Jaarboeke

Program: LLM Bankreg (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
04250103 Fakulteit Regsgeleerdheid
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 200
Contact:
Prof CM van Heerden
[email protected]
+27 (0)128070668
Prof CM van Heerden
[email protected]
+27 (0)128070668

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: SA aansoekers – 31 November; nie-SA aansoekers – 31 Augustus.

Hierdie program is beskikbaar vir internasionale studente.

 

Ander programspesifieke inligting

  1. AML 802 mag vervang word met enige ander gedoseerde LLM-module soos aanbeveel deur die betrokke programkoördineerder en goedgekeur deur die departementshoof.
  2. Die miniverhandeling moet 13 000-15 000 woorde beslaan – voetnote ingesluit maar die inhoudsopgawe en bibliografie uitgesluit.
  3. Die volgende is die kernmodules vir hierdie graad, maar nie al die modules word elke jaar aangebied nie. Kontak asseblief die fakulteit om uit te vind watter van die modules aangebied word.

BNK 802 Bankreg (30 krediete)

BNK 803 Bankreg – Capita Selecta (30 krediete)

AML 802 Gevorderde verbruikerskredietreg (30 krediete)

 

Minimum krediete: 200

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    (a) Beplanning en organisering van ‘n navorsingsprojek (b) Konsep navorsingsvoorstel: Hipotese en navorsingsvraag (c) Teorie in navorsing en metodologiese benaderings tot regsnavorsing (d) Taal (e) Verwysing en die etiek van verwysing (f) Konsephoofstukke en afronding

    Sien meer

Kernmodules

Minimum krediete: 60

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    'n Gevorderde studie oor verbruikerskredietreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Gevorderde studie in geselekteerde aspeckte van bankreg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    (a) Die student moet ’n navorsingsvoorstel gedurende die eerste jaar van registrasie ten opsigte van die LLM-graad by sy/haar studieleier inhandig alvorens daar begin kan word met die skryf van die miniverhandeling. (b) ‘n Miniverhandeling (MND 800) moet bestaan uit 13 000 tot 15 000 woorde insluitend die voetnotas maar die inhoudsopgawe en die bibliografie uitgesluit. Die miniverhandeling moet by die promotor ingehandig word nie later nie as Augustus van die tweede jaar van registrasie vir die LLM-graad. Die miniverhandeling moet handel oor die vakinhoud van een of ‘n kombinasie van die LLM-modules waarvoor die student geregistreer is. ’n Versoek ten opsigte van die verlenging van die tydperk vir indiening van die miniverhandeling kan slegs deur die Dekaan verleen word, op aanbeveling van die LLM-komitee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Gevorderde studie oor bankreg en die regulering van banke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling en voordrag van ’n navorsingsvoorstel. (’n Navorsingsvoorstel moet in die eerste semester van die tweede studiejaar by die studieleier ingedien en aanvaar word alvorens die student toegelaat sal word om vir die miniverhandeling te registreer.)

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences