Nuwe eerstejaars / New first year students

Beste voornemende studente

Hier vind julle meer inligting oor ons eerstejaarsaanbod.

 

 AFR 114 Afrikaans for speakers of other languages

At the moment we do not have a beginners course in Afrikaans, but we do have a module which is focused on students who did Afrikaans as a first additional or second additional  language.

Studenten uit Nederland zijn ook van harten welkom – Afrikaans verschilt echt niet zeer veel van het Nederlands.

We focus on speaking, reading, writing and listening. We also try to stimulate some creative output. You will be amazed at what you can do!

BA Languages students: do consider this module as one of your extra modules.

 

AFR 110 en AFR 120

Ons semestermodules bestaan uit 50% letterkunde en 50% taalkunde. Beide afdelings is  baie anders as waaraan julle gewoond is. Dit beteken dat julle kennis baie uitgebrei sal word en dat julle op ’n hoër akademiese vlak sal begin lees en skryf.  Soos met ander universtiteitsvakke, is hierdie module intellektueel uitdagend en stimulerend – aan die einde van julle eerste jaar sal julle anders dink oor die Afrikaanse taal- en letterkunde.

Beide semestermodules kan deur BA Tale-studente as ’n ekstra taalmodule geneem word.

Afrikaans het uit die kontak tussen mense uit Europa, Afrika en die Ooste ontstaan en daarom is die literatuur in dié taal ‘n “kontakletterkunde”. Kultuuruitdrukkings in Afrikaans (verhale, gedigte, dramas, films, TV-programme, essays, koerante, tydskrifte, ens.) druk iets van die unieke menslike ervaring aan die suidpunt van Afrika uit. Hierdie besondere posisie plaas Afrikaanse geskrifte dikwels tussen ’n koloniale posisie en weerstand daarteen; tussen  nasionalisme en die ondermyning daarvan; tussen nostalgie en die kreatiewe soektog na nuwe maniere van bestaan. Kom ondersoek hierdie opwindende tussenposisie en besondere ervaring van die lewe wat dit meebring saam met ons!

Ook die taalkunde wys iets van die meerfasettige aard van Afrikaans. Die klanke, woorde en sinne van Afrikaans word heeltemal nuut bestudeer en ons onderneem ook ’n reis deur die lang en onstettend interessante geskiedenis van Afrikaans se herkoms en ontwikkeling. In ons reis vertrek ons as’t ware saam met Van Riebeeck uit  Nederland en gaan aan wal aan by ’n onbekende kontinent.

Voor Van Riebeeck en 6 Apri 1652 is daar reeds sprekers, die oerbewoners, die Khoi, wat al begin het om Nederlands te praat – maar anders as Van Riebeeck en kie. En baie gou kom nog sprekers by. Hulle is veral slawe  uit Angola en Madagaskar en van ver, uit die Ooste. Ook Franse, Swede en Duitsers se dikwels krom en skewe Afrikaans dra by en weldra is daar ’n nuwe taal aan die Kaap de Goede Hoop. Nuuskierig oor dié reis? Skryf in vir Afrikaans en reis saam!

AFR 210 Leer Nederlands

Ons moedig almal ook aan om in te skryf vir hierdie module.  Julle sal meer hieroor hoor in die lesings van AFR 110 en AFR 120. Om julle solank te inspireer, kan julle kyk na die album van twee UP-studente wat hierdie jaar die Nederlandse Zomercursus bygewoon het. (Dit is gewoonlik in Gent, maar vanjaar was dit aanlyn.)

2020 Nederlandse Zomercursus

Natasha & Ankia

Natasha & Ankia se verslag

 

 

Het is een magere troost

dat alles moet verdwijnen

 

en ik je hoe dan ook op een keer

toch zou moeten missen, bijvoorbeeld

 

door de dood. Ik hou van je, al

kunnen we waarschijnlijk niet meer

worden wat wij vroeger waren of dachten

te zijn. Geen verhalen over afkeer

 

over waanzin of grote trouw: ik

verlang naar toen terwijl ik ouder word. Ik denk

nog veel aan jou.

 

- Tom Lanoye -

   

 

- Author Prof Nerina Bosman

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences