Code | Faculty |
---|---|
02133384 | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar | Totale krediete: 587 |
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | ||||||||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | TPT | |||||||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 30 |
Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei).
Keusemodule FST 413 mag met VDS 414 vervang word.
Keusemodule VDS 427 mag vervang word met VDS 424
Keusemodules word as volg gekies:
Vierde jaar – 47/56 krediete
Internskapopleiding:
OPI 400: (Praktykopleiding in die industrie): Studente moet gedurende die vier (4) jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en nauurs, ’n totaal van 480 ure praktykopleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel, deel te neem aan gemeenskapsontwikkeling en diensleer te verskaf. Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaar, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie opleiding moet suksesvol voltooi wees tesame met bewys-lewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word. Let wel: Hierdie praktiese en industrie-aktiwiteite ondersteun die teoretiese komponente van VDS 414, VDS 424, VDS 413 en FST 413 en vind naure plaas ten einde praktiese en industrievaardighede te ontwikkel.
'n Student moet al die minimum voorgeskrewe en keusemodules slaag soos uiteengesit aan die einde van elke jaar in ‘n program asook die totale aantal vereiste krediete behaal om te voldoen aan die betrokke graadprogramvereistes. Verwys asseblief na die kurrikulum soos uiteengesit. Ten minste 144 krediete moet op 300-/400-vlak wees, of andersins soos aangedui deur die kurrikulum. Die minimum modulekrediete wat nodig is om te voldoen aan graadvereistes word uiteengesit aan die einde van elke studieprogram. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui sal ’n maksimum van 150 krediete op 100-vlak erken word.
’n Student mag in konsultasie met die Hoof van die Departement en in oorleg en met die toestemming van die Dekaan, voorgeskrewe modules volg of vervang met modules wat nie aangedui is in die BSc- driejaarstudieprogramme nie en wat die ekwivalent of die maksimum van 36 modulekrediete is. Dit is egter wel belangrik dat die totale aantal voorgeskrewe modulekrediete binne die loop van die graadprogram voltooi word. Die Dekaan mag in die verband, en op aanbeveling van die Departementshoof, afwykings goedkeur. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui mag ’n student nie vir meer as 75 modulekrediete per semester op eerstejaarvlak registreer nie. ’n Student word slegs in oorleg met en met toestemming van die Dekaan toegelaat om te registreer vir 80 krediete in die eerste semester gedurende die eerste jaar indien die student ’n finale punt van nie minder nie as 70% vir Graad 12 Wiskunde en ’n TPT van 34 of meer behaal het vir die NSS.
Studente wat alreeds in besit van ’n baccalaureusgraad is, kan nie erkenning kry vir modules waarvan die inhoud oorvleuel met modules van die graad wat reeds toegeken is nie. Verder sal krediete ook nie vir meer as 50% oorweeg word nie vir krediete geslaag tydens studie vir ’n vorige onvoltooide graad. Geen krediete op die finale jaar of op 300- en 400-vlak sal goedgekeur word nie.
Algemene bevorderingsvereistes in die fakulteit
Alle studente wie se akademiese vordering nie aanvaarbaar is nie se studies kan opgeskort word.
'n Student word tot die volgende studiejaar bevorder mits hy of sy 100 van die vereiste krediete wat in 'n studiejaar voorgeskryf word, slaag tensy die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof anders besluit. 'n Student wat nie aan die vereistes vir bevordering tot die volgende studiejaar voldoen nie, behou krediete vir die modules waarin hy of sy geslaag het, en mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot hoogstens 48 krediete van die modules van die volgende studiejaar toegelaat word, mits dit by die lesing-/eksamenrooster inpas.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:
Resepontwikkeling en -standaardisering 413
Verbruikersaspekte van voedsel 417
Voedselnavorsingsprojek 480
Voedseldiensbestuur 420
Voedselwetenskap en -tegnologie 413
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App