Code | Faculty |
---|---|
07130067 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 399 |
Mr W Niemann [email protected] | +27 (0)124204635 |
Die doel van die opsie is om die leerders van voorsieningskettingbestuur toe te rus met die vermoë om deel te kan neem in die funksionele bestuur binne die konteks van ’n geïntegreerde voorsieningsketting. Dit sluit in die dissiplines van voorsieningsbestuur, produksie- en operasionele bestuur, pakhuis- en vervoerbestuur en voorsieningskettingstrategie.
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.?
Minimum vereistes | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 30 |
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
FRK 122 is ’n eindmodule. Kandidate sal nie met Finansiële rekeningkunde op 200- en 300-vlak kan voortgaan nie.
FBS 212 en FBS 222 is eindmodules. Kandidate sal nie met Finansiële bestuur op 300-vlak kan voortgaan nie.
Spesialiseringsmodules: OBS 316 en 326.
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
This module intends to equip students with the competence in reading and writing required in the four high impact modules: Business Management, Financial Accounting, Statistics and Economics. Students will also be equipped to interpret and draw figures and graphs and to do computations and manage relevant formulas. During Semester 1 students engage with the online computer program MyFoundationsLab individually in a flexible learning environment, and during Semester 2 they attend the scheduled contact sessions and do the coursework. This module is offered by the Faculty of Humanities.
Module-inhoud:
Inleiding tot inligtingstelsels; inligtingstelsels in ondernemings; apparatuur: invoer; verwerking; uitvoer; programmatuur: stelsels- en toepassingsprogrammatuur; organisering van data en inligting; telekommunikasie en netwerke; die internet en intranet. Transaksieverwerkingstelsels; bestuursinligtingstelsels; besluitnemingsteunstelsels; inligtingstelsels in besigheid en samelewing; stelselontleding; stelselontwerp; implementering; onderhoud en hersiening.
Module-inhoud:
Begroting, salarisverantwoording, belasting – inkomstebelasting en ‘n inleiding tot ander soorte belasting, krediet en die nuwe Kredietwet, versekering, verantwoording van voorraad (klem op voorraad en die rekeningkundige inskrywings, nie berekeninge nie), vertolking van finansiële state.Module-inhoud:
Hierdie module beskou die kern beginsels van ekonomie, met spesifieke fokus op makro-ekonomiese maatstawwe. Die private en openbare sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie word behandel, terwyl die makro-ekonomiese verwantskappe en meting van binnelandse produk en nasionale inkomste bespreek word. Totale vraag en -aanbod vorm die kern van hierdie ontleding. Verwante konsepte van ekonomiese groei, werkloosheid en inflasie word ook aan studente verduidelik met behulp van hierdie analise. Die mikro-eknomiese beginsels van die owerheid word behandel in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur 'n afdeling oor internasionale ekonomie wat fokus op internasionale handel, wisselkoerse en die betalingsbalans. Ontwikkelings ekonomie en 'n afdeling van Suid-Afrika in die konteks van die wêreld-ekonomie vorm die laaste deel van die kursus.
Module-inhoud:
Beskrywende statistiek:
Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Module-inhoud:
Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.
Module-inhoud:
Hierdie module het te doen met die kern beginsels van ekonomie. 'n Onderskeid tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie word getref. 'n Bespreking van die markstelsel en die sirkulêre vloei van goedere, dienste en geld word gevolg deur 'n afdeling wat handel oor mikro-ekonomiese beginsels, insluitend vraag- en aanbod ontleding, verbruikers gedrag en nutmaksimering, produksie en die koste daarvan, en die verskillende mark modelle van firma gedrag. Arbeids markinstellings en kwessies, loonbepaling, asook inkome-ongelykheid en armoede word aangespreek. 'n Afdeling oor geld, bankwese, rentekoerse en monetêre beleid sluit die kursus af.
Module-inhoud:
Inleiding tot ondernemingsbestuur as vakwetenskap; die omgewing waarin die onderneming funksioneer; die saketerrein, missie en doelstelling van die sakeonderneming; bestuur en entrepreneurskap. Verantwoordelike leierskap en die rol van 'n besigheid in die samelewing. Die keuse van ‘n ondernemingsvorm; die keuse van produkte en dienste; winsbeplanning en kostebeplanning by verskillende bedryfsgroottes; vestigingsfaktore; aard van produksieprosesse en die uitleg van die bedryf.
Inleiding tot en oorsig van algemene bestuur, veral betreffende die vyf bestuurstake: strategiese bestuur; hedendaagse tendense en bestuursvraagstukke; finansiële bestuur; bemarking en eksterne betrekkinge.
Inleiding tot en oorsig van die waardekettingmodel; bestuur van die insette; die bestuur van die aankoopfunksie; bestuur van die transformasieproses met spesifieke verwysing na produksie- en operasionele bestuur; menslikehulpbronbestuur en inligtingsbestuur; korporatiewe bestuur en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
Module-inhoud:
*STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110.
Optimeringstegnieke met ekonomiese toepassings:
Datatransformasies en verwantskappe met ekonomiese toepassings: bewerkings en reëls, lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese funksies, stelsels van vergelykings in ewewig, stelsels van lineêre ongelykhede, oplossing van lineêre programmeringsprobleme met behulp van die grafiese en hoekpuntmetodes. Toepassings van differensiasie en integrasie in statisties- en ekonomiesverwante probleme: die limiet van ‘n funksie, kontinuïteit, veranderingstempo, die afgeleide van ‘n funksie, differensiasiereëls, hoërorde- afgeleides, optimeringstegnieke, die oppervlakte onder ‘n kromme en toepassings van bepaalde integrale.
Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproefverhoudings (een- en twee-steekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.
Module-inhoud:
Die aard en funksie van rekeningkunde; die ontwikkeling van rekeningkunde; finansiële toestand; finansiële prestasie; die boekstawingsproses; verwerking van rekeningkundige data; elementêre inkomstestaat en balansstaat; dokumentevloei; rekeningkundige stelsels; inleiding tot interne beheer en interne beheermaatreëls; bankrekonsiliasies; kontrolerekeninge; aansuiwerings; opstel van finale state van 'n eenmansaak; die rekeningkundige raamwerk.Module-inhoud:
Die aard en ontwikkeling van entrepreneurskap; die individuele entrepreneur en karaktereienskappe van Suid-Afrikaanse entrepreneurs. Kreatiwiteit en innovasie, die ontdekking en ontginning van ? geleentheid. Die sakeplan en hulpbronvereistes word ontleed. Die begin van die onderneming (“start up”). Ondersoek die verskillende weë/roetes na entrepreneurskap. Toetrede tot familie-ondernemings; die aanskaf van ‘n konsessie (“franchise”); tuisgebaseerde onderneming en die besigheidsoorname. Hierdie semester dek ook hoe entrepreneurs netwerking kan bewerkstellig en ondersteuning vind in hulle omgewing. Gevallestudies van suksesvolle entrepreneurs - ook Suid- Afrikaanse entrepreneurs - word bestudeer.
Module-inhoud:
STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110. Databewerkings en transformasies: Inleidende begrippe: die rol van statistiek, verskillende tipes data en die getallestelsel. Begrippe onderliggend aan lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese transformasies van kwantitatiewe data, grafiese voorstellings, oplossing van vergelykings en interpretasie. Bepaling van lineêre vergelykings in praktiese situasies. Eienskappe van logaritmiese funksies. Die verwantskap tussen die eksponensiële en logaritmiese funksies in ekonomiese en verwante probleme. Stelsels van vergelyking in ewewig. Addisionele begrippe van belang by dataverwerking, funksies en inverse funksies, sigma-notasie, faktoriaalnotasie, rye en reekse, ongelykhede (streng, swak, absoluut, voorwaardelik en dubbele) en absolute waardes. Beskrywende statistiek – Eenvariant: Steekproefneming en die insameling van data, frekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Inleidende waarskynlikheidsleer. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke. Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.Module-inhoud:
Meervariante statistiek:
Variansieanalise, kategoriese data-analise, verdelingsvrye metodes, krommepassing, regressie en korrelasie, die ontleding van tydreekse en indekse. Statistiese en ekonomiese toepassings van kwantitatiewe tegnieke:
Stelsels van lineêre vergelykings; opstelling, matrikse, oplossing en toepassing. Optimering; lineêre funksies (twee en meer onafhanklike veranderlikes), nie-lineêre funksies (een en twee onafhanklike veranderlikes). Marginale en totale funksies. Stogastiese en deterministiese veranderlikes in statistiese en ekonomiese konteks: produsentesurplus, verbruikersurplus, distribusiefunksies, waarskynlikheidsverdelings en digtheidsfunksies. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Hierdie module word ook as anti-semester tweetalige module aangebied.
Minimum krediete: 159
Module-inhoud:
Projekbestuur: Inleiding. Konsepte van projekbestuur; behoefte-identifisering; die projek, projekbestuurder en projekspan; soorte projekorganisasies; projekkommunikasie en -dokumentasie. Beplanning en beheer: beplanning, skedulering en skedulebeheer van projekte; hulpbronoorwegings en toedeling; kostebeplanning en prestasie-evaluering.Module-inhoud:
Rol en omgewing van finansiële bestuur. Ontleding van finansiële state; kontantvloei en finansiële beplanning. Tydwaarde van geld; risiko en opbrengs; kapitaalinvesteringsbesluite; bedryfskapitaalbestuur.
Module-inhoud:
Basiese beginsels van die kontraktereg; koopreg; kredietooreenkomste, huurreg.Module-inhoud:
Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.
Module-inhoud:
*Slegs vir BCom (Opsie: Voorsieningskettingbestuur)-studente
Die rol van aankope in die voorsieningsketting; besluitneming in aankope; die aankoopproses; markte en produkte; aankoopintelligensie; uitkontraktering en risikobestuur; bronstrategie; nuweprodukontwikkeling en kwaliteitsbeheer; aankoopprestasiebestuur, leweransiersaanslag, onderhandelingstegnieke, fasiliteitbestuur en verkryging van dienste.
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Module content will be adapted in accordance with the appropriate degree programme. Only one of KOB 281– 284 may be taken as a module where necessary for a programme.
Applied business communication skills
Acquiring basic business communication skills will enhance the capabilities of employees, managers and leaders in the business environment. An overview of applied skills on the intrapersonal, dyadic, interpersonal, group (team), organisational, public and mass communication contexts is provided. The practical part of the module (for example, the writing of business reports and presentation skills) concentrates on the performance dimensions of these skills as applied to particular professions.
Module-inhoud:
*Slegs vir BCom (Opsie: Voorsieningskettingbestuur)-studente
Operasionele strategie en mededingendheid; prosesontleding, produkontwerp en proseskeuse; vervaardiging; diens; totale kwaliteitsbestuur; operasionele regeniëring; voorsieningskettingstrategie; kapasiteitsbestuur; netbetydsstelsels; vooruitskatting; saamgestelde verkope en operasionele beplanning; voorraadbeheer; operasionele skedulering; vereiste materiaalbeplanning en teorie van beperkings.
Module-inhoud:
Arbeidsreg; aspekte van sekerheidstelling; insolvensiereg; ondernemingsreg; maatskappyereg; reg insake beslote korporasies en vennootskapsreg.
Module-inhoud:
Logistieke bestuur Die rol van logistiek in 'n onderneming; omskrywing en omvang van klantediens; elektroniese en ander logistieke inligtingstelsels; voorraadbestuur en materiaalbestuur met besondere verwysing na Japannese stelsels; bestuur van die voorsieningsketting. Vervoermetodes en vervoerkoste; soorte opberging en die koste daarvan; elektroniese hulpmiddels by materiaalhantering; koste en prysbepaling by aankope; organisering vir logistieke bestuur en metodes om logistieke werkverrigting te verbeter.Module-inhoud:
Inleiding tot bestuursrekeningkunde; kosteterme, konsepte en klassifikasie; taakkoste; proseskoste; kostegedrag; veranderlike versus absorpsiekoste, koste-volume-wins-verwantskappe; begrotings.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Inleiding tot internasionale bestuur Die terrein van internasionale sakebestuur; die proses van internasionalisering; groei in internasionale handel en belegging; die evolusie van multinasionale ondernemings; bestuursperspektiewe oor internasionale handel en internasionale handelsteorieë; internasionale handelsregulering, ekonomiese integrasie, die vorming van handelsblokke en vrye handelsgebiede. Die internasionale sake-omgewing Die kulturele omgewing van internasionale sake; die politieke en regsomgewings asook die ekonomiese omgewing van internasionale sake; die internasionale monetêre stelsel, die valutamark en internasionale kapitaalmarkte.Module-inhoud:
Internasionale finansiële bestuur Doel, omvang en beginsels van internasionale finansiële bestuur; kontantvloeibestuur; valutarisiko en valutarisikobestuur; internasionale investerings- en finansieringsbesluite; in- en uitvoerbestuur; in- en uitvoerfinansiering en internasionale aankope en verkryging. Internasionale bestuur, leierskap, marktoetrede Internasionale bestuur en leierskap; dimensies van strategiese internasionale menslikehulpbronbestuur; internasionale marktoetrede en inleiding tot internasionale bemarkingstrategie, internasionale samewerking en strategiese alliansies en toekomsperspektiewe aangaande Suider-Afrika as ‘n opkomende mark.Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling Die omgewing waarbinne menslikehulpbronbestuur plaasvind; posontleding; strategiese menslikehulpbronbeplanning; gelyke indiensnemingsgeleenthede; beplanning en bestuur van opleiding, ontwikkeling en loopbane; funksionering in internasionale sake-omgewings. Onderhandelinge en kollektiewe bedinging Die aard van onderhandeling, voorbereiding vir onderhandeling, onderhandeling vir klimaatskepping; oorredende kommunikasie; hantering van konflik en aggressie; gespesialiseerde onderhandeling en kollektiewe bedinging in die Suid-Afrikaanse konteks.Module-inhoud:
Strategiese bestuursanalise en -formulering Grondbegrippe; formulering van missie, beleid en doelwitte; eksterne evaluering van die sake-omgewing; interne evaluering van die onderneming, insluitende intellektuele bates; die formulering en ontwikkeling van ‘n strategiese plan. Strategiese bestuursimplementering Die rol van bestuur in strategiese implementering; begrotings as instrument in die implementeringsproses; die lei van veranderingsprosesse binne ondernemings; ondersteunende beleid, prosedure en inligtingstelsels vir strategiese implementering; implementering in die verskillende funksionele gebiede; evaluering en beheer van implementering.Module-inhoud:
*Slegs vir BCom (Opsie: Voorsieningskettingbestuur)-studente
Die vervoeromgewing; modelkeuse en intermodelkombinasies; fundamentele vervoerekonomie; vervoerbeplanning; werking van vervoer; vervoerwetgewing; vervoerstrategieë; pakhuismetodologieë; pakhuisplasing en -ontwerp; materiaalhanteringstoerusting; werking van ‘n pakhuis; sleutelprestasie-aanwysers en prestasievereistes.
Module-inhoud:
*Slegs vir BCom (Opsie: Voorsieningskettingbestuur)-studente Korporatiewe kliëntediensontwerp; strategie-ontwerp; kanaalstrategie; netwerkontwerp; voorsieningskettingverhoudinge; voorsieningskettingontwerp; leweransiersbelyning; bewerkingsbelyning; distribusiebelyning, vraagbelyning en logistieke inligtingstelsels.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App