Code | Faculty |
---|---|
11130011 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 384 |
Prof WD Snyman [email protected] | +27 (0)123192552 |
Vir keuringsdoeleindes word die som van die uitslae in ses vakke insluitend Engels Wiskunde en Fisiese Wetenskap bereken.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||||||
Engels | Wiskunde | Fisiese Wetenskap | ||||||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 4 | 3 | D | D | 25 |
Die Algemene Regulasies van toepassing op baccalaureusgrade.
Die finale eksamen vir Mondbiologie (MDB 171) sal plaasvind aan die einde van die tweede semester saam met Farmakologie wat ‘n semestermodule in die tweede semester is.
Studente word vrygestel van die taalmodules (ZUL 110, AFR 111 en SEP 110) op grond van die suksesvolle voltooiing van ’n taalbevoegdheidstoets aan die begin van die jaar.
Eksamens in die eerste, tweede en derde studiejaar
(i) ’n Subminimum van 50% in die eksamen word vereis ten opsigte van die eksamenmodules, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag.
(ii) ’n Slaagpunt van minstens 70% word in Voorkomende mondgesondheid vereis.
(iii) ’n Student wat die kliniese gedeelte van een of meer van die modules van die derde jaar druip, moet daardie modules in die daaropvolgende semester herhaal, met ’n eksamen aan die einde van die semester
Die Dekaan, op aanbeveling van die eksamenmodereringsvergadering, sal die tyd bepaal wat moet verloop alvorens die student hom of haar weer vir eksamen mag aanmeld. Studente wat die studiejaar herhaal, behou krediet vir modules geslaag, behalwe waar anders bepaal, maar ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering moet in alle geslaagde modules behaal word.
(iv) ’n Student wat die teoretiese deel van enige module in die derde studiejaar, finale eksamen druip, sal tot ’n tweede eksamen in daardie deel van die module toegelaat word. ’n Student wat die tweede eksamen druip mag, onderhewig aan ander fakulteitsregulasies, ’n eksamen aan die einde van die daaropvolgende semester aflê, maar moet sertifikate van bevredigende voorbereiding in al die ander modules wat hy/sy reeds geslaag het, verwerf.
(v) Ten einde aan die vereistes in (iii) hierbo te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, word die omvang van ’n student se betrokkenheid by modules geslaag, deur die modulevoorsitter aan die begin van die akademiese jaar met die betrokke student ooreengekom.
(vi) Die vereiste soos uiteengesit in par. (f).(i) hierbo, sal van toepassing wees op studente wat na herhaling van ’n semester, weer sommige van die modules druip.
Toelating tot die tweede studiejaar
(i) Vir toelating tot die tweede studiejaar, moet ’n student in al die modules van die eerste jaar geslaag het.
(ii) Studente wat die eerste studiejaar herhaal, behou krediet vir eksamen-modules geslaag, tensy anders bepaal, maar moet ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering in al die bevorderingsmodules behaal. Ten einde aan bogemelde vereistes te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, sal die omvang van ’n student se betrokkenheid by bevorderingsmodules reeds geslaag, aan die begin van die akademiese jaar deur die modulevoorsitter met die student ooreengekom word.
(iii) ’n Slaagpunt van minstens 70% word in die bevorderingsmodule VKM 171 Voorkomende mondgesondheid 171 vereis.
Toelating tot die derde studiejaar
(i) Om tot die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in al die tweedejaarsmodules geslaag het.
(ii) Student wat die tweede studiejaar herhaal, behou krediet vir eksamen-modules geslaag, behalwe waar anders bepaal, maar moet ’n sertifikaat van bevredigende voorbereiding en vordering in al die bevorderingsmodules behaal. Ten einde aan al bogemelde vereistes te voldoen, en om ’n spesifieke vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, sal die omvang van die betrokkenheid van ’n student by bevorderingsmodules reeds geslaag, aan die begin van die akademiese jaar deur die modulevoorsitter met die betrokke student ooreengekom word.
(iii) ’n Slaagpunt van minstens 70% word in die bevorderingsmodule VKM 271 Voorkomende mondgesondheid 171 vereis.
Akademiese uitsluiting
(i) ’n Student wat die Mondhigiëne-program volg, sal slegs twee geleenthede gegun word om ’n studiejaar te herhaal. Verwys na die Algemene Regulasies.
(ii) ’n Student wat nie aan bogenoemde vereistes voldoen nie maar nogtans toelating tot die Skool verlang, mag die Dekaan/Voorsitter skriftelik versoek om sy of haar aansoek om hertoelating ooreenkomstig die voorgeskrewe prosedure te oorweeg.
(iii) ’n Student wat die eerste studiejaar druip, moet aansoek om hertoelating tot die program doen.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die eksamenmodules van die derde studiejaar behaal, en minstens 65% in al die eksamenmodules van die finale studiejaar.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App