Jaarboeke

Program: BEdHons Opvoedkundige Sielkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09240092 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 128
Contact:
Dr AH du Plessis
[email protected]
+27 (0)124205503

Toelatingsvereistes

’n Baccalaureusgraad aan ’n erkende universiteit met

  • Sielkunde III
  • Opvoedkunde III of Pedagogiek IV

Alhoewel hierdie kwalifikasie studente in staat sal stel om aansoek te doen vie die MEd in Opvoedkundige Sielkunde, is dit 'n akademiese kwalifikasie en lei dit nie tot registrasie as professionele berader of psigometris nie.

 

 

Addisionele vereistes

Daar is keuring aan hierdie graadprogram verbonde.

Eksamens en slaagvereistes

Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.

'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.

Navorsing

'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.

Slaag met lof

Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.

Minimum krediete: 128

Wanneer die voltydse opsie gekies word, moet al die "Fundamentele modules" en "Kernmodules" gekies word. Wanneer die deeltydse opsie gekies word, moet NMQ 745, EDS 711, CDD 710 en KGG 730 gekies word in die 1ste jaar en NMQ 755, LDS 730, NOS 780 en LOT 730 moet gekies word in die finale jaar.

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Begeleide literatuurstudie, formulering van ? konseptuele raamwerk en ontwikkeling van ’n navorsingsvoorstel vir ? begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Begeleide navorsingsprojek van beperkte omvang. Toepassing van kwantitatiewe en/of kwalitatiewe navorsingsmetodes. Skryf van ‘n navorsingsverslag en lewering van navorsingsreferaat in spanverband. Lesings sal gerig word deur voorbeelde van werklike gevalle binne die opvoedkunde konteks, sodat studente die teorie en metodes kan bemeester wat geassosieer word met verskillende navorsingsbenaderings. Dit sluit  basiese kennis in wat betref metateorieë en die toepassing van filosofiese beginsels vir navorsing in die opvoedkunde. 

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module het ten doel om ? inleiding te verskaf tot teorie wat verband hou met effektiewe leer en struikelblokke tot leer. Die module fokus op bemagtigings-elemente van effektiewe leer, hoe om struikelblokke tot leer aan te spreek, die implikasies van insluitende onderwys en die akkommodering van leerders wat sulke struikelblokke beleef, en hoe om leer binne 'n meertalige konteks te fasiliteer. Dit behandel die assessering van leeruitdagings wat betref lees, gesproke en geskrewe taal, wiskunde, perseptuele ontwikkeling asook nie-verbale leeruitdagings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die lewensontwerp module is daarop gemik om ? teoretiese oorsig van beroepsteorieë te gee, met ‘n fokus of die lewensontwerp paradigma binne die Suid-Afrikaanse beroepsleidingkonteks. Die module sal studente toerus met die nodige kennis en vaardighede om betekenisvolle en relevante beroepsleiding te verskaf deur die toepassing van relevante beroepsteorieë en die beginsels van lewensontwerp. Studente sal blootgestel word aan die gebruik van beroepsinligting en -opvoeding om die ontwikkeling van ? beroep te begelei. Studente sal leer hoe om die proses van lewensontwerp met leerders te fasiliteer ten einde ? balans te verkry tussen die daarstel van ? beroep en ander lewensuitdagings.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die sosio-emosionele geestesgesondheid en welsstand module is daarop gerig om studente te begelei om  welstand op proaktiewe wyse te bevorder deur sosio-emosionele leer en sosio-emosionele bevoegdheid. Dit lê die teoretiese grondslag om belanghebbendes in te lig oor hoe studente, ouers en betekenisvolle versorgers (jong) mense kan help, begelei en ondersteun wat betref hulle optrede binne die gesinsisteem en samelewingskonteks. Die module fokus op sistemiese ondersteuningstrategieë vir hoë risiko-kontekste. Die module is verder daarop gemik om studente toe te rus om die ontwikkeling van mense (veral jongmense) se sosio-emosionele vaardighede te bevorder.

     

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences