters. Verstelling en gebruik van meettafel, waterpas, kompas en teodoliet. Eenvoudige terreinopname. Definisie van opmeting. Koördinaatsisteme en rigtingshoeke. Hoogtebepaling. Tagimetrie.
Module-inhoud:
Geologiese oorsprong. Grondtoetse en -klassifikasiesisteme. Kompaksie. Stabilisasie. Bitumen en teer. Inleiding tot plaveisels. Oorsig van padboumateriale. Plaveiselontwerpbeginsels en -metodes.
Module-inhoud:
Staties onbepaalbare balke. Euler-knik van kolomme met verskillende randvoorwaardes; virtuele arbeid. Analise van staties onbepaalbare strukture deur gebruik van die metodes van superposisie, hellingdefleksie en momentverdeling (met swaai en beweging van ondersteunings).Module-inhoud:
Kommunikeer effektief, beide mondelings en op skrif, met ingenieursgehore en die breër gemeenskap. Geskrewe kommunikasie deur middel van toepaslike strukture, moderne of elektroniese kommunikasiemiddele; styl en taal vir die doel en die gehoor; gebruik effektiewe grafiese ondersteuning; gebruik inligtingsverskaffingsmetodes wat deur ander betrokke by ingenieurswese gebruik gaan word; voldoen aan die vereistes van die gehoor. Effektiewe mondelinge kommunikasie deur middel van die toepaslike struktuur, styl en taal; toepaslike visuele materiaal, kom vloot oor; voldoening aan die vereistes van die gehoor. Gehore kan wees mede-ingenieurs, bestuur en ander wat toepaslike akademiese of professionele diskoers gebruik. Getikte verslae strek tussen kort (300-1000 woorde plus diagramme) tot lang (10 000 tot 15 000 woorde plus tabelle, diagramme, verwysings en aanhangsels) wees en dek materiaal op uittreevlak. Metodes om inligting te verskaf sluit die bekende metodes in die dissipline is, byvoorbeeld ingenieurstekeninge en vakspesifieke metodes.
Module-inhoud:
Spannings, vervormings en die meganiese eienskappe van materiale: Normaalspanning en skuifspanning, trekspanning en drukspanning, ewewig in skuif, veiligheidsfaktor, ontwerp, skuifvervorming, die spanning/vervorming diagram, Hooke se Wet, Poisson se Verhouding en die skuifspanning/vervorming diagram. Aksiale belastings: Elastiese vervorming, verplasings, staties bepaalbare en staties onbepaalbare strukture en termiese invloed. Torsie: Die torsie van ronde stawe en kragoordrag. Buig van reguit dele asook saamgestelde balke. Dwarsskuif: Skuif in reguit dele asook skuifvloei. Saamgestelde belastings: Dunwandige drukvate asook spannings as gevolg van gekombineerde laste. Spanningstransformasie: Vlakkespanning-transformasie, hoofspannings, maksimum waardes en spanningvariasie in prismatiese balke. Vervormingstransformasie: Vlakvervorming-transformasie, hoofvervormings, maksimum vervormings, rekstrokies en rosette, en die verwantskap tussen E, G en ?. Balkontwerp vanaf sniteienskappe. Defleksie van balke: Die elastiese kromme, integrasie-metode, Macaulay se metode en superposisie.
Module-inhoud:
Massamiddelpunte: massamiddelpunte van lyne, oppervlakke en volumes. Beperkings en statiese bepaalbaarheid. Ruimte vakwerke. Buigmomente en kabels: verspreide belastings, paraboliese en gelykmatige kettinglyne. Vloeistofstatika: dryfbaarheid. Elastisiteit: spanning-deformasie verwantskappe, styfheid, elastisiteitsmoduli, moduliverbande, wringing. Deurbuiging van balke: afleiding van differensiaalvergelyking, buigspannings. Wrywing: wrywingsvlakke, wîe, skroewe, bande, laers en rolweerstand. Arbeid en energie, virtuele arbeid. Vibrasie.
Module-inhoud:
Lineêre algebra, eiewaardes en eievektore met toepassings op stelsels differensiaalvergelykings van eerste en tweede orde. Rye en reekse, konvergensietoetse. Magreekse met toepassings op gewone differensiaalvergelykings met veranderlike koëffisiënte. Fourier-reekse met toepassings op parsiële differensiaalvergelykings soos die potensiaal-, hitte- en golfvergelykings.Module-inhoud:
Teorie en oplosmetodes vir lineêre differensiaalvergelykings asook vir stelsels lineêre differensiaalvergelykings. Teorie en oplosmetodes vir eerste orde nie-lineêre differensiaalvergelykings. Die Laplace-transform met toepassing in differensiaalvergelykings. Toepassing van differensiaalvergelykings op modelleringsprobleme.
Minimum krediete: 154
Module-inhoud:
Gevorderde bladtoepassings: Veldname, liniêre algebra, oplossing van stelselvergelykings, regressie, interpolasie, optimisasie en tabelmanipulasie. Basiese gestruktureerde programmering: Lisvorming, vertakking, subroetines, iterasie, lees en skryf van datalêers. Ontwikkeling, kodering en oplos van eenvoudige programme in hoëvlak programmeringstaal. Programbeginsels word deur middel van wiskundige konsepte soos beperkinge, differensiasie, integrasie en liniêre algebra aangetoon. Gestruktureerde programmering deur gebruikmaking van funksies en beskikbare toepassings. Basiese grafiese uitsette (kartering word ook gedek). Verskillende inligtingsbronne, soek en bestuur van inligting. Gebruik van databasisse. Ontwikkeling van webblaaie. Hardewareinteraksie en beheer van toerusting en stelsels.Module-inhoud:
Die gedrag, eienskappe en gebruik van sement- en betonprodukte, struktuurstaal, veselversterking, polimere, messelwerk en bitumineuse materiale.
Module-inhoud:
Inleiding tot grondmeganika. Inleiding tot klei-mineralogie. Massa, volumeverband en fases van grond. Grondwatervloei en permeabiliteit. Beginsel van effektiewe spanning. Suigpannings in versadigde sowel as onversadigde grond. Die Mohr-sirkel en spannings by ‘n punt. Die Mohr-Coulomb sterkte teorie en spannings-vervormings eienskappe van grond. Die Boussinesq-teorie. Konsolidasieteorie en versakking.Module-inhoud:
Toepassing van konsolidasieteorie. Dravermoë van grond en fondamentontwerp, Terzaghi en algemene metodes. Horisontale spannings in grond en die ontwerp van keermure, Rankine en Coulomb se metodes. Hellingstabiliteit met limiet-toestand ewewigsmetodes, insluitend Bishop se metode van snitte. Inleiding tot terreinondersoek.Module-inhoud:
Vloeistofeienskappe en fundamentele eienskappe van toegepaste hidrostatika, hidrostatiese kragte op drywende voorwerpe en die stabiliteit daarvan. Kinematika, meting van snelheid en deurstroming. Pypvloei en werklike vloeistowwe. Basiese hoofkenmerke van watersuiwering en waterbehandeling.Module-inhoud:
Pypnetwerk ontledings en munisipale dienste. Komponente van waterverpreidingsnetwerke. Pompseleksie en waterslag-analise. Vryvlakstroming asook fisiese modelle.Module-inhoud:
Eie-gewig, opgelegdelas en windlas. Beginsels van limiet-staat ontwerp. Hout as struktuurmateriaal, ontwerp van trek-, druk- en buigdele (lateraal gesteun en ongesteun), balkkolomme, vakwerke en verspanning.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Introduction to engineering economics: Basic guidelines, assessment of alternative investment possibilities. Equal annual cash flow, current value, internal rate of return, cost benefit relationship.
Economic evaluation of projects: Influence of depreciation on the economics of projects, determination of income tax implications of decisions, economic analysis of multiple alternatives, the influence of inflation on the economics of projects, application of the theory of probability for economics studies, economic studies on the replacement of equipment.
Module-inhoud:
Analise van simmetriese strukture met behulp van hellingdefleksievergelykings of momentverdeling; driedimensionele strukture en roosterstrukture; plastiese ontleding van rame; matriksmetodes; invloedslyne.Module-inhoud:
Eienskappe van gewapende beton. Beginsels van grenstoestandontwerp. Ontleding en ontwerp van snitte in buiging en gekombineerde buig en aksiale druk. Ontwerp vir skuif en torsie. Verband en verankering. Diensbaarheidvereistes. Detaillering en span-effektiewe diepte verhoudings. Ontwerp van voetstukke en slank kolomme. Ontwerp van balke, platblaaie, geribde blaaie, balk-en blad konstruksie. Slank kolomme en tweeassige buiging. Eenvoudige en gekombineerde voetstukke. Trappe en bordesse. Inleiding tot spanbeton.
Module-inhoud:
Inleiding tot vervoeringenieurswese; voertuigbeweging; analitiese tegnieke vir verkeer; verkeerstudies; kapasiteit- en diensvlakanalise; spoorweg-ingenieurswese; lughawekapasiteit; geometriese padontwerp, dwarssnit-, horisontale en vertikale ontwerp; stedelike strate; uitlegoorwegings en aansluitingsontwerp; padveiligheid; verkeerbeheer.Minimum krediete: 158
Module-inhoud:
Vereiste om deurgaanse vaardighede te behou en op hoogte van die jongste metodes en tegnieke te bly. ECSA-gedragskode. Deurlopende Professionele Ontwikkeling, ECSA-uitkomste, ECSA-proses en redes om as CEng en PrEng te registreer. Toon ’n begrip vir die professionele ontwikkelingsisteem. Aanvaar verantwoordelikheid vir eie optrede. Toon oordeelvermoë mbt besluitneming gedurende probleemoplossing en ontwerp. Beperk besluitneming tot huidige vaardigheidsareas. Gaan sinvol om en oordeel oor etiese aspekte binne gevallestudies. Toon vaardigheidsgrense in probleemoplossing en ontwerp aan. Gevallestudies tipies aan ingenieurspraktyk-situasies waarin die student waarskynlik sal deelneem.Module-inhoud:
Beplanning, behoeftebepaling en prestasie-indikators vir siviele ingenieurskontrakte, Siviele Ingenieursprojek: Kliënt-, konsultant- en kontrakteurverwagtinge en -verantwoordelikhede, tenderproses, konstruksieproses, toepassing van OHS Wet, toepassing van die Myn, Gesondheids- en Veiligheidswet, kontrakvoorwaardes, ingenieursekonomie, versekering, programmering, kosteberaming van konstruksieaktiwiteite, 150 9001: Kwaliteitsbestuurstelsels, lewensikluskonsepte, onderhoudsiklus, onderhoudsbestuur.Module-inhoud:
In hierdie module sal kommersieel beskikbare rekenaarpakkette gebruik word om modelle gebaseer op Eindige Elemente, Eindige Verskille en ander benaderings te ontwikkel. Beperkinge en basiese kontroles wat uitgevoer kan word om die niestrydigheid van algemeen gebruikte ontwerpsagteware te illustreer. Basiese beginsels en tegnieke sal bespreek word en die effek van aspekte soos element keuse, randtoestande en materiaaleienskappe sal ondersoek word. Toepassings binne die verskillende velde van siviele ingenieurswese sal ondersoek word en resultate verkry deur modellering sal vergelyk word met eksperimentele resultate. Die module sluit groepwerk en multidissiplinêre probleme in.
Module-inhoud:
Die module fokus op toepassings in detailontwerp. Die student voer detailontwerp uit in die klassieke dissiplines soos strukture, geotegnies, hidroulika en vervoer. Die studieleiers kies die mees verteenwoordigende toepassings met die oog daarop om die student voor te berei vir praktyk. Tipiese voorbeelde is as volg: • Strukture: Meerverdiepinggeboue met gewapendebetonrame en blaaie • Hidroulika: Pypleidings en pompstasies • Geotegnies: Slikdamme en hellingstabiliteit • Vervoer: Vervoerimpakstudies, plaveiselontwerp en analise Die temas van die ontwerptoepassings mag verskil van jaar tot jaar.Module-inhoud:
Raamwerk van regulasies, terreinondersoek, -herstel en afvalwegdoening, soorte en eienskappe van afval. Vervoer van ondergrondse besoedeling. Meervoudige fase vloei. Ontwerp van afvalinperking- en afvalwegdoeningstelsels. Oorsig van alternatiewe herstelbenaderings met klem op in situ-tegnologie. Gevallestudies. Geïntegreerde omgewingsbestuursprosesse. Omgewingswetgewing in Suid-Afrika. Omgewingsimpak, omgewingsoudit en risikobeoordeling. ISO 140000: wat behels dit en hoe dit toegepas word. Gemeenskapsdeelname.Module-inhoud:
Sedimentvervoer, hidrouliese strukture, brug- en duikerhidroulika, stormwaterhantering. Hidrologie, vloedhidrologie, opstelling van aflooprekords en simulasie van bogrondsewaterbronne, opstelling van stogastiese volgordes en die betroubaarheidsanalise van bogrondsewaterbronne.Module-inhoud:
Stabiliteit van balke. Materiaaleienskappe. Analise en ontwerp van trekdele, druk-en buigdele en balkkolomme vir die sterktegrenstoestand. Ontwerp van vakwerke,eenvoudige raamstrukture en verbindings. Analise en ontwerp van saamgestelde staalbalke en betonblaaie. Momentverbindings. Elastiese en plastiese analise en ontwerp van portaalrame, industriele en geboustrukture.
Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Gedurende of aan die einde van die derde studiejaar moet siviele ingenieursstudente ten minste 6 weke voorgeskrewe opleiding in die bedryf deurmaak. ‘n Aanvaarbare verslag oor die praktiese opleiding moet binne een week na registrasie by die Studenteadministrasie ingedien word.Module-inhoud:
Twee dae per week moet in die eerste semester deur finalejaarstudente gebruik word vir die uitvoering van 'n analitiese en/of eksperimentele navorsingsprojek.Module-inhoud:
Inleiding tot die basiese konsepte van stedelike en streeksbeplanning. Die beplanningsprosesse, beleid en institusionele raamwerk waarin beplanning plaasvind in SA. Die interaksie en samewerking van ruimte en grond, ekonomie, politiek en sosiale aspekte van ruimte in besluitneming. Intervensies vir volhoubare ontwikkelingsbeplanning en -ontwerp, die definisie en oorwegings van grondgebruikbestuur en die strategiese en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsproses. Stelselevaluering, risikobepaling, uitvoerbaarheid en besluitneming. Lewensikluskoste van infrastruktuur. Analise van vraag en aanbod. Voorspelling van die aanvraag vir dienste.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App