Jaarboeke

Program: BA Spraak-Taalpatalogie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130104 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 511
Contact:
Prof J Van der Linde
[email protected]
+27 (0)124202948

Programinligting

Dit is ’n vierjaar-, beroepsgerigte graad wat die wetenskaplike studie van normale en afwykende menslike kommunikasie, voeding en sluk (van die kind tot die volwassene) behels. Onderrig word gegee in spraak-taalpatologie, spraak-taal, voeding- en disfagie-evaluering en intervensie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie programme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers wat aan die minimum TPT-vereistes voldoen, maar nie aan die vakvereistes nie, moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  • Departementele keuring is gebaseer op akademiese prestasie. Om toelating te behou, word daar van kandidate verwag om ’n TPT van minstens 28 in Graad 12 te behaal. Slegs 40 studente word toegelaat. Die voorlopige keuringsproses begin in Julie van die jaar wat die eerste studiejaar voorafgaan. Meer inligting kan van die programbestuurder verkry word. Die eerste studiejaar vir Oudiologie en Spraak-Taalpatologie is dieselfde. Die keuse van Lewenswetenskap (Biologie) word sterk aanbeveel.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Enige twee tale waarvan Afrikaans of Engels een behoort te wees

Wiskunde

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

4

3

D

D

30

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring vind plaas.

Praktiserende spraak-taalterapeute moet oor goeie spraakproduksie en taalgebruik beskik om as modelle te dien vir individue met kommunikasie- en gehoorafwykings. Hulle moet ook oor goeie gehoor, visie, en motoriese vermoë beskik ten einde individue met ’n verskeidenheid van kommunikasieafwykings te assesseer en behandel.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, mag ALL 110 en ALL 120 met SEP 110 of ZUL 110 vervang.

Let wel:

  • Oorskakeling van een program na die ander aan die einde van die eerste studiejaar, sal onderworpe wees aan beskikbare plek in die tweede studiejaar en aan ’n keuringsproses.
  • Ten einde ’n module te slaag, moet ’n subminimum van 40% behaal word in elke subafdeling van die volgende modules: Menslike kommunikasie (KMP), Oudiologie (ODL) en Spraak-Taalpatologie (SPP).

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student:

  • ’n finale punt van 70% of hoër vir elk van die modules in die finale jaar behaal;
  • ’n gemiddelde van 75% of hoër vir die Spraak-taalpatologie-modules op vierdejaarsvlak behaal; asook
  • ’n finale punt van 75% of hoër vir een van die teoretiese modules, SPP 410 of SPP 420 behaal.

Minimum krediete: 113

Minimum krediete: 129

Minimum krediete: 143

Minimum krediete: 115


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences