Code | Faculty |
---|---|
07131152 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 387 |
Prof LP Malan [email protected] | +27 (0)124202063 |
Die doel van hierdie pakket is om aan gekwalifiseerdes dieptekennis en begrip van hedendaagse wêreldpolitiek en verwante veranderinge te voorsien. Dit sal leerders in ’n beroepsituasie in sowel die openbare as privaat sektor in staat stel om op ’n innoverende en pro-aktiewe wyse op internasionale probleme en uitdagings te reageer.
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | Wiskunde | 4 | D | D | 28 |
Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word, behalwe die modules wat slegs op 200- en 300-vlak aangebied word.
Op elke jaarvlak moet ten minste vier kwartaalmodules of twee semestermodules van die keusemodules uit ’n enkele vak kom. Aangesien krediete per module in alle fakulteite nie dieselfde is nie, kan die krediete vir die vereiste aantal keusemodules die waardes soos aangedui, oorskry.
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
(1) STL en IPL het nie modules op jaarvlak 1 nie, maar volg op PTO 111 en PTO 120.
(2) Hoogstens 24 krediete kan geneem word.
(3) Taalmodules ter waarde van hoogstens 64 krediete kan tot op jaarvlak 2 van die volgende modules geneem word:
Raadpleeg die Fakulteit Geesteswetenskappe ten opsigte van krediete, voorvereistes en aanbieding van hierdie taalmodules.
Spesialiseringsmodules: IPL 310, 320
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Minimum krediete: 130
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
This module intends to equip students with the competence in reading and writing required in the four high impact modules: Business Management, Financial Accounting, Statistics and Economics. Students will also be equipped to interpret and draw figures and graphs and to do computations and manage relevant formulas. During Semester 1 students engage with the online computer program MyFoundationsLab individually in a flexible learning environment, and during Semester 2 they attend the scheduled contact sessions and do the coursework. This module is offered by the Faculty of Humanities.
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die bestudering van die georganiseerde politieke samelewing op nasionale en internasionale vlak, met spesifieke verwysing na politieke konsepte, benaderings en metodes. Die klem val op die staat en regeerkunde as ontledingsraamwerke inaggenome die belangrikste veranderinge wat deur globalisering veroorsaak word op nasionale en internasionale vlak. Aandag word geskenk aan die verwante dinamika van regime-ontwikkeling, prestasie en verandering op nasionale en internasionale vlak in die lig van toenemende uitdagings aan nasionale soewereiniteit van binne en buite die staat in ’n konteks van ’n groeiende globale agenda wat transnasionale aspekte hanteer soos die omgewing, menseregte, ontwikkeling en humanitêre intervensie.
Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie bied inleidend die konstitusionele raamwerk met betrekking tot publieke administrasie. Die Suid-Afrikaanse stelsel van regering, die funksies, rol en magte van die uitvoerende gesag, die wetgewende en juridiese gesag sowel as die funksionering van die drieledige sfere van die owerheid. Die module sal die student in staat stel om te verstaan hoe en waar publieke administrasie toegepas word.Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die rol van publieke administrasie in die moderne staat, die unieke kenmerke van publieke administrasie, die skole en benaderings in publieke administrasie en inleidende inligting in die onderskeie generiese administratiewe funksies. Die dissipline van publieke administrasie het vinnig ontwikkel en by implikasie, die paradigma verskuif oor die jare. Die doelwit van hierdie module is om publieke administrasie inleidend aan die student bekend te maak as ‘n veld van studie wat ‘n betekenisvolle bydrae tot die effektiewe administrasie en bestuur van owerheidswerksaamhede maak.Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.Module-inhoud:
Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Inleiding tot die bedryf- en organisasiesielkunde
’n Inleiding tot die verskillende denkskole van die sielkunde word gegee met spesiale klem op bedryf- en organisasiesielkunde en laasgenoemde se toepassingsvelde. Die basiese beginsels in die wetenskaplike sistematisering van bedryfsielkundige kennis word bespreek. Die biologiese basis van gedrag word behandel ten einde die grondslag te lê vir die toepassing van ergonomiese beginsels.
Individuele prosesse
In hierdie afdeling word die beginsels van leer soos dit in die werkkonteks voorkom, ondersoek. Die rol van persepsie binne werkverband word behandel deur te kyk na aspekte soos vorm-, diepte-, afstand- en kleurpersepsie. Kognisie, denke, redenering, geheue, kreatiwiteit en besluitneming word behandel. Intelligensie word toegelig en in perspektief geplaas binne die veld van die bedryf- en organisasiesielkunde.
Module-inhoud:
Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.
Minimum krediete: 141
Module-inhoud:
Internasonale teorie en organisasie
Wat veroorsaak oorlog en vrede? Is internasionale orde en geregtigheid versoenbaar? Is die internasionale struktuur belangrik? Die antwoorde word bepaal deur die teoretiese lense waardeur wêreldpolitiek beskou word. ’n Oorsig word gebied van die mededingende teoretiese perspektiewe van internasionale verhoudinge. Dit sluit hoofstroom en alternatiewe perspektiewe in, asook die onderliggende denke, teorieë en variasies van elk. Hierdie teorieë bied verskillende benaderings tot globale vrede, waaronder vrede deur internasionale organisasie. ’n Breedvoerige ontleding word gemaak van geselekteerde internasionale organisasies met ’n universele of streeksomvang, soos die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en van internasionale reg wat hierdie organisasies en hul aktiwiteite begrond.
Module-inhoud:
Hierdie module in die funksies van die publieke administrasie verskaf ‘n in-diepte ontleding van die generiese administratiewe funksies, insluitend beleidbepaling, organisering, finansiering, personeelvoorsiening en -benutting en beheer. Studente sal derhalwe toegerus word met kennis en vaardighede wat verband hou met die owerheid se strategiese beplanning, beleidbepaling en besluitneming, begroting, aankope, menslikehulpbronbestuurfunksies en indiensnemingswetgewing wat ‘n invloed op menslike hulpbronne binne organisasies het.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Module content will be adapted in accordance with the appropriate degree programme. Only one of KOB 281– 284 may be taken as a module where necessary for a programme.
Applied business communication skills
Acquiring basic business communication skills will enhance the capabilities of employees, managers and leaders in the business environment. An overview of applied skills on the intrapersonal, dyadic, interpersonal, group (team), organisational, public and mass communication contexts is provided. The practical part of the module (for example, the writing of business reports and presentation skills) concentrates on the performance dimensions of these skills as applied to particular professions.
Module-inhoud:
Buitelandse beleid en diplomasie
’n Kort inleiding tot die studie van buitelandse beleid word gevolg deur ’n verduideliking van die gebruik van die vergelykende metode en ’n raamwerk vir die analise en evaluasie van buitelandse beleid. Dit bied ’n vergelykende studie van die buitelandse beleid van geselekteerde state van die belangrikste streke van die wêreld, waaronder die buitelandse beleid van Suid-Afrika. In elke gevallestudie word die beleidsomgewing, die formulering- en implementeringsprosesse, asook die inhoud van die spesifieke staat se buitelandse beleid gedek. Daarna vernou die fokus na diplomasie: die oudste, mees veelsydige en universeel gebruikte instrument van buitelandse beleid. Die aard, geskiedenis, tipes diplomasie en regsraamwerk van hierdie instelling word ondersoek. Voorbeelde uit die globale praktyk word gebruik, met spesifieke oorweging van die evolusie van diplomatieke praktyk in die Afrika en Suid-Afrikaanse konteks.
Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van publieke administrasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.Module-inhoud:
Geïntegreerde handelsnaam kommunikasiebenadering, bemarkingskommunikasiebeplanning, doelwitte en begroting van geïntegreerde bemarkingskommunikasiebestuur, beginsels en strategieformulering van bemarkingskommunikasie-elemente, nuwe media, die handelsnaamkommunikasieproses, meting en evaluering van bemarkingskommunikasie-effektiwiteit.
Module-inhoud:
Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Werknemergesondheid en ergonomika
Hierdie afdeling fokus op aktuele en belangrike aspekte van gesondheids- en veiligheidsbestuur in organisasies, asook die aard en rol van ergonomika daarin. Hierdie aspekte word teoreties en prakties toegelig sodat die student die nodige kennis en vaardighede bekom in die veld van organisasiesielkunde en menslikehulpbronbestuur.
Bestuur van diversiteit
Hierdie afdeling fokus op die ontwikkeling van ’n sensitiwiteit vir ’n diverse werksmag en die ontwikkeling van ’n klimaat van wedersydse respek en toleransie tussen individue en groepe in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op die voorvereistes vir die effektiewe instel van ’n diversiteitsbestuurprogram in ’n organisasie.
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Ontwikkeling en persoonlikheid
Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike ontwikkeling word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks. Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aan die kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid; persoonlikheid as gedragsbepaler en die ontwikkeling en instandhouding van die selfkonsep. Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en -assessering.
Mens in interaksie
Hierdie tema handel oor sekere kernaspekte van menslike interaksie.
Hierdie aspekte behoort geken en begryp te word deur aspirant menslike hulpbronbestuurpraktisyns en Bedryfsielkundiges, aangesien hulle erken word as menslike gedragskundiges in die werkomgewing, wie werkgewers/organisasies kan help om die prestasies, produktiwiteit en die welstand van menslike hulpbronne te bevorder. Effektiewe menslike interaksie speel ‘n kernbelangrike rol in die werkomgewing. Dus behandel hierdie module aspekte soos die selfkonsep, sosiale rolle, sosiale waarneming, tydstrukturering en –bestuur, motivering en frustrasie, asook sielkundige aanpassings – en verdedigingsmeganismes en hoe dit verband hou met menslike interaksie oor die algemeen en met verwysing na die werkomgewing. Beide teorie en praktiese implikasies word gedek.
Module-inhoud:
Politieke dinamika (Mikro)
Die bestudering van die teorie en praktyk van gedragsverskynsels in politiek. Met verwysing na toepaslike voorbeelde val die klem op die studie van politieke kultuur, leierskap, kommunikasie, belangegroepe, partye en partystelsels; op verkiesings, kiesstelsels en kiesersgedrag; en op openbare mening en direkte populêre kontroletegnieke.
Module-inhoud:
Politieke dinamika (Makro)
’n Teoretiese begronding en raamwerk word gebied vir die beskrywing, ontleding en klassifikasie van politieke en beleidvraagstukke. Die klem is op die aard van die staat, regeerkunde en konflik in Afrika. Onder andere word ’n studie gemaak van die vraagstukke van kolonialisme en post-kolonialisme, demokratisering, outoritarisme en die ontwikkeling van die staat in Afrika, in die konteks van ’n globaliserende wêreld.
Module-inhoud:
*Alleenlik vir BCom / BAdmin studente
Groepsgedrag en leierskap
Hierdie module fokus op organisasiegedrag met spesifieke verwysing na die beginsels van groepsgedrag en die rol van werkspanne in die organisasie. Daar word spesifiek gefokus op groepsontwikkeling, -interaksie, -strukture en -prosesse asook die bevordering van spanprestasie in organisasies.
Leierskap en die invloed van mag en politiek in die organisasie word bestudeer. Die funksie wat leierskap in individuele, groeps- en taakgerigtegedrag vervul, word toegelig.
Organisasiegedrag
Die gedragsbasis vir organisasiestrukturering en -ontwerp word in die module bestudeer. Organisasiekultuur as ’n belangrike faset van ’n organisasie word toegelig. Die dinamiek en benaderings tot organisasieverandering word behandel. Daar word spesifiek gefokus op die rol van veranderingsagente, weerstand teen verandering en organisasie-ontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke met betrekking tot organisasieverandering word prakties toegelig.
Minimum krediete: 140
Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van Publieke administasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.Module-inhoud:
Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om die student se opvatting te verbreed oor die verstaan, ontstaan en ontwikkeling van administratiewe stelsels. Die klem is op die praktiese toepassing van kennis en probleme in ontwikkelende gemeenskappe. Toememende globalisering vereis akademiese belang in vergelykende publieke administrasie. Die beweegrede agter vergelykende Publieke administrasie is die soeke na die ontdekking van gemeenskaplikhede in die administratiewe proses en die menslike gedrag, ongeag van plek en tyd.Module-inhoud:
Veiligheid- en strategiese studies
’n Studie van tradisionele en kontemporêre benaderings tot veiligheid en strategie. Aandag word geskenk aan nuwe teorieë oor oorlog, veiligheid en strategie; militêre en nie-militêre bedreigings vir nasionale veiligheid en menseveiligheid; die nasionale veiligheid van ontwikkelende state; asook die verhouding tussen beleid, strategie en taktiek. Laasgenoemde sluit ’n inleidende oorsig in van die aard, vlakke, patrone, vorms en instrumente van strategie, en van oorlogsreg. Die nasionale, regionale en kontinentale veiligheidsituasie in Afrika en vorms van multilaterale veiligheidsamewerking in die besonder word ontleed, ook in verhouding tot buite-kontinentale tendense. Wat die voorafgaande betref, word klem geplaas op die regs- en institusionele raamwerk, nasionale veiligheidsbeleid en strategiese ingesteldheid van Suid-Afrika.
Module-inhoud:
Internasionale politieke ekonomie
Die aard en funksionering van die hedendaagse internasionale polities-ekonomiese orde word ontleed teen die agtergrond van die globaliseringsproses. Die klem val op die interaksie tussen politieke en ekonomiese tendense en vraagstukke soos die ekonomiese belang en politieke impak van regionale handelsblokke; die skuldlas van state; internasionale hulpverlening; die rol en invloed van multinasionale korporasies; en die oordrag van tegnologie na minder-ontwikkelde state; ontluikende ekonomiese moondhede in die Globale Suide; en globale ekonomiese regeerkunde.
Module-inhoud:
Politieke teorie
’n Teoretiese en normatiewe studie van politieke idees. Dit sluit die studie van prominente politieke denkers soos Plato, Thomas Hobbes en John Rawls in, sowel as die kontemporêre manifestasies van ideologieë soos liberalisme, sosialisme, konserwatisme en nasionalisme. Hierdie normatiewe beoordeling van politiek sluit af met ’n kritiese evaluasie van die ontwikkeling, aard en praktiese waarde van prominente demokratiese teorieë, onder andere deelnemende, wetlike en beraadslagende demokrasie.
Module-inhoud:
Motivering en prestasiebestuur Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses. Prestasiebestuur word onder die volgende hoofde behandel: kriteria-ontwikkeling; prestasiebeplanning; data-insameling; waarneming en dokumentering; prestasiebeoordeling; beoordelingsinstrumente; prestasieterugvoering om motivering te bevorder. Menslikehulpbron- en loopbaanontwikkeling Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag- en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op behoefte-ontleding, kurrikulumontwerp, leerdoelwitstelling, programontwikkeling, voorbereiding van materiaal, opleidingsingrepe, aanbiedings- en fasiliteringsvaardighede, asook kursusevaluering. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met organisasievereistes en -strategie word aan die hand van loopbaanontwikkeling toegelig.Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuurstelsels Die afdeling verskaf ‘n inleiding tot menslikehulpbronbestuurstelsels en spreek ook hedendaagse ontwikkelinge en vraagstukke op die gebied aan. Die volgende temas word omvattend bespreek: posontleding, posbeskrywing en posspesifikasie; posontwerp; vergoedingsteorie en -stelsels; posevaluering en -gradering; voordele- en byvoordele-stelsels. Vergoedingstelsels as motivering vir werknemers word ook behandel. Menslikehulpbronvoorsiening Menslikehulpbronvoorsiening word, vanuit ‘n bedryfsielkundige perspektief, aangebied onder die volgende hoofde: mensehulpbronbeplanning; makro- en mikroveranderlikes wat ‘n invloed het op personeelvooruitskatting en -voorsiening; menslikehulpbron-inligtingstelsels; die ouditering van vaardighede; asook tegnieke soos werwing, keuring, plasing en induksie.Module-inhoud:
Deel 1: Demokratiese studies
‘n Hoë-vlak kritiese analise van demokratiese teorie en praktyk. Die analise van demokratiese teorie sal temas soos die klassieke, radikale, deliberatiewe en feministiese perspektiewe insluit. Die analise van demokratiese praktyk sal aspekte insluit soos demokratisering, demokratiese konsolidasie, demokratiese burgerskap en samelewing, die rol en belang van die burgerlike gemeenskap, die instellings en prosedures vir demokrasie en “goeie regering”.
Deel 2: Politieke analise
Die metodiek en praktyk van politieke analise is die fokus van die studie. Die beginsels en problematiek onderliggend aan verskillende benaderings en metodes van politieke analise word beskryf en verduidelik. Dit sluit die aard, metodes en gebruik van vergelykende analise, vooruitskouing, risiko-analise, prestasie-evaluering en die politieke oudit in. Hierdie analitiese metodes word in die politieke en beleidskonteks geplaas, met beklemtoning van die praktiese waarde daarvan. Daar word deurgaans van toepaslike voorbeelde en gevallestudies gebruik gemaak.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App