Code | Faculty |
---|---|
12132026 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 480 |
Stads- en streekbeplanning het hoofsaaklik te make met die beplanning, ontwerp, imple-mentering en bestuur van publieke intervensies in die ontwikkeling en gebruik van grond vanaf erf- tot supranasionale vlak ten einde keuses te verbreed, gelykheid te bevorder en volhoubare ontwikkeling te verseker. Die dryfveer agter die professie is die generering van lewensvatbare alternatiewe tot huidige nedersettingstipes. Op die huidige tydstip in Suid-Afrika se geskiedenis is stads- en streekbeplanning ’n sleutelprofessie in die gelykmaking van ruimtelike en ander wanbalanse in beide stedelike en landelike gebiede, sowel as die verbetering van oneffektiewe en onderpresterende leefomgewings.
Die ideale stads- en streekbeplanner is ’n kreatiewe persoon wat in staat is om met innoverende oplossings vir komplekse probleme vorendag te kom, ’n bemiddelaar wat uiteenlopende standpunte met mekaar kan versoen, ’n stategiese denker en ’n goeie bestuurder. Gegewe die enorme agterstande in die veld van behuising en ander sosiale dienste en die ellende waarin vele Suid-Afrikaners hulle tans bevind, moet beplanners ook ’n sterk ontwikkelde sin van sosiale en omgewingsgeregtigheid hê en hulle verbind tot menslike ontwikkeling. Terwyl die meerderheid stads- en streekbeplanners as privaat konsultante vir die openbare en die private sektor optree, word hulle ook in diens geneem deur al drie sfere van regering, navorsingsinstansies soos die WNNR en die RGN, nieregerings-organisasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies, groot finansiële instellings en eiendomsontwikkelingsgroepe.
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak | ||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | TPT | ||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 27 |
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat met eerste registrasie alle modules vir die finale jaar slaag met 'n geweegde gemiddelde van 75%. Die graad moet binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi word. Uitsonderlike gevalle sal deur die Dekaan oorweeg word.
Minimum krediete: 162
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
By the end of this module students should be able to cope more confidently and competently with the reading, writing and critical thinking demands that are characteristic of the field of Town and Regional Planning.
Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.
Module-inhoud:
Deel 1: Die individu en die samelewing
'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.
Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde
Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem.
Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van instellings
Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.
Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.
Module-inhoud:
Beskrywende statistiek:
Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Module-inhoud:
Meervariante statistiek:
Variansieanalise, kategoriese data-analise, verdelingsvrye metodes, krommepassing, regressie en korrelasie, die ontleding van tydreekse en indekse. Statistiese en ekonomiese toepassings van kwantitatiewe tegnieke:
Stelsels van lineêre vergelykings; opstelling, matrikse, oplossing en toepassing. Optimering; lineêre funksies (twee en meer onafhanklike veranderlikes), nie-lineêre funksies (een en twee onafhanklike veranderlikes). Marginale en totale funksies. Stogastiese en deterministiese veranderlikes in statistiese en ekonomiese konteks: produsentesurplus, verbruikersurplus, distribusiefunksies, waarskynlikheidsverdelings en digtheidsfunksies. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Hierdie module word ook as anti-semester tweetalige module aangebied.
Module-inhoud:
Analise en evaluering van terreine vir beplanningsdoeleindes. Behels die analise van konteks en natuurlike (bv. klimaat, geologie), mensgemaakte (bv. sonering, potensiële grondwaarde, grondgebruik en aktiwiteite) en sensoriese elemente (bv. genius loci) van ‘n terrein ten einde die geskikte grondgebruike asook die aard van toekomstige ontwikkeling te bepaal. Vaardighede en tegnieke om die analise grafies te kommunikeer.Module-inhoud:
Teoretiese komponent: Suid-Afrikaanse stede in `n globaal-ekonomiese en nasionale konteks; `n raamwerk vir nedersettingsanalise; oorsig en bespreking van belangrike demografiese, sosiale, ekonomiese, omgewings- en plaaslike regeringseienskappe van geselekteerde Suid-Afrikaanse stede. Praktiese komponent: basiese skryf- en aanbiedingsvaardighede vir beplanners; veldmetodes; deelnemende metodes; opnames; sekondêre bronne; nedersettingsanalise in `n politieke konteks; analise van `n voorstad in die Pretoria-omgewing.Module-inhoud:
'n Dieptestudie van stedebou en stads- en streekbeplanning in premoderne tye. Die invloed van nedersettingsontwerp en -beplanning binne die sosiale, politieke, en ekonomiese konteks van die Prehistoriese; Klassieke (Romeinse en Griekse); Feodale en Merkantiele eras. Aspekte soos visies van ideale stede, nedersettingspatrone, die hantering van openbare ruimte, die ontwikkeling van die rand van ‘n nedersetting, funksionele sones en segregasie word gedek. Aandag word geskenk aan die funksie, rol, karakter, praktyk en voordele van beplanning en die rol van beplanners.
Module-inhoud:
'n Dieptestudie van stedebou en stads- en streekbeplanning in moderne en postmoderne tye met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse situasie. Die invloed op nedersettingsontwerp en -beplanning binne die sosiale, politieke en ekonomiese kontekste van die Industriële en Post-industriële eras. Visies van ideale stede, nedersettingspatrone, die hantering van openbare ruimte, ontwikkeling van die rand van die stad, funksionele sones en segregasie word behandel. Aandag word geskenk aan die funksie, rol, aard en praktyk van beplanning en wie daarby baat, asook die rol van beplanners.Module-inhoud:
Inleiding tot die doelwitte en beginsels van nedersettingsontwerp. Karaktereienskappe en maatstawwe van ‘n goeie leefomgewing; ontwerpelemente vir ‘n goeie leefomgewing; nedersettingsontwerp binne stedelike en landelike konteks. Aspekte wat aangespreek word, sluit in nedersettingstruktuur (oopruimte- en bewegingsisteme); betekenis, simboliek en leesbaarheid; toeganklikheid, diversiteit en geleentheid; volhoubaarheid; veiligheid; regverdigheid en gelykheid.Module-inhoud:
Definisies van beplanning; rasionaal vir beplanning; fokusareas van beplanning; beplanningsprosesse; beplanners se rolle en werksplekke; die institusionele raamwerk vir beplanning; beplanningswetgewing; waardes en etiek vir beplanners; die toekoms van beplanning.Minimum krediete: 132
Module-inhoud:
Hierdie projekgeoriënteerde module is 'n vorm van toepassingsleer wat gerig is op spesifieke gemeenskapsbehoeftes en word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word. Die belangrikste doelwitte met die module is soos volg: (1) Die uitvoering van 'n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van 'n voordelige effek op 'n gekose deel van die samelewing, verkieslik maar nie eksklusief, deur betrokkenheid by 'n gedeelte van die samelewing wat anders is as die student se eie sosiale agtergrond. (2) Die ontwikkeling van 'n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes, 'n ingesteldheid van tot diens te wees, en 'n begrip van sosiale aspekte, met die doel om in 'n verantwoordelike professionele persoon te ontwikkel. (3) Die ontwikkeling van belangrike multidissiplinêre en lewensvaardighede, soos kommunikasie, interpersoonlike en leierskapvaardighede. Assessering in die module sal die meeste van die volgende komponente insluit: evaluering en goedkeuring van die projekvoorstel, assessering van mondelinge en/of geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering in die geval van spanprojekte, geskrewe terugrapportering deur diegene tot wie die projek gerig is, en finale assessering op grond van die voorlegging van 'n portefeulje en 'n geskrewe verslag.Module-inhoud:
Hierdie projekgeoriënteerde module is 'n vorm van toepassingsleer wat gerig is op spesifieke gemeenskapsbehoeftes en word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word. Die belangrikste doelwitte met die module is soos volg: (1) Die uitvoering van 'n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van 'n voordelige effek op 'n gekose deel van die samelewing, verkieslik maar nie eksklusief, deur betrokkenheid by 'n gedeelte van die samelewing wat anders is as die student se eie sosiale agtergrond. (2) Die ontwikkeling van 'n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes, 'n ingesteldheid van tot diens te wees, en 'n begrip van sosiale aspekte, met die doel om in 'n verantwoordelike professionele persoon te ontwikkel. (3) Die ontwikkeling van belangrike multidissiplinêre en lewensvaardighede, soos kommunikasie, interpersoonlike en leierskapvaardighede. Assessering in die module sal die meeste van die volgende komponente insluit: evaluering en goedkeuring van die projekvoorstel, assessering van mondelinge en/of geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering in die geval van spanprojekte, geskrewe terugrapportering deur diegene tot wie die projek gerig is, en finale assessering op grond van die voorlegging van 'n portefeulje en 'n geskrewe verslag.Module-inhoud:
Analise en evaluering van planne en beleidsraamwerke vanuit 'n beplannings- en
ontwikkelingsperspektief. Analise en ontleding van substantiewe en kommunikatiewe inhoude. Dekonstruksie van teks, norme en waardes, beplannings- en ontwikkelingsbeskouinge en -benaderings. Die rol van die beplanner en die demokratisering van beplanning.
Module-inhoud:
Inleiding tot ontwikkelingsproblematiek, perspektiewe op en konsepte van ontwikkeling. Benaderings tot ontwikkelingsbeplanning en ontwikkelingstudies. Toepassing van ontwikkelingsvoorstelle vanaf plaaslike tot nasionale vlakke. Internasionale en plaaslike perspektiewe en gevallestudies. Kritiese evaluering van ontwikkelingsinisiatiewe, asook van aspekte soos kultuur, geslag, diversiteit en volhoubaarheid. Rolspelers in die ontwikkelingsproses.Module-inhoud:
Teorieë en prosesse van strategiese, vooruit-, en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning; oorsprong en intensies van hierdie konsepte; internasionale en plaaslike perspektiewe en gevallestudies; beleidsraamwerk vir ontwikkelingsbeplanning in die Suid-Afrikaanse konteks; rolspelers in ontwikkelingsbeplanningsprosesse, met spesifieke verwysing na die rol van die beplanner en die gemeenskap; inleiding tot die konsep, teorie, doelwitte, prosesse en praktyk van deelnemende beplanning.Module-inhoud:
Die vaardighede en tegnieke om ‘n konsep vir ‘n nuwe nedersetting of gedeelte van ‘n bestaande nedersetting te ontwerp. Ontwerp vir die voorsiening van behuising vir beide lae- en hoë-inkomstegroepe, sowel as kommersiële en sosiale fasiliteite, oop ruimtesisteme, vervoersisteme en dienste. Ontwerp vir volhoubare en regverdige omgewings. Terreinanalise en evaluering; ontwikkeling en evaluering van alternatiewe konsepte; die detailontwerp sluit in die verdeling van erwe, infrastruktuurnetwerk, grondontwikkelingsbestuur en ontwerpriglyne.Module-inhoud:
Institusionele en wetlike raamwerke waarin dorpstigting en behuisingsvoorsiening plaasvind. Gebruiker- en terreinvereistes; behuisingstipes en -digthede; ingenieursdienste; rolspelers; finansiering. Gesimuleerde oefening. Detailontwerp, insluitend verdeling van erwe, infrastruktuurnetwerk, grondontwikkelingsbeheer en ontwerpriglyne.
Module-inhoud:
Teoreties: 'n Kort geskiedenis van grondgebruikbestuur in Suid-Afrika; rasionaal agter grondgebruikbestuur; beginsels van goeie grondgebruikbestuur binne die konteks van post-apartheid, globale omgewingsverandering, nuwe geografiese ekonomie en ontwikkelingsekonomie; kritiek teen grondgebruikbestuur; etiek in grondgebruikbestuur; die eienskappe van 'n geskikte grondgebruikbestuurstelsel wat transformasie, volhoubaarheid, elastisiteit, gelykheid, inklusiwiteit en integrasie in Suid-Afrika bevorder; die skakel tussen grondgebruikbestuur en strategiese ruimtelike beplanning; internasionale en Suid-Afrikaanse voorbeelde van grondgebruikbestuurstelsels; die toekoms van grondgebruikbestuur. Prakties: Generiese komponente van grondgebruik- en grondontwikkelingsaansoeke en prosedures, dorpstigtingsprosedures ooreenkomstig huidige wetgewing; praktiese oefeninge in die opstel, indiening, prosessering en evaluering van grondgebruiksaansoeke; beleidvoorbereiding rakende grondgebruikbestuurstelsels wat gelykheid, veerkragtigheid, inklusiwiteit, volhoubaarheid en integrasie bevorder; appèlle; inleiding tot omgewingsimpakstudies.
Module-inhoud:
Makro-ekonomie
Vanaf Wall en Bay Street tot Diagonal Street: 'n deeglike begrip van die meganisme en teorieë wat die funksionering van die ekonomie verduidelik, is onontbeerlik. Makro-ekonomiese insig in die reële mark, die geldmark, tweemarkewewig, monetarisme, groeiteorieë, konjuktuuranalise, inflasie, Keynesiaanse algemene ewewigsanalise, fiskale en monetêre beleidsaangeleenthede.
Module-inhoud:
Makro-ekonomie
Toepassing van die beginsels geleer in EKN 214 op die wêreld waarin ons leef. Ons pas die teorie toe op internasionale marke en dinamiese makro-ekonomiese modelle, terwyl ons die student blootstel aan die makro-ekonomiese beleidsvraagstukke van die dag. Ons kyk ook na die jongste makro-ekonomiese navorsingsvraagstukke in die wêreld. Die kursus sluit onderwerpe in van die wiskundige en ekonometriese ontleding van makro-ekonomiese vraagstukke.
Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van werk: globalisasie
Die huidige proses van globalisering op ’n wêreldwye skaal het ’n impak op prosesse wat met verandering en ekonomiese ontwikkeling verband hou Hierdie module bespreek prosesse en debatte oor ekonomiese globalisaring en die globale dominansie van finansiële kapitaal in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. Studente kry die geleentheid om kontemporêre debatte wat met hierdie aangeleenthede verband hou te hersien.
Deel 2: Gender, die gesin en huishoudings
Hierdie afdeling fokus op kwessies en teorieë wat betrekking het op ons begrip van huishoudings, gesinne en gender. Dit spreek aangeleenthde soos die dinamiek van gesinstrukture, armoede, die oorlewingstrategieë van arm huishoudings, gendergebaseerde geweld en die maniere waarop die voorafgaande die gesinslewe en -vorme, sowel as kinders en jeugdiges in die besonder, beïnvloed. Klem word daarop geplaas om hierdie kwessies binne ’n Suider-Afrikaanse konteks te ondersoek.
Module-inhoud:
Deel 1: Demografie, gesondheid en die samelewing
Hierdie afdeling ondersoek die dinamiese interaksie tussen demografie en gesondheid aan die hand van Suid-Afrikaanse en internasionale gevallestudies. Die betekenisvolle toename in die wêreldbevolking gedurende die vorige eeu vermeervoudig die sleuteluitdagings wat kontemporêre samelewings in die gesig staar. Die wisselwerking tussen demografiese prosesse, soos morbiditeit, mortaliteit, fertiliteit en mobiliteit, het ’n impak op die grootte van ’n bevolking. Net so word hierdie faktore weer tot ’n redelike mate deur die struktuur sowel as die kulturele konteks van ’n samelewing gevorm. Sentraal tot hierdie proses is besorgdhede oor gesondheid en siekte.
Deel 2: Kultuursosiologie
Hierdie afdeling ondersoek temas in kultuursosiologie met ’n fokus op die wyses waarop individue sowel as kollektiewe groeperinge in die alledaagse lewe betekenis konstrueer. Die wisselwerking tussen kultuur en institusionele vorme sowel as sosiale strukture kom ook onder die loep. Studente sal aan die werk van sleuteldenkers in die veld bekendgestel word en kry die geleentheid om ’n onafhanklike essay oor ’n tema in kultuursosiologie te skryf.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Teorie en praktyk van streekontwikkelingsbeplanning; strategiese streekontwikkelingsanalise en denke; voorbereiding en implementering van streekontwikkelingsraamwerke, en planne en strategieë op supranasionale, nasionale, provinsiale en metropolitaanse vlak.Module-inhoud:
Plaaslike ekonomiese ontwikkelingstrategieë en -instrumente. Plaaslike ontwikkelingsinisiatiewe. Die direkte en indirekte rolle van die plaaslike regering, privaat sektor en publiek in plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Die rol van onderlinge netwerke en skakeling, ligging, bemarking en tegnologie vir plaaslike gebiede binne die globale ekonomie. Regeringsprogramme en inisiatiewe wat plaaslike ekonomiese ontwikkeling kan beïnvloed en bevorder.Module-inhoud:
Ruimtelike konsepte rakende die ontwikkeling en beplanning van nedersettings. Morfologiese ontwikkelingsprosesse, bv. desentralisasie, teenverstedeliking, residensiële vulling en opname, stadspreiding. Ruimtelike struktureringskonsepte, bv. korridors, nodusse, kompakte stede, gemengde gebruik.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Environmental, economic and social impact of transport; transport planning process; introduction to transport studies and evaluation; public transport; functional road hierarchy; geometric road layout; road reserve dimensions; parking; preparation of a layout plan
Module-inhoud:
Oorsig van institusionele en wetlike raamwerke vir beplanning en ontwikkeling in Suid-Afrika op nasionale en provinsiale vlak. Verwante wetgewing en beleid wat beplanning beïnvloed. Spesifieke verwysing na wetgewende raamwerke vir grondontwikkeling, die omgewing, munisipale bestuur en ontwikkeling, vervoer, behuising, water en Menseregte.Module-inhoud:
Kritiese beskouings op beplanning as konstruk, aktiwiteit en professie. Gevallestudie-gebaseerde eksplorasie van innoverende beplanningspraktyke.Module-inhoud:
Staatsfinansies
Rol van die owerheid in die ekonomie. Welvaartsteorie en die optimaliteitsteorieë. Maniere waarop markmislukkings reggestel word. Owerheidsbestedingsteorieë, modelle en programme. Owerheidsinkomste. Modelle oor belasting, effek van belasting op die ekonomie. Beoordeling van belasting vanuit 'n optimaliteits- en effektiwiteitsoogpunt. Suid-Afrikaanse perspektief op owerheidsfinansies.
Module-inhoud:
Ekonomiese analises Die identifikasie, insameling en interpretering van ekonomiese data; die nasionale rekeninge (inkome- en produksierekeninge, die nasionale finansiële rekening, die betalingsbalans en inset-uitsettabelle); ekonomiese groei; inflasie; werkskepping; werkloosheid, lone, produktiwiteit en inkomeverdeling; besigheidsiklusse; finansiële aanwysers; sosiale aanwysers; internasionale vergelykings; regressie-analise van verwantskappe tussen ekonomiese tydreekse; langtermyn toekomsstudies en scenarios; algehele beoordeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie vanaf 1994.Module-inhoud:
Deel 1: Sosiale teorie
Hierdie afdeling fokus op kontemporêre sosiale teorie met die oog daarop om student se begrip van sosiale teorie verby die klassieke kanon te strek. Studente word vetroud gemaak met ‘n kern konseptuele woordeskat, gekose teoretiese paradigmas en onlangse werke in die veld. Hierbenewens word daar klem geplaas op die wyse waarop navorsers wat oor Suid-Afrika werk van sosiale teorie gebruik maak om hulle werk te verryk en om daaraan vorm te gee.
Deel 2: Arbeidstudies
Hierdie afdeling spreek sosiologiese benaderings tot die werkplek aan. Dit sluit in ’n kritiese beskouing van arbeidsmarkbeleid en aangeleenthede soos bestuurspraktyk, werk-verskaffing en werkloosheid, asook diskriminasie en buigsaamheid in die arbeidsmark in Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Deel 1: Landelike en stedelike sosiologie
Teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van sowel die vele gestaltes van kapitalisme as globalisering in die globale Noorde en Suide gedurende die 20ste en 21ste eeu, skenk hierdie afdeling oorweging aan die verhouding tussen landelike en stedelike omgewings. Vrae oor die aard van sosiale interaksie in gemeenskappe, nuwe vorme van sosiale betrekkinge, ongelykheid en bestaansmiddele, kollektiewe aksie, plaaslike kulture en moderniteite word bespreek.
Deel 2: Die sosiologie van godsdiens
Hierdie afdeling ondersoek godsdiens en sekularisasie binne sosiale konteks. Spesifieke klem word geplaas op godsdiens en die sekularisme as kragte van sosiale verandering.
Minimum krediete: 96
Module-inhoud:
Definiëring van navorsing; navorsingsparadigmas; navorsingsetiek; navorsingsprobleme/-vrae; literatuuroorsigte; navorsingsontwerp; geselekteerde kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes vir data-insameling, analise en interpretasie; rapportering van navorsing; formulering van `n navorsingsvoorstel.Module-inhoud:
Kontekstualisering van `n navorsingsprobleem/-vraag; literatuurstudie; navorsingsontwerp en -metodes; onderneem empiriese navorsing in lyn met `n goedgekeurde navorsingsvoorstel; versameling, analise en interpretasie van data, opskryf van navorsingsbevindinge.Module-inhoud:
Die opstel van stedelike ontwikkelings- en ontwerpraamwerke om toepaslike, asook sosiaal en ekologies verantwoordbare ontwikkeling of herontwikkeling van stedelike gebiede teweeg te bring. Spesifieke fokus op verval van middestede, snelgroeiende randstede, en onderontwikkelde stedelike gebiede. Kritiek op en verbeteringe op bestaande praktyk; gesimuleerde beplanningsoefening.Module-inhoud:
Inleiding tot beplanning en bestuur van klein dorpies, landelike nedersettings en buitestedelike/landelike distrikte; voorbeelde van beplanningsintervensies in landelike gebiede; benaderings tot landelike ontwikkeling, tegnieke en metodes vir beplanning in landelike gebiede; kritiek op en verbeteringe van bestaande praktyk; gesimuleerde beplanningsoefening.Module-inhoud:
Inleiding tot beplanning op metropolitaanse vlak. Voorbeelde van beplanningsintervensies op metropolitaanse vlak. Benaderings tot en voorbeelde van die voorsiening van behuising, infrastruktuur en fasiliteite. Problematiek rondom hulpbrontoewysing en prioritisering van ontwikkeling binne metropolitaanse gebiede. Institusionele vereistes vir en implikasies van beplanning en bestuur van metropolitaanse ontwikkeling; kritiek op en verbeteringe van bestaande praktyk; gesimuleerde beplanningsoefening.Module-inhoud:
Inleiding tot beplanning op provinsiale, nasionale en supra-nasionale vlak. Benaderings tot beplanning en ontwikkeling van streke en provinsies. Gevallestudies. Rol van beplanners op die onderskeie vlakke. Institusionele vereistes vir en implikasies van beplanning op hierdie vlakke. Kritiek op en verbeterings op huidige praktyke; gesimuleerde beplanningsoefening.Module-inhoud:
Aanvang van `n loopbaan in die beplanningsprofessie (insluitend kwessies soos openbare- vs. privaatsektor-indiensneming, essensiële vaardighede benodig, aansoek om vakatures, interaksie met medewerkers en ander partye, organisasiekultuur, kliënteverhoudinge, werkpleketiek); ontwikkeling van `n loopbaan in die beplanningsprofessie (insluitend kwessies soos essensiële kommunikasie-, bestuurs- en politieke vaardighede, tipiese foute om in die praktyk te vermy, vestiging van `n loopbaan); inleiding tot projekbestuur; `n oorsig van professionele beplanningsorganisasies in Suid-Afrika; oorblywende kwessies vir klasbespreking, soos bemarking, kliëntediens, bevordering en tydbestuur.Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App