Bursaries

SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS


 

Stichting Neerlandia

Stichting Neerlandia is ‘n nie-winsgewende organisasie wat dit ten doel het om die verhoudinge tussen Suid-Afrika en die Lae Lande in stand te hou en te versterk.  Hierdie doelstelling sluit akademiese en kulturele verryking in. 

Oor jare heen is beurse toegeken aan verdienstelike persone (Suid-Afrikaners en andere) vir nagraadse studies, die bywoon van kongresse, die lewer van lesings, die bywoon van naskolingskursusse en talle ander verrykingsgeleenthede wat daarop gerig is om die akademiese en kulturele bande tussen die verskillende tale en kulture in Suid-Afrika en Nederland asook Vlaandere te versterk.  Daar is beperkte fondse beskikbaar en dit word volgens die grondwet van die Stichting Neerlandia toegeken en die besluit van die bestuur is in alle gevalle finaal.

Vergaderings vind twee keer per jaar plaas en volledige aansoeke (met ‘n voltooide aansoekvorm) moet die bestuur bereik voor die einde Februarie en einde September van elke jaar.  Kontakadres vir meer inligting en ʼn aansoekvorm:  [email protected]

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences