Posted on February 02, 2009
De Bruin het TUT (Tshwane-Universiteit van Tegnologie) nog verlede seisoen uit die agtsteman-posisie aangevoer en was ook die kaptein van die Blou Bulle se amateurspan wat die nasionale titel gebuit het.
Die flank Danie Crous, wat in 2008 vir die Bulle se o.21-span uitgedraf het, is self nie ’n nuweling in Varsitybeker-rugby nie. Hy was verlede seisoen een van De Bruin se TUT-spanmaats.
Buiten De Bruin en Crous, maak vier ander spelers in die beginspan hul buiging vir Tuks. In die agterlyn is dit die heelagter, Piet-Piet Swart, die regtervleuel, Elwyn Fransman, en die losskakel, JC Roos.
Voorlangs is dit net die vaskopstut, Branco Visagie, wat nog nie vir Tuks gespeel het nie.
Daar word groot dinge van Swart voorspel. Sy bedrieglikheid uit die laaste vesting kan baie te doen hê met die feit dat hy ’n gesoute sewes-speler is. Hy was onder andere in 2007 die Blou Bulle se kaptein toe hulle die sewes-titel gewen het.
Fransman was verlede seisoen een van Centurion se groot Carltonbeker-angels en word as ’n potrensiële drieëvraat gereken.
Roos het eers in 2008 gematrikuleer (aan die HS Waterkloof) en was die Bulle se losskakel by die o.18-Cravenweek in Pretoria.
Visagie het in 2008 vir die Bulle se o.19-span uitgedraf.
Op die plaasvervangersbank is daar drie spelers wat hul buiging vir Tukkies kan maak. Hulle is die haker Chris Crous, die losvoorspeler Ntokozo Mashele en die skrumskakel Christiaan van den Berg.
Crous is ’n uitvoerproduk van die Tuks-Rugbyakademie, Mashele het in 2008 vir die Bulle se o.19-span gespeel terwyl Van den Berg verlede seisoen vir die Leeus se Vodacombeker- en o.21-span diens gedoen het.
Spanlys:
15 PIET-PIET SWART
14 ELWYN FRANSMAN
13 JOHAN JACKSON
12 FRANCO BOOYSEN
11 LUVUYO MHLOBISO
10 JUAN-CLAUDE ROOS
9 IGNICK WINDVOGEL
8 DEVIN OOSTHUIZEN
7 GERT LUBBE
6 DANIE CROUS
5 DUNCAN NAUDE
4 JOHAN DE BRUIN (k)
3 BRANCO VISAGIE
2 KURT HAUPT
1 ETTIENNE BREYTENBACH
16 CHRIS CROUS
17 HEIN VILJOEN
18 ERICH VAN DER WESTHUIZEN
19 NTOKOZO MASHELE
20 CHRISTIAAN VAN DEN BERG
21 KRUGER VAN HEERDEN
22 AARON DENENGA
Get Social With Us
Download the UP Mobile App