Code | Faculty |
---|---|
03133051 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 428 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 30 |
Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei).
Keusemodules word as volg gekies:
Tweede jaar – 12 krediete
Derde jaar – 54 krediete
Keusemodules in die tweede studiejaar mag gekies word uit: BCM 262, GGY 283, PLG 262, MBY 262.
Studente wat daarin belangstel om Genetika met Mikrobiologie as ’n dubbelhoofvak te kombineer, moet PLG 262 neem.
Studente wat daarin belangstel om Genetika met Biochemie as ’n dubbelhoofvak te kombineer, moet BCM 262 neem en mag [BOT 251 + BOT 261] en [ZEN 251 + ZEN 261] met [CMY 282 + CMY 284 + CMY 283 + CMY 285] vervang.
Enkelhoofvak:
Keusemodules mag gekies word uit enige kombinasie van BCM 356, BCM 357, BCM 367, BCM 368, BOT 356, BOT 358, BOT 365, MBY 351, MBY 355, MBY 364, MBY 365, PLG 351, PLG 363, ZEN 361, ZEN 363.
Dubbelhoofvak:
Studente moet BTC 361 met Biochemie modules vervang en moet [BCM 356 + BCM 357] en [BCM 367 + BCM 368] tot ’n totale waarde van 72 krediete neem.
Studente moet of GTS 368 of BTC 361 met Mikrobiologie-modules vervang en moet [MBY 351 + MBY 355] en [MBY 364 + MBY 365] tot ’n totale waarde van 72 krediete neem.
Studente moet [BOT 356 + BOT 358] en [BOT 365] tot ’n totale waarde van 54 krediete neem. Studente mag ook kies om GTS 368 met BOT 366 te vervang.
Studente moet BTC 361 of GTS 368 met Dierkunde-modules vervang en moet [enige 2 modules van ZEN 351 of ZEN 352 of ZEN 353 of ZEN 354] en [ZEN 361 + ZEN 363] tot ’n totale waarde van 72 krediete neem.
Studente moet BTC 361 of GTS 368 met Dierkunde-modules vervang en moet [ZEN 355 of ZEN 351 of ZEN 353 of ZEN 354] en [ZEN 361 + ZEN 365] tot ’n totale waarde van 72 krediete neem.
'n Student moet al die minimum voorgeskrewe en keusemodules slaag soos uiteengesit aan die einde van elke jaar in ‘n program asook die totale aantal vereiste krediete behaal om te voldoen aan die betrokke graadprogramvereistes. Verwys asseblief na die kurrikulum soos uiteengesit. Ten minste 144 krediete moet op 300-/400-vlak wees, of andersins soos aangedui deur die kurrikulum. Die minimum modulekrediete wat nodig is om te voldoen aan graadvereistes word uiteengesit aan die einde van elke studieprogram. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui sal ’n maksimum van 150 krediete op 100-vlak erken word.
’n Student mag in konsultasie met die Hoof van die Departement en in oorleg en met die toestemming van die Dekaan, voorgeskrewe modules volg of vervang met modules wat nie aangedui is in die BSc- driejaarstudieprogramme nie en wat die ekwivalent of die maksimum van 36 modulekrediete is. Dit is egter wel belangrik dat die totale aantal voorgeskrewe modulekrediete binne die loop van die graadprogram voltooi word. Die Dekaan mag in die verband, en op aanbeveling van die Departementshoof, afwykings goedkeur. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui mag ’n student nie vir meer as 75 modulekrediete per semester op eerstejaarvlak registreer nie. ’n Student word slegs in oorleg met en met toestemming van die Dekaan toegelaat om te registreer vir 80 krediete in die eerste semester gedurende die eerste jaar indien die student ’n finale punt van nie minder nie as 70% vir Graad 12 Wiskunde en ’n TPT van 34 of meer behaal het vir die NSS.
Studente wat alreeds in besit van ’n baccalaureusgraad is, kan nie erkenning kry vir modules waarvan die inhoud oorvleuel met modules van die graad wat reeds toegeken is nie. Verder sal krediete ook nie vir meer as 50% oorweeg word nie vir krediete geslaag tydens studie vir ’n vorige onvoltooide graad. Geen krediete op die finale jaar of op 300- en 400-vlak sal goedgekeur word nie.
Algemene bevorderingsvereistes in die fakulteit
Alle studente wie se akademiese vordering nie aanvaarbaar is nie se studies kan opgeskort word.
'n Student word tot die volgende studiejaar bevorder mits hy of sy 100 van die vereiste krediete wat in 'n studiejaar voorgeskryf word, slaag tensy die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof anders besluit. 'n Student wat nie aan die vereistes vir bevordering tot die volgende studiejaar voldoen nie, behou krediete vir die modules waarin hy of sy geslaag het, en mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot hoogstens 48 krediete van die modules van die volgende studiejaar toegelaat word, mits dit by die lesing-/eksamenrooster inpas.
'n Student slaag met lof indien hy of sy in een enkele akademiese jaar alle vereiste modules op 300-vlak of hoër slaag en 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in daardie modules behaal, met dien verstande dat 'n subminimum van 65% behaal word in die betrokke modules wat vereis word.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App