Jaarboeke

Program: HCert Sportwetenskap Sportafrigting

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10110018 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 136
Contact:
Dr F Rossouw
[email protected]
+27 (0)124206116

Programinligting

Die sertifikaatprogram verskaf ‘n basis vir kennis- en vaardigheidsontwikkeling vir die verbetering van sportprestasie dmv fisieke evaluering, oefening-/ kondisionerings-voorskrifte en navorsing. Die doel is om wêreldklas afrigters te ontwikkel wat suksesvol in ‘n interdissiplinê omgewing kan funksioneer om sodoende atlete en sportspanne se prestasie te verbeter deur die gebruik van die nuutste tegnieke en navorsing. Daar word dus gestreef na internasionaal erkende akademiese uitnemendheid met plaaslike relevansie. Die program sal ‘n ideale leeromgewing skep deur die gebruik van lesings, tutoriale, praktiese sessies en probleemoplossingsgeleenthede. Studente sal hul opleiding van kundiges in die veld van sportwetenskap en afrigting ontvang. Studente sal die geleentheid gebied word om met verskeie sportkodes en sportlui op verskillende vaardigheidsvlakke te werk. Studente wat die program suksesvol voltooi en verder wil studeer, kan aansoek doen vir die BA (Sport en Vryetydstudies) Opsie: Sportafrigtingprogram in die Fakulteit Geesteswetenskappe, of die BEd-graad in die Fakulteit Opvoedkunde, met dien verstande dat 'n student in besit is van 'n NSS en aan die minimum vereistes vir toelating tot 'n baccalaureusgraad voldoen.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het.
  • Lewensoriëntering word van die TPT-berekening uitgesluit.
  • Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.
  • Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses.
  • Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChB program nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is.
  • Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, word vir keuringsdoeleindes bereken.
  • Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou.
  • NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie.
  • Navrae oor keuring kan gerig word aan [email protected].
  • Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae en Graad 12-sportprestasies. Let asseblief daarop dat aansoekers wat deur een van die amptelike UP-sportklubs genomineer is, voorkeur sal geniet vir toelating tot die Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap.

Minimum toelatingsvereistes

Prestasievlak

TPT

Engels

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

15

 

Ander programspesifieke inligting

* Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.

Minimum krediete: 136

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Die module fokus op die biomeganiese beginsels betrokke by menslike voortbeweging en sportaktiwiteite.  Dit behels 'n studie en ontleding van die vorme van menslike beweging, liniêre en hoekkinetika , en vloeistofmeganika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Inleiding tot fisieke fiksheid, multidimensionele aard van fisieke fiksheid, sportspesifieke vs gesondheidsverwante fiksheidskomponente, fisiologiese invloed van oefening en toepassing van inoefeningsbeginsels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou voort op die fundamentele beginsels van sportafrigting. Fokus word geplaas op die praktiese vergestalting van die prosesse en tegnieke van leer en onderrig in 'n sportparadigma. Metodologiese tegnieke soos geïmplementeer deur die sportafrigter in die onderrig en leer van sportvaardighede word geïdentifiseer en bespreek. Die oorkoepelende fokus is op die integrasie van onderrig en leer in die praktiese uitvoering van sportvaardighede. In hierdie module kry die student geleentheid om 'n Vlak 0/1 Sportafrigting-sertifikaat in 'n sportsoort van eie keuse te verwerf. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Biomeganiese faktore, oorsake van beserings, sagteweefselbeserings, eerstehulp (RICE), massering, verbinding, en KPR.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    *Aangebied deur die Departement Mensvoeding vir die Biokinetika, Sport- en Vryetydwetenskap-studente
    Voeding en gesondheid, vertering, absorpsie en metabolisme, koolhidrate, vette, proteïene, energiebalans en liggaamsmassabeheer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Sportspesifieke vaardighede, spansituasies, reëls en regulasies, skeidsregters, spel-analise, afrigting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – departementele keuring vereis
    Beoordeling en analisering van menslike motoriese groei en ontwikkeling in gewone bevolkings. Groei, rypheid, fisieke aktiwiteite en prestasie van kinders en adolossente deur die ontwikkelingsfases van geboorte tot jong volwassenes.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Oriëntasie en terminologie, beenagtige weefsel en skeletale strukture, aksiale skelet, appendikulêre skelet, en kardiorespiratoriese sisteem.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die onderliggende teoretiese dimensies en praktiese beginsels van wetenskaplike sportafrigting geïdentifiseer, gedefinieer en bespreek. Hierdie kennis vorm die basis vir opeenvolgende kennis, vaardigheid en toepassing in sportafrigtingskontekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die basiese beginsels van die sielkunde van sport, oefening en prestasie bekendgestel as platform vir opeenvolgiende modules. Die fundamentele beginsels van motivering, aktivering, aandag, persoonlikheid en aggressie en die rol daarvan in sport, oefening en prestasie word geïdentifiseer, omskryf en bespreek in diverse sportkontekste. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Die sel, bio-energie, spiersametrekking, en respirasie.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences